Sowjetunie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Союз Советских Социалистических Республик
Sojoez Sowjetskich Sotsialistitsjeskich Respoeblik

Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke
Flag of the Russian Soviet Federative Socialist Republic (1918–1937).svg
Flag of the Ukrainian Soviet Socialist Republic (1929-1937).svg
Flag of the Byelorussian Soviet Socialist Republic (1919-1927).svg
1922 – 1991
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse: Пролетарии всех стран, соединяйтесь!
Proletarii fsech stran, sojedinjaites'!
(Russies vir: "Werkers van die wêreld, verenig!")
Volkslied: Die Internasionale (1922–1944)

Госуда́рственный гимн Сове́тского Сою́за (1944–1991)
(tr.: Gosoedarstwenni gimn Sowjetskowo Sojoeza)
(Russies vir: "Volkslied van die Sowjetunie")
Ligging of Sowjetunie
Die Sowjetunie in het grootste verspreiding in die Koue Oorlog
Hoofstad Moskou
Taal/Tale Russies
Regering Republiek
Staatshoof
 - 1917–1924 Wladimir Lenin
 - 1924–1953 Josef Stalin
 - 1953–1964 Nikita Chroesjtsjof
 - 1964–1982 Leonid Brezjnef
 - 1982–1984 Joeri Andropof
 - 1914–1985 Konstantin Tsjernenko
 - 1985–1991 Michail Gorbatsjof
Wetgewer Hoogste Sowjet
Historiese tydperk 20ste eeu
 - Stigting 30 Desember 1922
 - Ontbinding 26 Desember 1991
Oppervlakte
 - 1991 22 402 200 km2
8 649 538 sq mi
Bevolking
 - 1991 skatting 293 047 571 
     Digtheid 13,1 /km² 
33,9 /sq mi
Geldeenheid Russiese roebel
Voorafgegaan deur
Opgevolg deur
Flag of the Russian Soviet Federative Socialist Republic (1918–1937).svg Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek
Flag of the Transcaucasian SFSR.svg Transkaukasiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek
Flag of the Ukrainian Soviet Socialist Republic (1929-1937).svg Oekraïense Sosialistiese Sowjetrepubliek
Flag of the Byelorussian Soviet Socialist Republic (1919-1927).svg Wit-Russiese Sosialistiese Sowjetrepubliek
Armenië Flag of Armenia.svg
Azerbeidjan Flag of Azerbaijan.svg
Estland Flag of Estonia.svg
Georgië Flag of Georgia (1990–2004).svg
Kasakstan Flag of Kazakhstan.svg

Die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke (USSR) (Сою́з Сове́тских Социалисти́ческих Респу́блик (СССР), Sojoez Sowjetskich Sotsialistitsjeskich Respoeblik (SSSR)), ook genoem Sowjetunie (Сове́тский Сою́з, Sowjetski Sojoez), was 'n staat in Noord-Eurasië wat bestaan het vanaf 1922 tot 1991. Die lys van republieke in die Sowjetunie het in hierdie tyd gewissel. Gedurende die laaste jare van sy bestaan het die Sowjetunie 15 Sosialistiese Sowjetrepublieke (SSR'e) gehad. Rusland was die grootste republiek in die Sowjetunie en het dit in amper alle opsigte oorheers: oppervlakte, bevolking, ekonomie en politieke invloed. Die gebied van die Sowjetunie het ook heelwat gewissel en in die laaste jare was dit ongeveer dieselfde as die voormalige Russiese Ryk, met die uitsondering van Pole en Finland.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die Sowjetunie was die opvolgerstaat van die Russiese Ryk, maar was kleiner as gevolg van die onafhanklikheid van Pole, Finland en die Baltiese lande. Volgens 'n beleid van Lenin het hierdie besette gebiede van Keiserlike Rusland onafhanklikheid verkry en 'n groot aantal ander gebiede het ook wye outonomie verkry. Van die stigting van die Sowjetunie af was die regering gebaseer op die eenpartyheerskappy van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie.

Gedurende 1938 tot 1940 het die Sowjetunie Estland, Letland, Litaue, sekere gebiede van Finland, Pole, Roemenië, Mongolië en Hongarye beset. Onder die aanvoering van Josef Stalin het die Sowjetunie ná die Tweede Wêreldoorlog 'n groot wêreldmag geword. Politieke konfrontasie tussen die Sowjetunie en die Verenigde State het 'n aantal jare geheers en staan bekend as die Koue Oorlog.

In 1991 het die Sowjetunie verbrokkel ná 'n mislukte staatsgreep deur die militêre leiers wat ontsteld was met die rigting waarin President Gorbatsjof die land gelei het.

Leiers van die Sowjetunie, in chronologiese orde:

  1. Wladimir Lenin (1917–1924)
  2. Josef Stalin (1924–1953)
  3. Nikita Chroesjtsjof (1953–1964)
  4. Leonid Brezjnef (1964–1982)
  5. Joeri Andropof (1982–1984)
  6. Konstantin Tsjernenko (1984–1985)
  7. Michail Gorbatsjof (1985–1991)

Republieke[wysig | wysig bron]

Sowjetrepublieke Onafhanklike state

Geografie[wysig | wysig bron]

Die Sowjetunie het uit die 15 republieke hierbo bestaan, met 'n totale oppervlakte van 22 402 200 vk. km.

Ekonomie[wysig | wysig bron]

Die Sowjetunie was die eerste land wat sy ekonomie geskoei het op kommunistiese beginsels waardeur die staat al die produksie beheer het.

Demografie[wysig | wysig bron]

Die Sowjetunie was een van die wêreld se etnies mees uiteenlopende lande, met meer as 100 nasionale etniese groepe wat binne die grense geleef het. Die totale bevolking is in 1991 op 293 miljoen geskat.

Kultuur[wysig | wysig bron]

Vakansiedae
Datum Afrikaanse naam Plaaslike naam Opmerkings
1 Januarie Nuwejaarsdag Новый Год  
7 Januarie Oosters-ortodokse Kersfees Православное Рождество  
23 Februarie Sowjet-weermag se dag День Советской Армии и Военно-Морского Флота Februarie-rewolusie, 1917,

Vorming van die Rooi Leër, 1918

8 Maart Internasionale Vrouedag Международный Женский День  
1 Mei Internasionale Werkersdag Первое Мая - День Солидарности Трудящихся  
9 Mei Oorwinningsdag День Победы Oorgawe van Nazi-Duitsland, 1945
7 November8 November Oktober-rewolusie Седьмое Ноября 1917; tans genoem День Примирения

Sport[wysig | wysig bron]

In sport was die Sowjetse nasionale sokkerspan een van die die sterkste mededingende spanne en het sewe keer aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem en een keer die vierde plek bereik (in 1966). Vir die UEFA Europa-beker kon die Sowjetunie ses keer kwalifiseer en het die eerste toernooi ooit, in 1960, gewen. Tydens die Olimpiese Somerspele 1956 in Melbourne kon die Sowjetse nasionale sokkerspan die goudmedalje verower. Moskou, die destydse hoofstad van die Sowjetunie en die Russiese SFSR, het die Olimpiese Somerspele 1980 gehuisves, wat deur talle, veral Westerse lande geboikot is.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]