Euro
Rang | Geldeenheid | Simbool ISO 4217 |
% daaglikse aandeel (Des. 2015) |
---|---|---|---|
1 | Amerikaanse dollar | USD ($) | 87,0% |
2 | Euro | EUR (€) | 33,4% |
3 | Japannese jen | JPY (¥) | 23,0% |
4 | Pond sterling | GBP (£) | 11,8% |
5 | Switserse frank | CHF (CHF) | 8,6% |
6 | Kanadese dollar | CAD ($) | 5,2% |
7 | Australiese dollar | AUD ($) | 4,6% |
8 | Meksikaanse peso | MXN ($) | 2,5% |
9 | Chinese juan | CNY (¥) | 2,2% |
10 | Nieu-Seelandse dollar | NZD ($) | 2,0% |
11 | Sweedse kroon | SEK (kr) | 1,8% |
12 | Russiese roebel | RUB (₽) | 1,6% |
13 | Hongkong-dollar | HKD ($) | 1,4% |
14 | Noorse kroon | NOK (kr) | 1,4% |
15 | Singapoer-dollar | SGD ($) | 1,4% |
16 | Turkse lira | TRY (₺) | 1,3% |
17 | Suid-Koreaanse won | KRW (₩) | 1,2% |
18 | Suid-Afrikaanse rand | ZAR (R) | 1,1% |
19 | Brasiliaanse real | BRL ($) | 1,1% |
20 | Indiese roepee | INR (₹) | 1,0% |
Ander | 6,3% | ||
Totaal[n 1] | 200% |
Die euro (Cyrilliese alfabet: Евро, Griekse alfabet: Ευρώ, Lets: Eiro, Litaus: Euras, Maltees: Ewro, Sloweens: Evro; simbool: €, ISO-geldeenheidkode: EUR) is die geldeenheid van die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie (EMU) – die sogenaamde Eurosone – en ná die Amerikaanse dollar die tweede belangrikste geldeenheid wêreldwyd.[3]
Die euro word deur die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main beheer en is die wettige betaalmiddel in 19 van die 28 lande van die Europese Unie (EU). Die euro is daarbenewens die wettige geldeenheid van ses lande (Andorra, Kosowo, Monaco, Montenegro, San Marino en die Vatikaanstad) wat nie lidlande van die Europese Unie is nie. [4] Andorra, Monaco, San Marino en die Vatikaanstad slaan hul eie euromunte wat (teoreties) dwarsdeur die euro-area langs die munte van ander lande sirkuleer.[5] 'n Verdere vyf lande en twee monetêre gebiede het hulle munteenheid met 'n vaste wisselkoers aan die euro gekoppel. In Zimbabwe is die euro een van verskeie buitelandse geldeenhede wat onder meer vir internasionale transaksies in gebruik is.[6]
Alle bestaande lidlande van die Europese Unie (EU), wat aan sekere monetêre voorwaardes voldoen, mag by die eurostelsel aansluit. Nuwe lidlande van die EU is verplig om die euro in te voer, sodra hulle aan die voorwaardes voldoen. In Slowenië het die euro op 1 Januarie 2007 die Sloweense tolar vervang,[7] op 1 Januarie 2008 is die euro ingevoer in Malta[8] en Siprus,[9] op 1 Januarie 2009 in Slowakye,[10] op 1 Januarie 2011 in Estland,[11] op 1 Januarie 2014 in Letland[12] en op 1 Januarie 2015 in Litaue.[13] In Julie 2018 het Bulgarye aangevra om lid van die ERM-2 te word omdat hulle ook die euro wil invoer.[14]
Die euro is in die jaar 1999 as bankgeld en op 1 Januarie 2002 as "stoflike" betaalmiddel ingevoer. 'n Euro word verdeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c). Daar is net een stel banknote ter waarde van 5, 10, 20, 50, 100, 200 en 500 euro beskikbaar, terwyl die muntstukke (1c, 2c, 5c, 10c, 20c, 50c, 1 € en 2 €) naas 'n identiese voorkant 'n nasionale agterkant het.[15] Vanaf 2013 is 'n tweede reeks banknote ingevoer, die sogenaamde "Europa"-reeks, maar gelyktydig is die geleidelike uitfasering van die 500 €-banknoot aangekondig.[16]
Wisselkoerse[wysig | wysig bron]
Die amptelike wisselkoers van die euro ten opsigte van die ou nasionale munteenhede is soos volg vasgestel:
Geldeenheid | Kode (ISO 4217) |
Wisselkoers[17] | Gevestig op | Opgelewer |
---|---|---|---|---|
Belgiese frank | BEF | 40,3399 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Duitse mark | DEM | 1,95583 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Estniese kroon | EEK | 15,6466 | 13 Julie 2010 | 1 Januarie 2011 |
Finse markka | FIM | 5,94573 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Franse frank | FRF | 6,55957 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Griekse dragme | GRD | 340,75 | 19 Junie 2000 | 1 Januarie 2001 |
Ierse pond | IEP | 0,787564 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Italiaanse lira | ITL | 1,936,27 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Letse lats | LVL | 0,702804 | 9 Julie 2013 | 1 Januarie 2014 |
Litause litas | LTL | 3,4528 | 23 Julie 2014 | 1 Januarie 2015 |
Luxemburgse frank | LUF | 40,3399 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Maltese lira | MTL | 0,4293 | 10 Julie 2007 | 1 Januarie 2008 |
Monegaskiese frank | MCF | 6,55957 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Nederlandse gulden | NLG | 2,20371 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Oostenrykse schilling | ATS | 13,7603 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Portugese escudo | PTE | 200,482 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
San Marinese lira | SML | 1,936,27 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Sipriese pond | CYP | 0,585274 | 10 Julie 2007 | 1 Januarie 2008 |
Slowaakse koruna | SKK | 30,126 | 8 Julie 2008 | 1 Januarie 2009 |
Sloweense tolar | SIT | 239,64 | 11 Julie 2006 | 1 Januarie 2007 |
Spaanse peseta | ESP | 166,386 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Vatikaanse lira | VAL | 1,936,27 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Banknote[wysig | wysig bron]
Beeld | Waarde | Afmetings (millimeter) |
Hoofkleur | Ontwerp | Drukkerkodeposisie | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Voorkant | Agterkant | Argitektuur | Eeu | ||||||
€5 | 120 × 62 | Grys | Klassiek | < 5de | Linker beeldrand[18] | ||||
€10 | 127 × 67 | Rooi | Romaans | 11–12de | 8:00-uur ster[19] | ||||
€20 | 133 × 72 | Blou | Goties | 12–14de | 9:00-uur ster[20] | ||||
€50 | 140 × 77 | Oranje | Renaissance | 15–16de | Regter beeldrand[21] | ||||
€100 | 147 × 82 | Groen | Barok & Rokoko | 17–18de | Regs van 9:00-uur ster[22] | ||||
€200 | 153 × 82 | Geelbruin | Tydperk van yster en glas | 19–20ste | Bo 7:00-uur ster[23] | ||||
€500 | 160 × 82 | Pers | Moderne 20ste eeu | 20–21ste | 9:00-uur ster[24] | ||||
Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter. |
Beeld | Waarde | Jaar | Afmetings (millimeter) |
Hoofkleur | Ontwerp | Drukkerkodeposisie | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Voorkant | Agterkant | Argitektuur | Eeu | |||||||
€5 | 2013 | 120 × 62 | Grys[26] | Klassiek[26] | < 5de[26] | Regs bo | ||||
€10 | 2014 | 127 × 67 | Rooi[26] | Romaans[26] | 11–12de[26] | Regs bo | ||||
€20 | 2015 | 133 × 72 | Blou[26] | Goties[26] | 12–14de[26] | Regs bo | ||||
€50 | 2017 | 140 × 77 | Oranje[26] | Renaissance[26] | 15–16de[26] | Regs bo | ||||
€100 | 2019 | 147 × 82 | Groen[26] | Barok & Rokoko[26] | 17–18de[26] | Regs bo | ||||
€200 | 2019 | 153 × 82 | Geelbruin[26] | Tydperk van yster en glas[26] | 19–20ste[26] | Regs bo | ||||
Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter. |
Spesiale muntstukke[wysig | wysig bron]
Enige land van die Eurosone mag spesiale muntstukke vrystel, wat in alle lande van die Eurosone geldig is.
Onsekere toekoms[wysig | wysig bron]
Somige ekonome en politici soos die vroeëre Duitse Minister van Buitelandse Sake, Joschka Fischer (Groen Party), wys daarop dat die euro as geldeenheid eerder om politieke as om ekonomiese redes ingevoer is – met die hoofdoelwit van ekonomiese en politieke integrasie van die deelnemende EU-lidstate.[27] Enkele jare lank was die euro 'n stabiele geldeenheid vir ekonomieë met uiteenlopende strukture, sosiale en arbeidswetgewing en belastingtariewe. Dat nasionale reserwebanke die moontlikheid ontneem is om hul geldeenheid te re- of devalueer of staatsskuld deur 'n hoër inflasiekoers fakties te verminder, was aanvanklik geen probleem vir lidlande nie. Eers later het duidelik geword watter gevare 'n gemeenskaplike geldeenheid kan inhou sodra nie alle lidlande dieselfde ekonomiese en finansiële beleid volg nie.[28]
Die finansiële krisis in Griekeland, wat sy toetreding tot die Eurosone slegs met gemanipuleerde statistieke kon bewerkstellig aangesien dit nie werklik aan die vereiste kriteria voldoen het nie, het die Eurosone in 2009 in 'n eerste ernstige krisis gedompel. Sonder sy lidmaatskap in die Eurosone sou die (eksterne) devaluasie van sy geldeenheid 'n moontlike ekonomiese oplossing vir Griekeland se probleme gewees het. Met sy lidmaatskap was 'n drastiese interne devaluasie – die grootskaalse verlaging van lone, salarisse en pensioene met 'n gepaardgaande besuinigingsprogram – die enigste oplossing en die voorwaarde vir finansiële steun deur ander lidstate deur middel van lenings.
In die geval van Duitsland sou 'n revaluasie van die geldeenheid sonder sy eurolidmaatskap plaasgevind het. Somige kritici wys daarop dat die land se reuse-handelsoorskot sedert 2000 'n regstreekse gevolg van die Eurostelsel was en dat dit die wêreldekonomie se ewewig moontlik bedreig.[29]
Somige ekonome beweer dat die Eurosone slegs deur massiewe intervensies van die Europese Sentrale Bank teen verval bewaar word.[30] Die oorwinning van populistiese partye in die algemene Italiaanse verkiesing van 2018 hou 'n groter bedreiging vir die Eurosone se stabiliteit in mits die nuwe koalisieregering uitgebreide staatsbesteding met nuwe krediete probeer finansieer. Die nuwe Italiaanse minister van Finansies, Tria, het egter verseker dat die land sy staatsskuld nie wil vergroot nie.[31] en oor 'n moontlike uitrekking van die Eurosone gesê:[32]
La posizione dell'esecutivo è netta e unanime. Non ė in discussione alcun proposito dall'eur … Pagheremo le imprese nei tempi previsti e in denaro. |
Die posisie van die uitvoerende gesag is duidelik en eenparig. Daar is heeltemal geen sprake van die euro nie.... Ons sal besighede op tyd en kontant betaal. |
Sien ook[wysig | wysig bron]
- Schengen-ooreenkoms, nog 'n Europese instelling ten doeleinde van 'n Europese identiteit
- Vlag van Europa, nog 'n simbool van die Europese Unie
- IBAN, Internasionale bankrekeningnommer wat ontwikkel is om internasionale bankdienste binne die Europese Unie te fasiliteer.
Notas[wysig | wysig bron]
- ↑ Die somtotaal is 200% want elke verhandeling behels 'n geldeenheidpaar.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ (en) "World's Most Traded Currencies By Value 2012". investopedia.com. Besoek op 10 Junie 2013.
- ↑ (en) "Report on global foreign exchange market activity in 2013" (PDF). Triennial Central Bank Survey. Basel, Switserland: Bank for International Settlements. April 2013. p. 12. Besoek op 22 Oktober 2013.
- ↑ (en) mpra.ub.uni-muenchen.de: Compositional Analysis Of Foreign Currency Reserves In The 1999–2007 Period. The Euro vs. The Dollar As Leading Reserve Currency
- ↑ (en) ecb.int: Official Dollarisation/ Euroisation: Motives, Features and Policy Implications of current cases
- ↑ (en) "Common sides". Europese Sentrale Bank. Besoek op 13 Desember 2018.
- ↑ (en) Monetary Policy Statement Issued in Terms of the Reserve Bank of Zimbabwe Act, Chapter 22:15, Section 46. January 2014, bl. 55
- ↑ (de) ecb.int: Slowenien (seit 1. Januar 2007)
- ↑ (de) ecb.int: Malta (seit 1. Januar 2008)
- ↑ (de) ecb.int: Zypern (seit 1. Januar 2008)
- ↑ (de) ecb.int: Slowakei (seit 1. Januar 2009)
- ↑ (de) ecb.int: Estland (seit 1. Januar 2011)
- ↑ (de) ecb.int: Lettland (seit 1. Januar 2014)
- ↑ (de) ecb.int: Litauen (seit 1. Januar 2015)
- ↑ Reuters 22 Aug 2018
- ↑ (de) ecb.int: Erste Bargeldumstellung (2002)
- ↑ (en) "ECB ends production and issuance of €500 banknote". Europese Sentrale Bank. 4 Mei 2016. Besoek op 3 Oktober 2018.
- ↑ (en) "Fixed Euro conversion rates". European Central Bank. Besoek op 6 Augustus 2011.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €5 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 7 Januarie 2012.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €10 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 7 Januarie 2012.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €20 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 9 Januarie 2012.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €50 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 9 Januarie 2012.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €100 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 9 Januarie 2012.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €200 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 9 Januarie 2012.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €500 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 9 Januarie 2012.
- ↑ (en) "ECB: Europa series". Europese Sentrale Bank. 2013. Besoek op 11 Junie 2013.
- ↑ 26,00 26,01 26,02 26,03 26,04 26,05 26,06 26,07 26,08 26,09 26,10 26,11 26,12 26,13 26,14 26,15 26,16 26,17 (en) "Europa series design – ECB – Our Money". www.new-euro-banknotes.eu. 2013. Besoek op 6 Augustus 2013.
- ↑ (de) Zeit Online, 10 November 2011: Joschka Fischer: «Vergesst diese EU». Besoek op 12 Junie 2018
- ↑ (de) Bundeszentrale für politische Bildung (bpb): Die Eurokrise – worum geht es eigentlich? Besoek op 12 Junie 2018
- ↑ (de) Bertelsman-Stiftung: GED Focus Paper: Deutschlands Exportüberschüsse – Fluch oder Segen? Besoek op 12 Junie 2018
- ↑ (de) Bundeszentrale für politische Bildung: Ohne klare Richtung keine neuen Mitglieder. Besoek op 10 Junie 2018
- ↑ (en) Euractiv 11 Junie 2018
- ↑ (it) Corriere della sera 9 Junie 2018
Verdere leesstof[wysig | wysig bron]
- (en) (Mei 2007) “The Euro and European Financial Market Dependence”. Journal of Banking and Finance 51 (5): 1461–1481.
- (en) (Oktober 2006) “The Impact of the Introduction of the Euro on Foreign Exchange Rate Risk Exposures”. Journal of Empirical Finance 13 (4–5): 519–549. doi:10.1016/j.jempfin.2006.01.002.
- (en) Baldwin, Richard; Wyplosz, Charles (2004). The Economics of European Integration. New York: McGraw Hill. ISBN 0-07-710394-7.
- (en) Buti, Marco; Deroose, Servaas; Gaspar, Vitor; Nogueira Martins, João (2010). The Euro. Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 978-92-79-09842-0.
- (en) Simonazzi, A.; Vianello, F. (2001). "Financial Liberalization, the European Single Currency and the Problem of Unemployment". In Franzini, R.; Pizzuti, R.F. (reds.). Globalization, Institutions and Social Cohesion. Springer. ISBN 3-540-67741-0.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Euro. |
- (en) Amptelike webwerf van die Eurosone
- (en) Europese Sentrale Bank
- (en) Die euro – Europa
- (en) Europese Sentrale Bank – eurowisselkoerse