2019
Jump to navigation
Jump to search
2019 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2014 | 2015 | 2016 | 2017 | 2018 | ◄ 2019 ► | 2020 | 2021 | 2022 | 2023 | 2024 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2019 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Brand in die Notre-Dame van Parys | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 2019 is 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dis is die 19de jaar van die 21ste eeu n.C. wees. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Roemenië neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Oostenryk oor.
- 12 Februarie – Masedonië verander sy naam na Noord-Masedonië, wat 'n dekade-oue geskil met Griekeland beëindig en die weg baan vir sy integrasie in NAVO en die Europese Unie.
- 15 Maart – 51 mense sterf in 'n skietaanval op twee moskees tydens die Vrydaggebed in Christchurch, Nieu-Seeland.
- 20 Maart – Verkiesings vir die Nederlandse Provinsiale State.
- 23 Maart – Die hoofstad van Kasakstan, Astana, word na Noer-Soeltan herdoop.
- 9 April – Verkiesings vir die 21ste Knesset in Israel.
- 15 April – Brand in die Notre-Dame van Parys.
- 21 April – 259 mense sterf in 'n terreuraanval op kerke en hotelle tydens Paasfees in Colombo, Sri Lanka.
- 30 April – Akihito (Heisei-tydperk, 平成時代) abdikeer as Japannese Tennō.
- 1 Mei – Naruhito (Reiwa-tydperk, 令和時代) word as nuwe Tennō van Japan ingehuldig.
- 8 Mei – Suid-Afrika se sesde volledig-demokratiese algemene verkiesing vind plaas.
- 23–26 Mei – Verkiesings vir die Europese Parlement.
- 27 Mei – Verkiesings vir die Nederlandse Eerste Kamer deur die Provinsiale State.
- 30 Mei – Hemelvaartsdag.
- 30 Mei–14 Julie – Die 12de Krieketwêreldbeker word in Engeland en Wallis aangebied en deur Engeland gewen.
- 1 Julie – Finland neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Roemenië oor.
- 13 September – In die Waalse Gewes kom 'n links-regse kabinet onder leiding van Elio Di Rupo aan bewind.
- 14 September – Hommeltuie en kruisermissiele word gebruik in 'n aanval op die Aramco-olieproduksiefasiliteite by Abqaiq en Khurais in die ooste van Saoedi-Arabië.
- 17 September – Verkiesings vir die 22ste Knesset in Israel.
- 20 September–2 November – Die 9de Rugbywêreldbeker word in Japan aangebied en deur Suid-Afrika gewen.
- 27 September–6 Oktober – Die Wêreldbeker Atletiek word in die Katar se hoofstad Doha gehou.
- 29 September – Rosj haSjana, Joodse nuwe jaar (5780).
- 2 Oktober – In Vlaandere kom 'n sentrumregse kabinet onder leiding van Jan Jambon aan bewind.
- 8 Oktober – Jom Kippoer, Groot Versoendag.
- 27 Oktober – Sophie Wilmès volg Charles Michel as Belgiese eerste minister op.
- November – Oorgang van Mercurius.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 6 Mei – Archie Mountbatten-Windsor, seun van prins Harry en Meghan.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 6 Januarie – Johan Claassen, Suid-Afrika se ses-en-twintigste Springbokkaptein (* 1929).
- 7 Januarie – John Joubert, Suid-Afrikaanse komponis en akademikus (* 1927).
- 14 Januarie – Paweł Adamowicz, Poolse politikus (* 1965).
- 14 Januarie – Wilf Rosenburg, Springbokrugbyspeler (* 1934).
- 22 Januarie – Koos Andriessen, Nederlandse ekonoom, bestuurder en politikus (* 1928).
- 3 Februarie – Julie Adams, Amerikaanse aktrise (* 1926).
- 19 Februarie – Karl Lagerfeld, Duitse modeontwerper (* 1933).
- 22 Februarie – Tjaart van der Walt, rektor van die Universiteit van Potchefstroom (* 1934).
- 23 Februarie – Dorothy Masuka, Zimbabwiese jazz-sangeres (* 1935).
- 28 Februarie – André Previn, Duitse dirigent (* 1929).
- 4 Maart – Luke Perry, Amerikaanse akteur (* 1966).
- 14 Maart – Godfried Danneels, Belgiese kardinaal van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1933).
- 14 Maart – Charlie Whiting, Britse F1- en motorsportadministrateur (* 1952).
- 22 Maart – Frans Andriessen, Nederlandse politikus (* 1929).
- 23 Maart – Rafi Eitan, Israelse geheime agent en politikus (* 1926).
- 5 April – Sydney Brenner, Suid-Afrikaanse molekulêre bioloog (* 1927).
- 12 April – Carol Thomas, Suid-Afrikaanse ginekoloog (* 1961).
- 15 April – Owen K. Garriott, Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder (* 1930).
- 18 April – Wim Velema, Nederlandse predikant en teoloog (* 1929).
- 21 April – Ken Kercheval, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1935).
- 25 April – Tommy Malone, wenner van die Comrades-maraton.
- 29 April – Justus Tshungu, Suid-Afrikaanse omroeper (* 1925).
- 6 Mei – Cliff Saunders, Suid-Afrikaanse joernalis (* 1939).
- 10 Mei – Frederick Brownell, Suid-Afrikaanse heraldikus, vlagkundige en genealoog; ontwerper van beide die vlae van Namibië en Suid-Afrika (* 1940).
- 13 Mei – Doris Day, Amerikaanse aktrise (* 1922).
- 14 Mei – Tim Conway, Amerikaanse akteur en skrywer (* 1933).
- 20 Mei – Niki Lauda, Oostenrykse Formule Eenrenjaer en driemalige wêreldkampioen (* 1949).
- 26 Mei – Prem Tinsulanonda, Thaise politikus en Staats Eerste Minister van Thailand (* 1920).
- 2 Junie – Piet Botha, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer (* 1955).
- 10 Junie – Christine Basson, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1941).
- 15 Junie – Franco Zeffirelli, Italiaanse regisseur (* 1923).
- 22 Junie – Judith Krantz, Amerikaanse romanskryfster (* 1928).
- 30 Junie – David Koloane, Suid-Afrikaanse kunstenaar (* 1938).
- 1 Julie – Jackie Mekler, vyfmalige wenner van die Comrades-maraton (* 1932).
- 9 Julie – Ross Perot, Amerikaanse sakeman, politikus en miljardêr (* 1930).
- 10 Julie – James Small, Springbokrugbyspeler (* 1969).
- 15 Julie – Marc Batchelor, Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspeler (* 1969).
- 16 Julie – Johnny Clegg, Suid-Afrikaanse sanger (* 1953).
- 22 Julie – Li Peng, Chinese politikus, bekend as die 'Slagter van Beijing' vir sy rol in die Tiananmen-plein-bloedbad (* 1928).
- 23 Julie – Danny Keogh, Suid-Afrikaanse akteur, skrywer, en assistentregisseur (* 1948).
- 2 Augustus – Leonard Reitstein, Suid-Afrikaanse skaakkaptein en skaakskrywer (* 1928).
- 5 Augustus – Toni Morrison, Amerikaanse romanskryfster (* 1931).
- 7 Augustus – Kary Mullis, Amerikaanse biochemikus (* 1944).
- 14 Augustus – Carrol Boyes, Suid-Afrikaanse kunstenaar, ontwerper en sakevrou (* 1954).
- 1 September – Attie du Plessis, sakeleier van Suid-Afrika en voormalige uitvoerende direkteur van Sanlam (* 1944).
- 4 September – Karl-Heinz Zimmer, Duitse politikus (* 1937).
- 5 September – Ampie Muller, akademikus en omroeper (* 1930).
- 6 September – Robert Mugabe, Zimbabwiese politikus en staatsman, president van Zimbabwe (* 1924).
- 6 September – Chester Williams, Springbokrugbyspeler (* 1970).
- 18 September – Graeme Gibson, Kanadese skrywer (* 1934).
- 26 September – Jacques Chirac, Franse staatsman, President van Frankryk (* 1932).
- 30 September – Kornel Morawiecki, Poolse politikus en teoretiese fisikus (* 1941).
- 30 September – Jessye Mae Norman Amerikaanse sopraan (* 1945)
- 4 Oktober – Diahann Carroll, Amerikaanse aktrise (* 1935).
- 9 Oktober – Samuel Hynes, Amerikaanse vlieënier en letterkundige (* (1924).
- 10 Oktober – Engemi Ferreira, Afrikaanse skrywer en dramaturg (* 1943).
- 11 Oktober – Aleksei Leonof, Sowjetse ruimtevaarder, eerste mens wat 'n ruimtewandeling onderneem het (* 1934).
- 22 Oktober – Marieke Vervoort, 'n Belgiese paralimpiese atleet na genadedood (* 1979).
- 24 Oktober – Anthony Bishop, Suid-Afrikaanse akteur (* 1971).
- 28 Oktober – Cobus Visser, Suid-Afrikaanse akteur (* 1949).
- 10 November – Allan Gray, ’n Suid-Afrikaanse filantroop en sakeman (* 1938).
- 10 November – Douglas Green jr., Suid-Afrikaanse wynmaker.
- 11 November – Philip McKeon, Amerikaanse akteur (* 1964).
- 20 November – John Mann, Kanadese musikant en akteur (* 1962).
- 27 November – Godfrey Gao, 'n Kanadese akteur (* 1984).
- 28 November – Wim Bosman, strokiesprentkunstenaart (*1936).
- 29 November – Yasuhiro Nakasone, voormalige Japannese premier (* 1918).
- 30 November – Mariss Jansons, 'n Letlandse dirigent (* 1943).
- 1 Desember – Shelley Morrison, 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1936).
- 4 Desember – Ockie Oosthuizen, Springbokrugbyspeler (* 1955).
- 8 Desember – René Auberjonois, 'n Amerikaanse akteur en regisseur (* 1940).
- 9 Desember – Ben Turok, professor in ekonomie, ANC aktivis en voormalige lid van die parlement (* 1927).
- 9 Desember – Marie Fredriksson, Sweedse sangeres en lid van Roxette (* 1958).
- 12 Desember – Peter Snell, 'n Nieu-Seelandse middelafstand atleet (* 1938).
- 13 Desember – Rashied Staggie, 'n Suid-Afrikaanse misdadiger en leier van die Hard Livings-bende (* 1956).
- 18 Desember – Claudine Auger, 'n Franse aktrise (* 1941).
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikinews bevat nuus in verband met 2019. |
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 2019.