Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Welkom by Wikipedia,
Donderdag, 17 Oktober 2019
Hier is tans 85 924 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
Die vlag van Japan.

Die nasionale vlag van Japan is op 27 Februarie 1870 in gebruik geneem met klein wysigings wat op 13 Augustus 1999 aanvaar is. Die vlag vertoon ’n wit agtergrond met ’n groot rooi skyf in die middel. Die vlag se amptelike naam in Japannees is Nisshōki (日章旗 "sonvlag"?) maar die vlag is beter bekend as Hinomaru (日の丸 "sonskyf"?).

Die Nisshōki is aangewys as die nasionale vlag in die Wet op die Nasionale Vlag en Volkslied wat gepromulgeer is en op 13 Augustus 1999 in werking getree het. Hoewel geen vroeëre wetgewing ’n nasionale vlag gespesifiseer het nie was die “sonskyf” reeds die de facto nasionale vlag van Japan. Twee proklamasies wat in 1870 deur die Daijō-kan, die regerende liggaam van die vroeë Meijiperiode, uitgevaardig is het elk voorsiening gemaak vir die ontwerp van ’n nasionale vlag. ’n Sonskyfvlag is onder proklamasie 57 van Meiji 3 (uitgevaardig op 27 Februarie 1870) aanvaar as die nasionale vlag vir handelskepe en as die nasionale vlag wat deur die vloot gebruik is onder proklamasie 651 van Meiji 3 (uitgevaardig op 27 Oktober 1870). Gebruik van die Hinomaru is ernstig beperk gedurende die vroeë jare van die besetting van Japan na die Tweede Wêreldoorlog; hierdie beperkinge is later verslap.

Die son speel ’n belangrike rol in die Japannese mitologie en geloof waar dit vertel word dat die keiser ’n direkte afstammeling van die songodin Amaterasu is en dat die legitimiteit van die Japannese keisershuis gerus het op die goddelike aanstelling en afstamming van die hoof-godheid van die oorheersende Sjintoïsme. Die naam van die land asook die ontwerp van die vlag weerspieël hierdie sentrale belangrikheid van die son. Die antieke geskiedenis (Shoku Nihongi) voer aan dat Keiser Monmu in 701 ’n vlag gebruik het wat die son voorgestel het; dit is die eerste opgetekende gebruik van ’n vlag in Japan met ’n sonmotief. Die oudste bestaande vlag word bewaar in die Unpō-ji-tempel in Kōshū, Yamanashi wat dateer uit voor die 16de eeu, en ’n antieke legende wil dit hê dat die vlag deur Keiser Go Reizei in die 11de eeu aan die tempel gegee is.

Openbare persepsie oor die nasionale vlag wissel. Vir sommige Japanners stel die vlag Japan voor en dit kan nie vervang word nie. Westerse en Japannese bronne beweer dat die vlag geskiedkundig ’n kragtige en blywende simbool van Japan was. Sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog (die Pasifiese Oorlog), is die gebruik van die vlag en die nasionale volkslied Kimigayo ’n omstrede onderwerp vir Japan se openbare skole. Geskille oor die gebruik daarvan het gelei tot protesoptogte en regsgedinge. Die vlag word nie gereeld in Japan vertoon nie weens die vlag se verbintenis met ultranasionalisme. Vir Okinawaers verteenwoordig die vlag die gebeure van die Tweede Wêreldoorlog en die gevolglike militêre teenwoordigheid van die Verenigde State. Vir sommige lande wat deur Japan beset is, is die vlag ’n simbool van aggressie en imperialisme. Die Hinomaru is gebruik as werktuig teen geokkupeerde nasies vir intimidasiedoeleindes, om Japan se oorheersing te handhaaf en onderwerping. Verskeie militêre baniere van Japan is op die Hinomaru gebaseer, insluitend die bestraalde Vlootvaandel. Die Hinomaru dien ook as sjabloon vir ander Japannese vlae in openbare en privaatgebruik.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding word

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

...dat speelkaarte reeds in die 12de eeu in Persië en Indië bekend was? 'n Pak kaarte het toe uit 48 kaarte bestaan, in plaas van 52.

...dat die eerste e-pos in 1972 gestuur is? Koninging Elizabeth van Brittanje het reeds haar eerste e-pos in 1976 gestuur.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

17 Oktober:

'n Hoofweg na die Loma Prieta-aardbewing

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
Die torii-hek by die Itsukushima-heiligdom op die eiland Itsukushima (algemeen bekend as Miyajima) in die Hiroshima-prefektuur, Japan.
Die torii-hek by die Itsukushima-heiligdom op die eiland Itsukushima (algemeen bekend as Miyajima) in die Hiroshima-prefektuur, Japan.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Lesotho  Mosambiek  Eswatini  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Psigologie  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
CebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 500 000 artikels
العربيةCatalàفارسیNorsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиČeštinaEsperantoEuskaraSuomiMagyarՀայերենBahasa Indonesia한국어Bahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиTürkçe
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяНохчийнCymraegDanskΕλληνικάEestiGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųBaso MinangkabauМакедонскиNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ไทยاردوOʻzbekchaVolapükBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 50 000 artikels
AfrikaansAsturianuتۆرکجهБеларуская (тарашкевіца)বাংলাBrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaКыргызчаLëtzebuergeschLatviešuMalagasyമലയാളംमराठीनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipతెలుగుТоҷикӣTagalogТатарча / tatarça粵語

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering