Statistiek

Kykertal

  • Meer as 1 miljard unieke gebruikers besoek YouTube elke maand
  • Meer as 6 miljard uur se video word elke maand op YouTube gekyk – dit is amper 'n uur vir elke persoon op aarde
  • 100 uur se video word elke minuut na YouTube opgelaai
  • 80% van YouTube se verkeer kom van buite die VS af
  • YouTube is in 61 lande en oor 61 tale heen gelokaliseer
  • Volgens Nielsen bereik YouTube meer Amerikaanse volwassenes van ouderdomme 18 tot 34 as enige kabelnetwerk
  • Miljoene intekeninge vind elke dag plaas. Die aantal mense wat daagliks inteken is met meer as 3x op sedert verlede jaar en die aantal daaglikse intekeninge is met meer as 4x op sedert verlede jaar

YouTube-vennootprogram

  • Geskep in 2007, het ons nou meer as 'n miljoen skeppers van meer as 30 lande regoor die wêreld wat geld verdien uit hul video's op YouTube
  • Duisende kanale maak ses syfers per jaar

Monetisering

  • Duisende adverteerders gebruik TrueView-instroom en 75% van ons instroom-advertensies kan nou oorgeslaan word
  • Ons het meer as 'n miljoen adverteerders, waarvan die meeste klein besighede is, wat Google se advertensieplatforms gebruik

Mobiel en toestelle

  • Mobiele toestelle behels amper 40% van YouTube se globale kyktyd
  • YouTube is beskikbaar op honderde miljoene toestelle

Content ID

  • Content ID skandeer meer as 400 jaar se video elke dag
  • Meer as 5 000 vennote gebruik Content ID, insluitend groot netwerkuitsaaiers, filmateljees en platemaatskappye in die VS
  • Ons het meer as 25 miljoen verwysingslêers in ons Content ID-databasis - dis van die mees omvattende in die wêreld
  • Content ID het al honderde miljoene dollar vir vennote gegenereer