ʼn Studie wat onlangs in die joernaal Acta Tropica gepubliseer is oor muskiete en hul broeiery het bevind die waarskynlikheid dat die insekte sal vreet of sal voortplant beduidend afneem wanneer die liedjie “Scary Monsters and Nice Sprites” deur Skrillex gespeel word.
Die spesifieke muskiet wat in die navorsing gebruik is, is die Aedes aegypti, ook bekend as die “geelkoorsmuskiet”, wat ʼn verskeidenheid van siektes oordra.
Navorsers het daarop gewys dat elektroniese musiek, en spesifiek Skrillex se betrokke liedjie, laefrekwensie vibrasies broeiery in insekte ontwrig. Die geraas maak dit moeiliker vir hulle om seine van hul maats te registreer.
Navorsers het ʼn “musiek-aan” en “musiek-af”-omgewing geskep waartydens die Aedes aegypti bestudeer is en hulle het sekere gevolgtrekkings gemaak.
Muskiete in die musiek-omgewing is minder waarskynlik om die gasheer te byt en minder waarskynlik om te broei as muskiete in die omgewing waar die musiek nie gespeel is nie.
Navorsers glo dié bevindings kan gebruik word om nog maniere te ontwikkel om siektes te beheer wat deur die betrokke muskiet versprei word.
Klik hier om ʼn opsomming van die studie te lees.
WAARSKUWING: Luister die volgende liedjie op eie risiko. Die lirieke is lasterlik en die geluide kan sensitiewe luisteraars ontstel.
Salaar liewer met ‘n muskietnet slaap, dankie 😂
Gonna Piet, wie sal oorleef met sulke geraas. Nee wat.
Jy is seker ouer as 60
Ek stem, oopkop, g’n muskiet sal naby jou kom met daai musiek nie.
Dink dit sal ook help vir bevolkingsbeheer.
janee jy gaan my ook nie kry wil broei met daai geraas nie..
Ek sal maar die vertrek verlaat wanneer hierdie geraas-musiek begin te speel.
GLAD NIE IETS OM NA TE LUISTER NIE !!
Gelukkig is die mozzies nie so lus vir my nie – net so EEN lastige ene sal my so af en toe deur die nag pla.
Maar my arme dogter en man word omtrent lewend weggedra deur die goggas – tot hul frustrasie..
Genade .. daai geraas sal enige lewende wese se voortplantingsmeganismes negatief affekteer. Myne ook 🤔
LOL
Ek sal maar by my babaolie en Detolmengsel hou.
Lyk my julle is almal ouer as 60.
Dit lyk amper soos ñ Gekkedag berig.
Jy kan dalk reg wees. 😁
Gee my maar eerder die muskiete as hierdie gemors musiek!
:-)
Manie, pasop op 60jr gaan jy stokdoof wees of totaal mal.
verkies dan eder muskiete as sulke klanke, dit is nie musiek nie dit is geraas (ek is 28 en dit maak my ore seer vir die wat kla die mense is seker 60 jaar oud).
Sjoe……nice song…….ek is in my 40’s en luister graag nog na sulke tipe musiek – Skazi Storm, Mauro Picotto, Ben Nicky ens…….hiérdie is gerus iets wat ook meer geluister sal word en ons sukkel nie eens met muskiete waar ek bly nie.
Nou het ek lekker gelag!!😂 weens nuuskurigheid het ek maar na die liedjie geluister wat almal so kommentaar op lewer en my 1 jarige dogtertjie staan hier by my terwyl hy speel. Sy druk ewe haar oortjies toe en skud haar kop na links en regs😂 ek neem aan sy verkies ook maar eerder die muskiete as diè soort musiek. Lw. hulle dra haar ook weg elke aand😂
Speel Theuns Jordaan se musiek….dan verkas almal wat vlerke en/of pote het!
Kan hulle vir vliee ok n studie doen. Miskien ietsie meer rustig😁
Genade, ryk en vry!
Dis nie musiek nie – eerder net n reuse, steurende geraas. Enige iets of iemand sal pad vat! ( o Ja, en ek is vêr onder 60!)
So opgewerk na daai musiek .. ek byt sommer ‘n muskiet