Nylrivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
አባይ ወንዝ, ʿAbbai - النيل‎, an-Nīl - Nile - ⲫⲓⲁⲣⲱ, P(h)iaro
Die Nylrivier in Egipte.
Die Nylrivier in Egipte.
Nile-en.svg
Die stroomgebied van die Nylrivier.
Oorsprong Wit Nyl (Burundi)
Blou Nyl (Ethiopië)
Monding Nyldelta, Egipte
Middellandse See
Stroomgebied Kongo (Demokratiese Republiek), Tanzanië, Burundi, Rwanda, Uganda, Kenia, Suid-Soedan, Ethiopië, Soedan, Eritrea, Egipte
Lengte 6 650 km (4 132 myl)
Oorspronghoogte 2 700 m (8 858 voet)
Mondinghoogte 0 m
Gemiddelde afloop 2 830 m³/s (99 941 ft³/s)
Stroomgebiedopp. 3 400 000 km² (1 312 747 myl²)
Kaart van die Nylrivier-bekken in Afrika.
Kaart van die Nylrivier-bekken in Afrika.

Die Nylrivier (Amharies: አባይ ወንዝ, ʿAbbai; Arabies: النيل‎, an-Nīl; Engels: Nile, Kopties: ⲫⲓⲁⲣⲱ, P(h)iaro) is 'n groot noord-vloeiende rivier in Afrika. Die rivier, met 'n lengte van 6 650 km (4 132 myl), word algemeen beskou as die langste rivier in die wêreld.[1]

Oorsprong van die Nyl[wysig | wysig bron]

Die oorpsrong van die Nyl was lank onbekend. In die 19de eeu is die Victoriameer vir die eerste keer deur John Hanning Speke as die bron geïdentifiseer. Maar ná verdere ondersoek is bevind dat die kleiner Tanameer verantwoordelik is vir meer as 80% van die water wat in die Nyl vloei. Voor die tyd het verskeie verkenningstogte gepoog om die oorsprong op te spoor, onder wie David Livingstone. Sedert 2005 word egter aangeneem dat die oorsprong in die Nasionale Park Nyungwe Forest in Rwanda lê en via die Rukarara- en Akagera-rivier na die Victoriameer loop. Die nuwe inligting maak die rivier 107 km langer as voorheen geskat.

Vloei van die Nyl[wysig | wysig bron]

Die Nylrivier ontspring as die Blou Nyl in Ethiopië in die Tanameer, en as die Wit Nyl in die Victoriameer. Die meer is tussen die drie lande Uganda, Kenia en Tanzanië geleë. Die Wit Nyl vloei dan van hier via Soedan, waar die twee takke in die hoofstad Khartoem bymekaarkom. Daarna vloei die rivier deur Egipte in die noorde, om ten slotte in 'n ruim delta in die Middellandse See uit te mond.

Die Nylrivier vloei deur die volgende lande: Burundi, Demokratiese Republiek van die Kongo, Egipte, Eritrea, Ethiopië, Kenia, Rwanda, Soedan, Suid-Soedan, Tanzanië en Uganda, asook deur die volgende stede: Jinja, Joeba, Khartoem en Kaïro.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Rivier op Encarta (Besoek op 3 Oktober 2006). Geargiveer 2009-11-01.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]