Wanneer jy ons dienste gebruik, vertrou jy ons met jou inligting. Ons wil begin deur jou te vertel wat ons daarmee doen:
Data maak dit vir ons moontlik om ons dienste soos Search, Gmail en Maps te voorsien.
Data help ons ook om relevante advertensies te wys, sodat ons ons dienste gratis vir almal kan maak.
Wees verseker dat ons nie jou persoonlike inligting verkoop nie.
En jy beheer die soort inligting wat ons insamel en gebruik.
Laastens, niemand doen meer om jou en jou inligting veilig te hou nie.
Jy kan antwoorde op algemene vrae wat ons oor privaatheid en sekuriteit hoor, hier vind:.
Die belangrikste soort data wat ons insamel, is gegrond op handelinge wat jy met ons dienste uitvoer, soos jou basiese rekeningbesonderhede en die dinge wat jy skep.
Wanneer jy ons dienste gebruik – byvoorbeeld, om 'n soektog te doen, aanwysings op Google Maps te kry of 'n video op YouTube te kyk – samel ons inligting in gegrond op die dinge wat jy doen, sodat ons ons dienste beter vir jou kan laat werk. Wanneer jy aansluit om 'n Google-rekening te kry, hou ons die basiese rekeninginligting wat jy vir ons gee, soos jou naam, e-pos en wagwoord. En ons berg en beskerm dit wat jy skep deur ons dienste te gebruik, sodat jy altyd jou e-posse, foto's, video's en dokumente het wanneer jy hulle nodig het.
En ons gee jou nutsgoed om die soort data wat ons insamel en gebruik, te beheer.
Eerstens gebruik ons data om ons dienste vinniger, slimmer en nuttiger vir jou te maak, soos om beter soekresultate en tydige verkeersopdaterings te voorsien. Data help ons ook om patrone te ontleed om jou teen wanware, uitvissing en ander verdagte aktiwiteit te beskerm. Ons waarsku jou byvoorbeeld wanneer jy probeer om gevaarlike webwerwe te besoek. Ons gebruik ook data om advertensies wat relevant en nuttig is vir jou te wys, en om ons dienste gratis vir almal te hou.
Nee. Ons verkoop nie jou persoonlike inligting nie.
Ons gebruik sekere inligting, soos die soektogte wat jy uitgevoer het en jou ligging, om die advertensies wat ons vir jou wys, meer relevant en nuttig te maak. Advertensies maak dit vir ons moontlik om ons dienste soos Search, Gmail en Maps gratis vir almal te maak. Ons deel nie inligting met adverteerders op so 'n wyse dat dit jou persoonlik identifiseer nie, tensy jy ons toestemming gegee het. Met ons Advertensie-instellingsnutsding kan jy advertensies gegrond op jou belangstellings en die soektogte wat jy uitgevoer het, beheer.
Ons het nutsgoed wat maklik is om te gebruik wat jou help om te beheer hoe Google vir jou werk.
In My Rekening kan jy nutsgoed vind om jou privaatheid en inligting alles op een plek te bestuur.
Met ons datakontroles in Aktiwiteitkontroles kan jy die soort data wat ons insamel, insluitend jou Search-, YouTube- en liggingaktiwiteit, bestuur.
Met ons Advertensie-instellingsnutsding kan jy advertensies gegrond op jou belangstellings en die soektogte wat jy uitgevoer het, beheer.
As jou inligting nie beveilig is nie, is dit nie privaat nie. Daarom word jy deur een van die wêreld se mees gevorderde sekuriteitsinfrastrukture beskerm wanneer jy Google-dienste gebruik
Google se Veiligblaai-tegnologie, wat meer as 1 miljard mense beskerm, waarsku jou wanneer jy probeer om 'n werf te besoek wat dalk wanware of 'n uitvissingpoging bevat.
Enkripsie verseker dat jou inligting veiliger is wanneer dit tussen jou toestel en Google beweeg.
Gmail se sekuriteit beskerm jou beter as enige ander e-podiens teen strooipos, uitvissing en wanware.
Al ons produkte is gebou met gevorderde aanlyn sekuriteit. Hier is drie maklike maar belangrike dinge wat jy kan doen om jou inligting veilig te hou.
Doen gereeld die Sekuriteitkontrolering om te help om jou Google-rekening veilig te hou. Dit neem net 'n paar minute.
Skep 'n sterk wagwoord, en moet dit dan nooit vir enigiets anders as jou Google-rekening gebruik nie.
Voeg 'n mobiele terugstelling-foonnommer by jou rekening, sodat ons jou identiteit kan bevestig as jy uitgesluit word of as ons dink iemand anders probeer ingaan.
Gaan na My Rekening en vind nutsgoed om jou privaatheid en sekuriteit te bestuur.