2005
Jump to navigation
Jump to search
2005 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2000 | 2001 | 2002 | 2003 | 2004 | ◄ 2005 ► | 2006 | 2007 | 2008 | 2009 | 2010 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2005 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Pous Johannes Paulus II | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 2005 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 5de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 5 Januarie – Michael E. Brown, Chad Trujillo en David L. Rabinowitz ontdek die dwergplaneet Eris.
- 9 Maart – 'n Aardbewing van 5,3 op die Richterskaal tref Stilfontein se Hartebeestfonteingoudmyn.
- 21 Maart – Hifikepunye Pohamba word ingehuldig as tweede president van Namibië.
- 31 Maart – Michael E. Brown, Chad Trujillo en David L. Rabinowitz ontdek die dwergplaneet Makemake.
- 19 April – Pous Benedictus XVI volg Pous Johannes Paulus II op.
- 27 April – Eerste vlug van ’n Airbus A380 toegerus met Rolls-Royce Trent 900 enjins by die lughawe van Toulouse.
- 10 Junie – Dassault Falcon 7X-besigheidstraler se nooiensvlug.
- 8 Junie – Schabir Shaik skuldig bevind en vir 15 jaar vir korrupsie en bedrog gevonnis.
- 15 Junie – Sterrekundiges van die Lowell-observatorium ontdek die tweede en derde natuurlike satelliet, Hidra en Nix, van die dwergplaneet Pluto.
- 15-29 Junie – Die vyfde Sokker-Konfederasiebekertoernooi word in Duitsland gespeel.
- 10 September – Michael E. Brown, Chad Trujillo en David Lincoln Rabinowitz ontdek Disnomia, sover bekend die enigste natuurlike satelliet van die dwergplaneet Eris.
- 8 November – Ellen Johnson-Sirleaf word Liberië en ook Afrika se eerste vroulike president.
- 22 November – Angela Merkel lê die ampseed af as Duitse bondskanselier (eerste vroulike Duitse kanselier).
- 6 Desember – Jacob Zuma, destyds die adjunkpresident van Suid-Afrika, word van verkragting aangekla.
- 9 Desember – del.icio.us, 'n sosiale boekmerkwebwerf word deur Yahoo! vir tussen VS$ 15–30 miljoen aangeskaf.
Geboortes[wysig | wysig bron]
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 25 Januarie – Philip Johnson, Amerikaanse argitek (* 1906).
- 28 Januarie – Artūras Barysas, Litause kunstenaar (* 1954).
- 3 Februarie – Ernst Mayr, Duitse bioloog (* 1904).
- 15 Februarie – Pierre Bachelet, Franse sanger en liedjieskrywer.
- 20 Februarie – Dalene Matthee, Afrikaanse skryfster (* 1938)
- 20 Februarie – Raymond Mhlaba, anti-apartheidsaktivis en -politikus; (* 12 Februarie 1920)
- 21 Februarie – Myburgh Streicher, Suid-Afrikaanse politikus (* 1928)
- 26 Maart – James Callaghan, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk (* 1912)
- 2 April – Pous Johannes Paulus II, die 264ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1920).
- 22 April – Gregoire Boonzaier, Suid-Afrikaanse kunsskilder (* 1909).
- 26 April – Augusto Roa Bastos, Paraguayse skrywer (* 1917).
- 30 April – Lourens Muller, 'n Suid-Afrikaanse politikus (* 1917).
- 6 Junie – Anne Bancroft, Amerikaanse aktrise (* 1931)
- 12 Junie – Die laaste Reënkoningin, Makobo Constance Modjadji VI.
- 14 Junie – Carlo Maria Giulini, Italiaanse dirigent (* 1914).
- 1 Julie – Hanlie van Niekerk, 'n wêreldbekende sopraan.
- 20 Julie – James Doohan, Kanadese akteur – Montgomery Scott of "Scotty" in die TV-reeks Star Trek (* 1920).
- 3 Augustus – G.J. Krüger, Afrikaanse digter en apteker (* 1938).
- 13 Augustus – David Lange, 32ste Eerste Minister van Nieu-Seeland (* 1942)
- 29 Augustus – Jurgens Lambrechts, bekende deelnemer aan Afrikaanse radio-vasvraprogramme (* 1932)
- 25 September – Don Adams, Amerikaanse akteur en komediant (* 1923)
- 16 Oktober – Tryna du Toit, Afrikaanse skrywer (* 1910)
- 24 November – Pat Morita, Amerikaanse akteur (* 1932)
- 25 November – George Best, Noord-Ierse sokkerspeler (* 1946)
- 26 Desember – Kerry Packer, Australiese TV- en mediamagnaat.