1938
Jump to navigation
Jump to search
1938 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1933 | 1934 | 1935 | 1936 | 1937 | ◄ 1938 ► | 1939 | 1940 | 1941 | 1942 | 1943 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1938 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Selakant | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1938 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 38ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 31 Januarie – Die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad (Suid-Afrika) word geopen.
- 12 Maart – Anschluss: Duitse troepe beset Oostenryk; anneksasie word die volgende dag verklaar.
- 19 April – RCA-NBC begin die eerste gereelde televisie-uitsendings.
- 4-19 Junie – Die derde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Frankryk gespeel, wat deur Italië gewen word.
- 3 Julie – 'n LNER-Klas A4-lokomotief stel 'n wêreldrekord op vir stoomlokomotiewe van 126 m.p.h.
- 9 November – Kristallnacht, die eerste grootskaalse voorval van fisiese anti-Joodse geweld in Nazi-Duitsland, begin.
- 25 November – Pous Pius XI kry twee hartaanvalle.
- 16 Desember – Hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument
- 22 Desember – Die eerste Selakant word ontdek deur Marjorie Courtenay-Latimer in Oos-Londen.
- Onbekend – Die Klas 15F-stoomlokomotief word in diens gestel.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 2 Januarie – David Bailey, Engelse mode- en portretfotograaf.
- 22 Januarie – Corra Dirksen, Springbokrugbyspeler en geneesheer († 2020).
- 23 Januarie – Theo-Ben Gurirab, Namibiese politikus († 2018).
- 31 Januarie – Beatrix, koningin van Nederland.
- 13 Februarie – Oliver Reed, Britse akteur († 1999).
- 1 Maart – Aart Staartjes, 'n Nederlandse akteur, regisseur, televisieaanbieder en dokumentêrmaker († 2020).
- 17 Maart – Rudolf Nureyev, Russiese balletdanser († 1993).
- 4 April – Hermann Giliomee, Suid-Afrikaanse geskiedenis skrywer.
- 5 April – Colin Bland, Suid-Afrikaanse krieketspeler († 2018).
- 7 April – Jerry Brown, goewerneur van Kalifornië.
- 8 April – Kofi Annan, Ghanese diplomaat en sewende sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies († 2018).
- 8 April – Allan Gray, ’n Suid-Afrikaanse filantroop en sakeman († 2019).
- 21 Mei – Urs Widmer, Switserse skrywer en vertaler († 2014).
- 21 Mei – Michael Halász, Duits-Hongaarse dirigent.
- 5 Junie – David Koloane, 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar († 2019).
- 14 Junie – Julie Felix, 'n Amerikaanse folk-sangeres († 2020).
- 18 Julie – Lance James, Suid-Afrikaanse country-sanger en radio-omroeper († 2020).
- 20 Julie – Margaret van der Post, Suid-Afrikaanse musiekonderwyser en sopraan.
- 4 Augustus – John Gainsford, Springbokrugbyspeler († 2015).
- 15 Augustus – Maxine Waters, 'n Amerikaanse politikus.
- 21 Augustus – Kenny Rogers, Amerikaanse sanger († 2020).
- 29 September – Wim Kok, Nederlandse politikus († 2018).
- 1 Oktober – G.J. Krüger, Afrikaanse digter en apteker († 2005).
- 10 Oktober – Judith Mason, Suid-Afrikaanse kunstenaar († 2016).
- 13 Oktober – Dalene Matthee, Afrikaanse skryfster († 2005).
- 20 Oktober – Jan Scholtz, Suid-Afrikaanse draaiboekskrywer, regisseur en vervaardiger van rolprente († 2015).
- 21 Oktober – Gertjie Brynard, 'n Springbokrugbyspeler († 2018).
- 26 Oktober – Richard Goldstone, Suid-Afrikaanse regter.
- 29 Oktober – Ellen Johnson-Sirleaf, voormalige vroulike president van Liberië.
- 3 November – Daniel Sleigh, Suid-Afrikaanse skrywer, geskiedkundige en digter.
- 17 Desember – Peter Snell, 'n Nieu-Seelandse middelafstand atleet († 2019).
- 29 Desember – Jon Voight, Amerikaanse akteur.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 26 April – Edmund Husserl, Duitse filosoof (* 1859)
- 15 Mei – Ds. Pieter Gerhardus Jacobus Meiring, leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en redakteur van die Kerk se weekblad, die Kerkbode (* 1866).
- 6 Augustus – Henry Sampson, 'n leier in die Suid-Afrikaanse Arbeidersparty (* 1872).
- 21 Augustus – Dr. Frans Engelenburg, Suid-Afrikaanse joernalis en koerantredakteur en twee maal voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (* 1863).
- 12 September – Prins Arthur van Connaught, Britse politikus en derde Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1920–1924) (* 1883).
- 20 November – Arthur Elliott, 'n Suid-Afrikaanse fotograaf en oudheidkundige (* 1870).
- 24 Desember – Bruno Taut, Duitse argitek en stadsbeplanner (* 4 Mei 1880).