Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Welkom by Wikipedia,
Saterdag, 9 Mei 2020
Hier is tans 90 693 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
Kenteken van die Skotse nasionale rugbyspan.

Die Skotse nasionale rugbyspan verteenwoordig Skotland in internasionale rugby. Rugby word in Skotland deur die Skotse Rugbyunie geadministreer. Die Skotse rugbyspan is tans (3 Mei 2020) agste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys. Die span neem deel aan die vierjaarlikse Rugbywêreldbeker en die jaarlikse Sesnasies-toernooi, saam met Engeland, Frankryk, Ierland, Italië en Wallis. Skotland is ook een van die lande wat deel uitmaak van die Britse en Ierse Leeus – spelers wat vir Skotland mag speel kan dus ook vir die Leeus gekies word.

Skotse rugby dateer terug na 1871 toe Skotland Engeland in die eerste internasionale rugbywedstryd op Raeburn Place verslaan het. Sedert die voorganger van die Vyf- en Sesnasiestoernooi, die Tuisnasies, in 1883 begin is, is die span 15 keer as kampioen gekroon – insluitend in die laaste Vyfnasies in 1999 – en het nog nege ander kere die titel gedeel. Sedert Italië in 2000 by die kompetisie aangesluit het om die Sesnasies te vorm, kon Skotland nog nie ’n titel verower nie. Sedert die Rugbywêreldbeker in 1987 ingevoer is, het Skotland aan al nege toernooie deelgeneem. Skotland se beste uitslag is in 1991 behaal toe die span die uitspeelwedstryd om die derde plek teen die All Blacks verloor het.

Daar is nog altyd strawwe wedywering tussen Skotland en hul Britse buurnasie Engeland. Die spanne ding jaarliks as deel van die Sesnasies om die Calcuttabeker mee, waarvan Engeland die huidige wenner is. In 2006 se roemryke oorwinning het Skotland Engeland met 18–12 verslaan. Engeland het egter die titel aan die begin van 2007 herower. Sedert 1990 kon Skotland hul ou vyand vyf keer klop, wel in 2018 en 2019.

Skotse spelers dra tradisioneel donkerblou truie, wit broeke en donkerblou kouse. Die span se tuisstadion is Murrayfield in Edinburg waar hulle vir die eerste keer in 1925 gespeel het. Veral tydens tuiswedstryde skep die Skotse aanhangers, ondersteun deur tradisionele doedelsakke, ’n unieke atmosfeer wanner hulle "Flower of Scotland" sing. Elf voormalige Skotse rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Denis Goldberg in 2013

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

... dat die skrywer J.R.R. Tolkien op 3 Januarie 1892 in Bloemfontein gebore is? Sy pa is kort voor sy geboorte na Suid-Afrika verplaas, waar hy aan die hoof van 'n Britse bank gestaan het. Die toekomstige skrywer is egter op driejarige ouderdom terug na Engeland geneem.

... dat Helsinki, die hoofstad van Finland, tot teen die einde van die 19de eeu 'n oorwegend Sweedstalige stad was? Vandag is Helsinki 'n tweetalige stad en praat 6,2% van sy inwoners Sweeds en 88% Fins.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

9 Mei:

Brenda Fassie

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
                  Wapenskild van Oostenryk
Tuisblad
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
CebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 500 000 artikels
العربيةCatalàفارسیNorsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиČeštinaEsperantoEuskaraSuomiMagyarՀայերենBahasa Indonesia한국어Bahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиTürkçe
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяНохчийнCymraegDanskΕλληνικάEestiGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųBaso MinangkabauМакедонскиNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ไทยاردوOʻzbekchaVolapükBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 50 000 artikels
AfrikaansAsturianuتۆرکجهБеларуская (тарашкевіца)বাংলাBrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaКыргызчаLëtzebuergeschLatviešuMalagasyമലയാളംमराठीनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipతెలుగుТоҷикӣTagalogТатарча / tatarça粵語

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering