Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Welkom by Wikipedia,
Vrydag, 22 Mei 2020
Hier is tans 90 920 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
Nasa-Satellietbeeld van die Verenigde Koninkryk.

Die Verenigde Koninkryk (Engels: United Kingdom; kort UK, VK) of Brittanje, amptelik die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland (United Kingdom of Great Britain and Northern Ireland), is die grootste eilandnasie in Europa en bestaan uit die vier lande (in Engels nations genoem) Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland. Dit is noordwes van die Europese vasteland op die hoofeiland Groot-Brittanje geleë en beslaan daarnaas ook sowat 'n sesde van sy westelike buureiland Ierland (Noord-Ierland). Die staatsgebied word omring deur die Noordsee in die ooste, die Engelse Kanaal in die suide en die Atlantiese Oseaan in die weste en die noorde. As gevolg van sy koloniale verlede is daar nog steeds talle kleiner oorsese besittings.

Die historiese oorspronge van die Verenigde Koninkryk strek terug tot in die tydperk van die Angel-Saksiese koning Athelstan wat in die vroeë 10de eeu n.C. oorheersende invloed oor aangrensende Keltiese koninkryke begin uitoefen het. In die volgende eeue het ook verder af geleë koninkryke deur militêre verowering onder Engelse gesag gekom.

Wallis, 'n losse verbond van Keltiese koninkryke in die suidweste van Groot-Brittanje, is deur die sogenaamde Uniewette (Acts of Union) van 1535 en 1542 formeel met Engeland verenig. Skotland, wat al sedert 1603 deur 'n Engelse monarg geregeer word, is in 1707 formeel met Engeland en Wallis verenig om die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje te vorm (Acts of Union 1707). Sedertdien is na die verskillende volke binne die Verenigde Koninkryk as Britte verwys.

Ierland het vanaf die 17de eeu geleidelik onder Engelse gesag gekom en is in 1800 volgens die Uniewet (Act of Union) formeel met Groot-Brittanje verenig. Die grootste deel van Ierland, 'n merendeels Rooms-Katolieke land, het in 1922 sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk verwerf, maar ses van die historiese provinsie Ulster se nege graafskappe met 'n oorwegend Protestantse bevolking het as Noord-Ierland deel van die Verenigde Koninkryk gebly.

Betrekkinge tussen die vier landsdele van die Verenigde Koninkryk is verskeie kere deur politieke, ekonomiese en kulturele spanning vertroebel. So het die regerende party in Skotland, die Skotse Nasionale Party, laat in 2014 'n vergeefse poging aangewend om Skotse onafhanklikheid deur middel van 'n referendum te bewerkstellig. Die Britse regering het politieke ontevredenheid met die tendensieel sentralistiese regeringstelsel in die laat 20ste eeu deur die skepping van streeksparlemente met sekere bevoeghede in Noord-Ierland, Skotland en Wallis probeer teenwerk.

Britse entrepreneurs, tegnici en wetenskaplikes het beslissende bydraes tot die wêreldekonomie en tegnologiese vooruitgang gemaak. So was die Verenigde Koninkryk die eerste land ter wêreld wat die nywerheidsomwenteling ondergaan het. In die tyd ná die Tweede Wêreldoorlog het die land sy internasionale invloed veral op kulturele gebied laat geld, waaronder literatuur, toneelkuns, film, televisie en popmusiek. Die lang lys van suksesvolle uitvoere sluit die Engelse taal in wat vandag orals op aarde as die leidende medium en lingua franca van ekonomie, wetenskap, kuns en kultuur gebesig word.

Van die Verenigde Koninkryk se huidige totale bevolking van 65,1 miljoen is die oorgrote meerderheid (sowat 54,8 miljoen of 84,2 persent) in Engeland saamgetrek. Die bevolking van Wallis word op 3,1 miljoen beraam (vyf persent van die VK se totale bevolking), dié van Skotland op 5,4 miljoen (agt persent) en dié van Noord-Ierland op 1,85 miljoen (drie persent). Die gemiddelde bevolkingsdigtheid vir die hele Koninkryk is 265 inwoners per km².

Die Verenigde Koninkryk is 'n stigterslid van die Britse Statebond, die NAVO en die Verenigde Nasies. Tussen 1 Januarie 1973 en 31 Januarie 2020 was dit daarnaas 'n lidland van die Europese Unie. Ontevredenheid met die EU se beleid van politieke integrasie en massa-immigrasie uit Oos-Europese EU-lidlande, wat buitengewone druk op gesondheidsdienste en die behuisings- en arbeidsmark geplaas het, was van die hoofredes vir 'n meerderheid Britse kiesers om in 'n referendum op 23 Junie 2016 teen die land se voortgesette EU-lidmaatskap te stem.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Denis Goldberg in 2013

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

... dat die Indiese politikus Mahatma Gandhi vir 'n lang tydperk as 'n advokaat in Durban gewerk het? Hy was tussen 1893 en 1915 in Suid-Afrika woonagtig. Hier het hy die Natalse Indiese Kongres gestig, wat later met die ANC sou saamsmelt.

... dat Montreal in Kanada die tweede grootste Franstalige stad in die wêreld is? Dit is met die 3,9 miljoen inwoners in die metropolitaanse gebied die grootste stad van die Franstalige provinsie Quebec en die tweede grootste in Kanada.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

22 Mei

Wapen van Sri Lanka

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
Verskillende seeanemone, geskilder deur Giacomo Merculiano (1859–1935)
Tuisblad
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
CebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 500 000 artikels
العربيةCatalàفارسیNorsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиČeštinaEsperantoEuskaraSuomiMagyarՀայերենBahasa Indonesia한국어Bahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиTürkçe
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяНохчийнCymraegDanskΕλληνικάEestiGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųBaso MinangkabauМакедонскиNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ไทยاردوOʻzbekchaVolapükBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 50 000 artikels
AfrikaansAsturianuتۆرکجهБеларуская (тарашкевіца)বাংলাBrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaКыргызчаLëtzebuergeschLatviešuMalagasyമലയാളംमराठीनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipతెలుగుТоҷикӣTagalogТатарча / tatarça粵語

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering