Bhoetan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
འབྲུག་རྒྱལ་ཁབ་
Druk Gyal Khap
Koninkryk Bhoetan
Vlag van Bhoetan Embleem van Bhoetan
Vlag Embleem
Volkslied: Druk tsendhen
(Dzongkha vir: "Die Donderdraak Koninkryk")
Ligging van Bhoetan
Hoofstad Thimphu

27°28′N 89°39′O / 27.467°N 89.650°O / 27.467; 89.650

Grootste stad Thimphu
Amptelike tale Dzongkha
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Jigme Khesar Namgyel
Lotay Tshering
Onafhanklikheid
Vorming
• Unifikasie van Bhoetan
Wangchuck-dinastie
• Indo-Bhoetan-Verdrag
• Grondwetlike monargie


1616–1634
17 Desember 1907
8 Augustus 1949
28 Julie 2008
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
38 394[1][2] km2  (133ste)
14 824 myl2
1,1
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2005-sensus
 - Digtheid
 
797 765[3] (165ste)
634 982[4]
19,3 / km2 (196ste)
50,0 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$7,701 miljard[5]
$9 427[5]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$2,457 miljard[5]
$3 118[5]

MOI (2017) Green Arrow Up Darker.svg 0,612[6] (134ste)  –  medium
Gini (2017) 37,4[7] –  medium
Geldeenheid Ngultruma (BTN)
Tydsone
 - Somertyd
BTT (UTC+06:00)
nie toegepas nie (UTC+06:00)
Internet-TLD .bt
Skakelkode +975
a. Die Indiese roepee is ook 'n wettige betaalmiddel.

Bhoetan (Dzongkha: འབྲུག་ཡུལ་, Druk Yul), amptelik die Koninkryk Bhoetan (འབྲུག་རྒྱལ་ཁབ་, Druk Gyal Khap), is 'n landingeslote land in Suid-Asië. Dit is landgebonde tussen die Volksrepubliek China in die noorde en Indië in die suide, met die Himalaja in die weste en word deur die Indiese deelstaat Sikkim van Nepal geskei. Die land is 'n demokratiese grondwetlike monargie, nadat die vorige koning, Jigme Singye Wangchuck, in 2005 bekend gemaak het dat die land van 'n absolute monargie gaan oorskakel. Die eerste verkiesing is in 2008 gehou.[8]

Nasa-Satellietbeeld van Bhoetan
Kaart van Bhoetan

Bhoetan is na 'n burgeroorlog in die 19de eeu onder die Wangchuck-dinastie verenig en het politieke bande met die Britse Ryk gevestig. Bhoetan is nooit deur Brits-Indië beheer nie en het as 'n bufferstaat tussen die Britse besitting in die suide en die Chinese Keiserryk in die noorde gedien, saam met die onafhanklike Himalaja-koninkryke Sikkim en Nepal verder wes. Die land se hoofstad en grootste stad is Thimphu. In 1988 is Dzongkha as amptelike landstaal verklaar. Die grootste persentasie van die bevolking is Boeddhiste met ongeveer 25% Hindoes.

Bhoetan beskik oor vrugbare valleie en grasvlaktes. Die klimaat in die suide is tropies, maar die noorde is bergagtig en koud. Die meeste inwoners van die land boer met beeste of jakke (Engels: yaks). Die land is afhanklik van landbou, bosbou, toerisme en die verkoop van hidroëlektriese krag aan Indië.

Bhoetan is ook bekend vir die ontwikkeling van die konsep bruto nasionale geluk (BNG).[9] Boogskiet word as Bhoetan se nasionale sportsoort beskou,[10][11] terwyl krieket in onlangse jare sterk groei ervaar het, veral weens sy gewildheid op die Indiese subkontinent.

Nasionale simbole[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "9th Five Year Plan (2002–2007)" (PDF) (in Engels). Royal Government of Bhutan. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Maart 2016. Besoek op 8 Augustus 2014.
  2. "National Portal of Bhutan" (in Engels). Department of Information Technology, Bhutan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2012. Besoek op 8 Augustus 2014.
  3. "World Population Prospects: The 2017 Revision". ESA.UN.org (custom data acquired via website) (in Engels). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2020. Besoek op 11 November 2018.
  4. "Population and Housing Census of Bhutan — 2005" (PPT) (in Engels). Verenigde Nasies. 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2018. Besoek op 8 Augustus 2014.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "Bhutan". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 11 November 2018.
  6. "2018 Human Development Report" (PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 11 November 2018.
  7. "Gini Index" (in Engels). Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 11 November 2018.
  8. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  9. (en) "Bhutan's Gross National Happiness Index | OPHI". www.ophi.org.uk. Besoek op 11 November 2018.
  10. "National Symbols". Bhutan Portal8 (in Engels). Regering van Bhoetan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2012. Besoek op 21 Julie 2008. National Game: The national sport of Bhutan is archery.
  11. "THE NATIONAL SPORT OF BHUTAN" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2019. Besoek op 11 November 2018.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]