Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Welkom by Wikipedia,
Sondag, 16 Junie 2019
Hier is tans 80 898 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
'n Concorde tydens landing.

Die Concorde was 'n lang, smal vliegtuig met ’n skerp gepunte neus wat teen meer as dubbel die snelheid van klank kon vlieg. Die supersoniese passasiersvliegtuig is gemeenskaplik deur die Franse en Britse lugvaartnywerhede vervaardig. Naas die Russiese Toepolef-144 was dit een van slegs twee supersoniese passasiersvliegtuie wat ooit vervaardig en in diens geneem is. Die vliegtuig, wat die tegniese naam Aérospatiale-BAC Concorde 101/102 gedra het, is volgens die ooreenkoms van 29 November 1962 tussen die Franse en Britse regerings oor 'n tydperk van 15 jaar ontwikkel en deur die Franse maatskappy Aérospatiale (tans EADS) en die Britse British Aircraft Corporation (tans BAE Systems) gebou.

Die besluit om 'n nuwe supersoniese vliegtuig te ontwikkel het op 'n kritieke tydstip vir die Britse lugvaartnywerheid gekom, nadat alle ontwikkelingsprogramme van militêre supersoniese vliegtuie gestaak is. Die Concorde-projek het 'n belangrike bydrae tot die behoud van supersoniese navorsing gelewer en was een van die voorlopers van Europa se Tornado-vegvliegtuig wat gebruik maak van Concorde se deltavlerkontwerp tydens supersoniese snelhede.

Die kruissnelheid van die Concorde was 2,04 Mach teen 'n vlieghoogte van tussen 15 650 en 18 000 meter. Dit het net soos die Franse Dassault Mirage 2000-vegvliegtuig oor deltavormige vlerke en nabrander-enjins beskik wat oorspronklik vir die Britse Avro Vulcan-bomwerper ontwikkel is. Die Concorde was ook die eerste passasiersvliegtuig voor die Airbus wat van elektroniese vliegtoerusting voorsien was.

Die eerste kommersiële dienste van British Airways en Air France op die Transatlantiese roete is op 21 Januarie 1976 ingestel. Hierdie gesogte vlugte was peperduur en het die vliegtyd vanaf Parys en Londen na New York met tussen drie en drie en 'n half uur verkort. Ná 'n noodlottige ramp naby die Paryse lughawe, waarin 113 mense gesterf het, is alle Concorde-vlugte op 31 Mei (Air France) en 24 Oktober 2003 (British Airways) gestaak. Die ramp, wat deur die bandbreuk van 'n Amerikaanse vliegtuig veroorsaak is, was die eerste in 27 jaar se diens. Die vliegtuie was egter oud en dit sou te duur wees om nuwes te bou.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Die IKR-trofee waarom meegeding word.

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

... dat die katedraal van Straatsburg, met sy toring van 142 meter, wat in 1439 in Straatsburg voltooi is, sover bekend tot 1874 die hoogste gebou ter wêreld was?

... dat die Normandiese dialek Jèrriais nog steeds op die Kanaaleiland Jersey as omgangstaal gepraat word, alhoewel die eiland reeds sedert 1066 onder die die Britse Kroon val? Jersey vorm egter nie deel van die Verenigde Koninkryk of die Europese Unie nie.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

16 Junie: Bloom-dag in Ierland, Jeugdag in Suid-Afrika

Thabo Mbeki

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
Gerestoureerde portretfoto van Michael Ancher (1849–1927), Deense skilder van realisme.
Gerestoureerde portretfoto van Michael Ancher (1849–1927), Deense skilder van realisme.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Lesotho  Mosambiek  eSwatini  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Psigologie  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
CebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 500 000 artikels
العربيةCatalàفارسیNorsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиČeštinaEsperantoEuskaraSuomiMagyarՀայերենBahasa Indonesia한국어Bahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиTürkçe
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяНохчийнCymraegDanskΕλληνικάEestiGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųBaso MinangkabauМакедонскиNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ไทยاردوOʻzbekchaVolapükBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 50 000 artikels
AfrikaansAsturianuتۆرکجهБеларуская (тарашкевіца)বাংলাBrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaКыргызчаLëtzebuergeschLatviešuMalagasyമലയാളംमराठीनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipతెలుగుТоҷикӣTagalogТатарча / tatarça粵語

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering