Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Welkom by Wikipedia,
Maandag, 20 Mei 2019
Hier is tans 79 874 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
'n Satellietbeeld van Gotenburg.

Gotenburg (Sweeds: Göteborg, [ˌʝøtəˈbɔrʲ] ) is die tweede grootste stad van Swede en die vyfde grootste in Skandinawië met 'n bevolking van sowat 'n halfmiljoen in die stad (Sweeds: tätorten) en meer as 900 000 in die metropolitaanse gebied van Storgöteborg ("Groot-Gotenburg"). Gotenburg is aan die weskus van Swede naby die monding van die rivier Göta älv in die Kattegat geleë.

Die geografies gunstige ligging halfpad tussen Stockholm, Kopenhagen en Oslo het van Gotenburg die beduidendste seehawe vir vrag- en passasierskepe in Noord-Europa gemaak. Die Gotenburghawe hanteer met jaarliks 30 miljoen ton vrag 'n groot deel van Swede se in- en uitvoere en moderne passasierskepe van rederye soos Stena Line en Scandinavian Seaways doen hier aan en vervoer jaarliks meer as vier miljoen passasiers uit Denemarke, Duitsland, die Verenigde Koninkryk en Nederland na Swede. Die tradisionele skeepsbou het vanweë die sterk mededinging uit die Verre Ooste lankal agteruitgegaan, maar Gotenburg is nog steeds 'n beduidende nywerheidsentrum en die tuiste van groot maatskappye soos die motorvervaardiger Volvo, SKF (koeëllaers) en Hasselblad (kameras) se hoofkwartiere. Die ryk kulturele lewe het van Gotenburg een van die leidende kunsmetropole in Skandinawië gemaak.

Die huidige stad is reeds die tweede wat die naam Gotenburg dra. Die historiese voorloper is deur koning Karl IX op die nabygeleë eiland Hisingen gestig en in 1611 deur Deense en Noorse troepe verwoes. Vanaf 1621 is op inisiatief van koning Gustav II Adolf 'n nuwe stad deur Nederlandse ingenieurs opgerig. Die terrein is opsetlik gekies – die Deense koning Christiaan, 'n aartsvyand van Gustav II Adolf, was hier in oorlogstye nie in staat om sy swaar kanonne te gebruik nie.

Gotenburg is volgens die tipiese voorbeeld van 'n Nederlandse stad uit die 16de en 17de eeu met kanale, twintig brûe en 'n vesting beplan en gebou. Die eerste stadsraad het naas sewe Swede en 'n Skot ook uit tien verteenwoordigers van die plaaslike Nederlandse bevolking bestaan. Alhoewel twee kanale intussen toegegooi is om plek te maak vir twee strate, Östra en Västra Hamngatan, het die stadsentrum van Gotenburg sy Nederlandse karakter grotendeels bewaar.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Die Leeu van Sint Markus is as simbool vir die Biënnale gekies

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

... dat die Indiese politikus Mahatma Gandhi vir 'n lang tydperk as 'n advokaat in Durban gewerk het? Hy was tussen 1893 en 1915 in Suid-Afrika woonagtig. Hier het hy die Natalse Indiese Kongres gestig, wat later met die ANC sou saamsmelt.

... dat Montreal in Kanada die tweede grootste Franstalige stad in die wêreld is? Dit is met die 3,9 miljoen inwoners in die metropolitaanse gebied die grootste stad van die Franstalige provinsie Quebec en die tweede grootste in Kanada.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

20 Mei

Dinuzulu

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
Die sluitingseremonie van die Pan-Asiatiese Spele 2018 op Gelora Bung Karno, Djakarta, Indonesië, op 6 Oktober 2018.
Die sluitingseremonie van die Pan-Asiatiese Spele 2018 op Gelora Bung Karno, Djakarta, Indonesië, op 6 Oktober 2018.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Lesotho  Mosambiek  eSwatini  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Psigologie  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
CebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 500 000 artikels
العربيةCatalàفارسیNorsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиČeštinaEsperantoEuskaraSuomiMagyarՀայերենBahasa Indonesia한국어Bahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиTürkçe
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяНохчийнCymraegDanskΕλληνικάEestiGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųBaso MinangkabauМакедонскиNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ไทยاردوOʻzbekchaVolapükBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 50 000 artikels
AfrikaansAsturianuتۆرکجهБеларуская (тарашкевіца)বাংলাBrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaКыргызчаLëtzebuergeschLatviešuMalagasyമലയാളംमराठीनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipతెలుగుТоҷикӣTagalogТатарча / tatarça粵語

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering