Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Welkom by Wikipedia,
Sondag, 26 September 2021
Hier is tans 100 267 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
Breytenbach by die 2009 Brooklyn Book Festival

Breyten Breytenbach (gebore op 16 September 1939 in Bonnievale) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer en kunstenaar met Franse burgerskap. Breytenbach lewer 'n beduidende bydrae tot die Afrikaanse letterkunde met sy digkuns. Hy is ook bekend as die mees prominente gevangenis-skrywer van Suid-Afrika, nadat hy 9 jaar tronkstraf onder die apartheidsregering moes uitdien.

Breyten matrikuleer in 1957 as hoofseun aan die Hugenote Hoërskool op die dorp Wellington. In die jare 1958 en 1959 studeer hy aan die Universiteit van Kaapstad vir ’n B.A.-graad. In die Departement van Afrikaans en Nederlands staan hy onder die opleiding van Boerneef, J. du P. (Canis) Scholtz en D.J. Opperman. In dieselfde tyd studeer hy ook kuns aan die Michaelis Kunsskool van die Universiteit van Kaapstad onder leiding van Lippy Lipschitz. Per geleentheid raak hy betrokke by studente-aktivisme en hy is een van die studente wat betoog teen aparte universiteite vir verskillende rasse.

Hy publiseer onder sy eie naam, sowel as B.B. Lasarus, Jan Blom en Jan Afrika. Dit is ook regdeur sy oeuvre ’n gegewe dat sy identiteit verander en hy verwys deurlopend na homself in sy gedigte, asof hy ’n aparte figuur is. Eindelik word sy identiteit geskep in sy gedigte en dit is dus nie verbasend dat sy identiteit verander as dit deurgaans herskep moet word nie. Die ek of self is nie ’n vaste punt nie, maar eerder ’n masker (saamgestel uit herinnering en verbeelding), wat die naamwisseling verklaar en ook die terugkerende spieëlmotief as een van die sentrale maskers van die self.

Benewens die vele pryse wat sy individuele boeke verower, word Breytenbach se werk en persoon by herhaling bekroon en word hy op velerlei maniere vereer. In 1972 word hy verkies tot lid van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde. Tydens sy verhoor in 1975 ontvang Breyten ’n kunsprys ter waarde van R1 000 van die Stadsraad van Vitry in Frankryk. Hy verower die Prix de Septs in 1977 vir sy literêre werk, ’n prys wat deur sewe internasionale uitgewerye ingestel is en waarvan hy die eerste ontvanger is. Breyten ontvang hierdie pryse in erkenning vir die werk wat hy onder moeilike omstandighede gedoen het.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Dale Steyn in 2009

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

...dat seelikkewane die enigste likkewaan is wat gereeld onder seewater swem? Hulle duik tot 30 minute lank om seewier te vreet.

...dat Edmund Hillary oorspronklik 'n byeboer was? Dit was 'n somerwerk wat hom tyd gegee het om in die winter berg te klim.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

26 September:

Winnie Madikizela-Mandela
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Weergawes met meer as 500 000 artikels
CatalàفارسیSuomiBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиНохчийнČeštinaDanskEsperantoEuskaraעבריתMagyarՀայերենBahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиТатарча / tatarçaTürkçeBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaتۆرکجهБеларускаяবাংলাCymraegΕλληνικάEestiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųLatviešuBaso MinangkabauМакедонскиမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ТоҷикӣไทยاردوOʻzbekchaVolapük粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
БашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschMalagasyമലയാളംमराठीPlattdüütschनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipBasa SundaKiswahiliŚlůnskiతెలుగుTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering