1974
Jump to navigation
Jump to search
1974 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1969 | 1970 | 1971 | 1972 | 1973 | ◄ 1974 ► | 1975 | 1976 | 1977 | 1978 | 1979 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1974 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Nona López, betonkuns 1974 | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1974 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 74ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- Ferdinand Chauvier ontwerp die Kreepy Krauly by sy huis in Springs.
- Die bouwerk aan die Cahora Bassa-dam in Mosambiek word voltooi.
- Die staatshoof van Paraguay, generaal Alfredo Stroessner, bring 'n staatsbesoek aan Suid-Afrika.
- Frans word die uitsluitende ampstaal van die Kanadese provinsie Quebec.
- Italiaanse aanklaer Mario Sossi word ontvoer deur die Rooi brigade.
- Ernő Rubik, 'n Hongaarse beeldhouer en professor in argitektuur stel die Rubikkubus bekend.
- 7 Februarie – Grenada word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 3 Maart – Turkish Airlines, vlug 981, 'n McDonnell Douglas DC-10 stort neer buite Parys, Frankryk.
- 25 April – 'n Staatsgreep vind plaas in Portugal, die "Carnation revolution".
- 1 Junie – Die Flixborough-ramp vind plaas by 'n chemiese aanleg naby die dorp, Flixborough in Engeland.
- 13 Junie-7 Julie – Die tiende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Wes-Duitsland gespeel, wat deur dié land gewen word.
- 30 Junie – Die Sowjet-balletdanser Mikhail Baryshnikov loop oor na die Weste tydens 'n toer deur Kanada.
- 24 Desember – Sikloon Tracy verwoes die meeste van Darwin, Australië.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- Stompie Moeketsi, ANC-aktivis word op 14-jarige ouderdom vermoor († 1989).
- 23 Februarie – Herschelle Gibbs, SA krieketspeler
- 24 Februarie – Gila Gamliel, Israelse politikus.
- 5 Maart – Barbara Schöneberger, Duitse aktrise, komediant en sangeres.
- 25 Maart – Ksenija Rappoport, Russiese aktrise.
- 16 April – Xu Jinglei, Chinese aktrise.
- 7 Julie – Sharon Laws, Britse professionele fietsryer († 2017).
- 19 Julie – Ramin Djawadi, Duits-Irannese komponis.
- 31 Julie – Emilia Fox, Britse aktrise.
- 8 November – Penny Heyns, Suid-Afrikaanse swemmer.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 25 Januarie – Stephanus Petrus le Roux, Suid-Afrikaanse politikus en Minister van Landbou (* 1891).
- 2 Februarie – Imre Lakatos, Hongaarse wiskundige, natuurkundige en wetenskapfilosoof (* 1922).
- 25 Februarie – Prof. H.J.J.M. van der Merwe, Afrikaanse taalkundige (* 1913).
- 27 Maart – Leo Marquard, Suid-Afrikaner en medestigter Liberale Party (* 1897).
- 2 April – Georges Pompidou, President van Frankryk (* 1911).
- 22 Junie – Darius Milhaud, komponis.
- 28 Junie – Vannevar Bush, Amerikaanse ingenieur en wetenskapbestuurder (* 1890).
- 1 Julie – Juan Perón, 'n Argentynse militaris en president van Argentinië (* 1895).
- 21 Julie – Chris Blignaut, 'n legendariese Afrikaanse sanger (* 1897).
- 28 Junie – Frank Sutton, akteur (Gomer Pyle, U.S.M.C.) (* 1923).
- 29 Julie – Cass Elliot, Amerikaanse sangeres (* 1941).
- 26 Augustus – Charles Lindbergh, 'n Amerikaanse vlieënier (* 1902).