Namibië
| |||||
Nasionale leuse: Unity, Liberty, Justice (Engels vir: "Eenheid, Vryheid, Geregtigheid") | |||||
Volkslied: Namibia, Land of the Brave (Engels vir: "Namibië, Land van die Dapper") | |||||
Hoofstad | Windhoek | ||||
Grootste stad | Windhoek | ||||
Amptelike tale | Engelsa Nasionale tale: Afrikaans (lingua franca), Duits, Kwangali, Lozi, Tswana, Nama, Herero, Oshiwambo | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek[9][10] Hage Geingob Nangolo Mbumba Saara Kuugongelwa Netumbo Nandi-Ndaitwah | ||||
Onafhanklikheid • Huidige grondwet
• Erken |
van Suid-Afrika 9 Februarie 1990 21 Maart 1990 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
825 615 km2 (34ste) 318 772 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - Maart 2019-skatting - 2017-sensus - Digtheid |
2 673 158[11] (142ste) 2 606 971[12] 3,2 / km2 (235ste) 8,3 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
MOI (2017) | 0,647[14] (129ste) – medium | ||||
Gini (2015) | 59,1[15] – hoog | ||||
Geldeenheid | Dollar (NAD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
SAT (UTC+2) nie toegepas nie (UTC+2) | ||||
Internet-TLD | .na | ||||
Skakelkode | +264 | ||||
aDuits en Afrikaans was ook amptelike tale tot onafhanklikheid in 1990. Die meerderheid van die bevolking praat Afrikaans as ’n tweede taal, terwyl Oshiwambo die moedertaal van die helfte van die bevolking is. Duits is die moedertaal van sowat 32% van die blanke inwoners, terwyl net 3,4% Engels as huistaal praat.[16] |
Namibië (Duits: Namibia, [naˈmiːbi̯a]; Engels: Namibia, [nəˈmɪbiə], [næˈmɪbiə], luister (hulp·inligting)), amptelik die Republiek van Namibië (Engels: Republic of Namibia; Duits: Republik Namibia, luister (hulp·inligting)), is ’n republiek in Suider-Afrika waarvan die westelike grens die Atlantiese Oseaan is. Die land grens ook aan Angola en Zambië in die noorde, Botswana in die ooste en Suid-Afrika in die ooste en suide. Hoewel dit nie aan Zimbabwe grens nie, is Namibië deur 200 m van die Zambezirivier se rivierbedding van Zimbabwe geskei (dit is waar die grens met Zambië en Botswana is). Volgens ander menings ontmoet die grense van die vier lande Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe op een enkele punt en sal vervolgens die enigste internasionale vierlandepunt wêreldwyd vorm.[17] Namibië land het op 21 Maart 1990 onafhanklikheid van Suid-Afrika gekry na afloop van die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog. Die hoofstad en grootste stad is Windhoek. Namibië is ’n lidland van die Afrika-unie, Gemeenskaplike Monetêre Gebied, Suider-Afrikaanse Doeane-unie, Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, Britse Statebond en die Verenigde Nasies. Namibië geniet ’n hoë politieke, ekonomiese en sosiale stabiliteit.[18]
Die naam "Namibië" is afgelei van die Namibwoestyn, wat die hele kusgebied van dié land beslaan. Dit is as ’n neutrale naam ná dié land se onafhanklikheid gekies om ’n moontlike benadeling van een van die Namibiese volke te voorkom. Mburumba Karina word as Namibië se naamgewer beskou.[19]
Namibië is die droogste land in Afrika suid van die Sahara[20] en is sedert die vroegste tye deur Boesmans, Damaras en Namas bewoon. Omtrent die 14de eeu n.C. het immigrerende Bantoes tydens die Bantoemigrasie die gebied bereik. Sedertdien vorm die Bantoegroepe, waarvan die Ovambo's die grootste is, die dominante bevolkingsgroep en sedert die laat 19de eeu vorm hulle die bevolkingsmeerderheid.
In 1878 het die Britse Kaapkolonie die hawe van Walvisbaai en die aflandige Pikkewyn-eilande geannekseer; met die stigting van die Unie van Suid-Afrika in 1910 het hulle ’n integrale deel van dié unie geword. In 1884 het die grootste deel van Namibië as Duits-Suidwes-Afrika ’n protektoraat (Schutzgebiet) van die Duitse Keiserryk geword. Die Duitsers het met die ontwikkeling van die infrastruktuur en landbou begin. Dit het en ’n Duitse kolonie gebly tot aan die einde van die Eerste Wêreldoorlog, nadat die Duitse troepe tydens die Suidwes-Afrika-veldtog in 1915 deur die Suid-Afrikaanse Leër verslaan is. In 1920 het die Volkebond die mandaat aan die Verenigde Koninkryk onder die administrasie van Suid-Afrika oorgedra. Vervolgens het Suid-Afrika sy wette, insluitende die rasseklassifikasies en reëls, Suidwes-Afrika opgelê. Vanaf 1948, toe die Nasionale Party tydens die algemene verkiesing van 1948 ’n meerderheid behaal het, het Suid-Afrika sy Apartheidswette ook op die destydse Suidwes-Afrika toegepas.
In die laat 20ste eeu het opstande en eise deur Afrikaleiers wat vir die Namibiese onafhanklikheid gepleit het, daartoe gelei dat die Verenigde Nasies in 1966 direkte verantwoordelikheid vir die gebied aanvaar het, maar Suidwes-Afrika het de facto onder Suid-Afrikaanse gesag gebly. Die VN het in 1973 SWAPO as die amptelike verteenwoordiger van die Namibiërs erken; dié party is deur die Ovambo's oorheers, wat die grootste deel van die bevolking vorm. Na interne konflikte het Suid-Afrika in 1985 ’n tussentydse administrasie in Namibië ingestel. Namibië het in 1990 volle onafhanklikheid van Suid-Afrika verkry, met die uitsondering van Walvisbaai en die Pikkewyn-eilande wat tot 1994 onder Suid-Afrikaanse beheer gebly het.
Namibië het ’n bevolking van 2,6 miljoen en is ’n parlementêre demokrasie met ’n veelpartystelsel. Landbou, veeteelt, toerisme en mynbou – insluitend die myn van diamante, uraan, goud, silwer en onedele metale – vorm die ruggraat van die Namibiese ekonomie. Gegewe die teenwoordigheid van die onherbergsame Namibwoestyn is Namibië een van die ylbevolkste lande ter wêreld. Ongeveer die helfte van die bevolking leef onder die internasionale broodlyn en die land is swaar getref deur die Vigs-epidemie met 15% van die volwasse bevolking wat teen 2007 besmet was.
Inhoud
Etimologie[wysig | wysig bron]
Die landsnaam is afgelei van die Namibwoestyn, die oudste woestyn in die wêreld.[21] Die naam Namib is op sigself van Nama-oorsprong en beteken "groot plek". Voor sy onafhanklikheid in 1990 was die gebied bekend as Duits-Suidwes-Afrika (Deutsch-Südwestafrika) en daarna as Suidwes-Afrika. Dit weerspieël die koloniale besetting van Duitsland en die Suid-Afrikaanse regering namens die Britse kroon (as gevolg van Suid-Afrika se dominiumstatus binne die Britse Ryk).
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Pre-koloniale era[wysig | wysig bron]
Die droë gebiede van Namibië is sedert die vroegste tye bewoon deur Boesmans, Damaras en Namas en sedert ongeveer die 14de eeu deur immigrerende Bantoes wat met die Bantoemigrasie uit sentraal Afrika gekom het. Van die laat 18de eeu en daarna het Oorlamstamme vanuit die Kaapkolonie die Oranjerivier oorgesteek en hulle in die area wat vandag suidelike Namibië is, gevestig.[22] Hulle ontmoetinge met die nomadiese Namastamme was oorwegend vreedsaam. Die sendelinge wat saam met die Oorlams getrek het, is goed ontvang deur die Namas[23] en die reg om watergate en weiding te gebruik is teen ’n jaarlikse fooi toegestaan.[24] Op hul pad noordwaarts het die Oorlams ontmoetings met segmente van die Hererostam by Windhoek, Gobabis en Okahandja gehad wat nie so akkommoderend was nie. Die Nama-Herero-oorlog het in 1880 uitgebreek met vyandighede wat eers afgeneem het nadat die Duitse Keiserryk troepe ontplooi het in die betwiste gebiede. Hulle het die status quo tussen die Namas, Oorlams en Herero's gehandhaaf.[25]
Die eerste Europeërs wat voet aan wal gesit en die gebied verken het was die Portugese seevaarder Diogo Cão in 1485 en Bartolomeus Dias in 1486; die gebied is egter nie deur die Portugese kroon beset nie. Soos die grootste deel van Afrika suid van die Sahara, is Namibië nie omvangryk verken deur Europeërs tot die 19de eeu nie, toe handelaars en setlaars, hoofsaaklik vanuit Duitsland en Swede, daar aangekom het. In die laat 19de eeu het die Dorslandtrekkers die gebied oorgesteek op pad van die Zuid-Afrikaansche Republiek na Angola. Van die Trekkers het in Namibië agtergebly in plaas daarvan om die tog na Angola te voltooi. Andere het na Namibië teruggekeer nadat Angola deur die Portugese hulle tot die katolisisme probeer bekeer het en die gebruik van hul taal in skole verbied het.[26]
Duitse bewind[wysig | wysig bron]
- Die hoofartikels vir hierdie afdeling is: Duits-Suidwes-Afrika en Suidwes-Afrika-veldtog.
Namibië het in 1884 onder Otto von Bismarck ’n Duitse kolonie geword om Britse besetting te voorkom en het bekend gestaan as Duits-Suidwes-Afrika (Deutsch-Südwestafrika); in die omgangstaal is hierdie benaming dikwels afgekort tot Deutsch-Südwest ("Duits-Suidwes").[27] Die Palgrave-sendingstasie van die Britse Goewerneur het bepaal dat slegs die natuurlike diepwaterhawe van Walvisbaai die moeite werd was om te beset – dit is vir die Brittanje deur die Kaapkolonie beset.
Van 1904 tot 1907 het die Herero's en die Namakwas die wapen teen die Duitsers opgeneem en in die gevolglike opstand het 10 000 Namas (ongeveer die helfte van die bevolking) en naastenby 65 000 Herero's (ongeveer 80% van die bevolking) omgekom.[28][29] Nadat die oorlewendes uit aanhouding vrygelaat is, is hulle onderwerp aan onteiening, deportasie, gedwonge arbeid en segregasie.
Die meeste Afrikane is beperk tot sogenaamde inboorlinggebiede wat later onder Suid-Afrikaanse regering tot Bantoestans verklaar is. Sommige historici gaan selfs sover as om te spekuleer dat die volksmoord in Namibië as model deur die Nazi’s in die sjoa[30] maar die meeste geleerdes meen dat dit nie werklik ’n invloed op die Nazi’s, wat in daardie tyd kinders was, gehad het nie. Die vader van Hermann Göring, Heinrich Göring, was wel op sy dag ’n koloniale goewerneur in Namibië en ’n straat in Swakopmund is na hom vernoem.[31] Die gedagte van die volksmoord bly relevant tot die etniese identiteit in onafhanklike Namibië en tot verhoudinge met Duitsland.[32] Die Duitse regering het vir die Namibiese volksmoord in 2004 formeel om verskoning gevra.[33]
Suid-Afrikaanse bewind en die stryd om onafhanklikheid[wysig | wysig bron]
- Die hoofartikels vir hierdie afdeling is: Suidwes-Afrika en Namibiese Onafhanklikheidsoorlog.
Suid-Afrika het die kolonie in 1915 beset nadat die Duitse magte in die Eerste Wêreldoorlog verslaan is. Dit is as ’n mandaatgebied van die Volkebond vanaf 1919 geadministreer. Hoewel die Suid-Afrikaanse regering Suidwes in sy eie gebied wou inkorporeer, het dit nooit amptelik gebeur nie maar dit is deurgaans as die de facto ‘vyfde provinsie’ bestuur met die bevolking van Namibië wat verteenwoordiging in die Parlement van Suid-Afrika geniet het. Hulle het ook hul eie administrasie en Wetgewende Vergadering gekies. Die Suid-Afrikaanse regering het ’n administrateur vir SWA aangestel wat uitgebreide magte gehad het.
Na die Volkebond se tersydestelling en die ontstaan van die Verenigde Nasies in 1946 het Suid-Afrika geweier dat sy vroeëre mandaat deur ’n Trusteeskap van die Verenigde Nasies vervang moet word (wat nadere internasionale monitering van die gebied se administrasie saam met ’n definitiewe onafhenklikheidskedule vereis het). Die Herero's se Raad van Hoofmanne het ’n aantal petisies by die VN ingedien om te vra vir Namibië se onafhanklikheid gedurende die 1950’s. Gedurende die 1960’s, toe Europese moondhede onafhanklikheid aan hul kolonies en trustgebiede begin gee het, het die druk op Suid-Afrika begin toeneem om dieselfde met Namibië te doen. In 1966 het die Internasionale Geregshof ’n klag teen Suid-Afrika se volgehoue teenwoordigheid in die gebied van Ethiopië en Liberië van die hand gewys maar die VN se Algemene Vergadering het uiteindelik Suid-Afrika se mandaat teruggetrek. In 1971 het die Internasionale Geregshof ’n “adviserende mening” uitgebring waarin verklaar is dat Suid-Afrika se volgehoue administrasie van die gebied onwettig is.[34]
In reaksie op die 1966-beslissing deur die Internasionale Geregshof het SWAPO se militêre vleuel, Volksbevrydingsleër van Namibië (PLAN), ’n guerrilla-oorlog begin voer in die stryd om onafhanklikheid[35] maar dit was eers in 1988 wat Suid-Afrika ingestem het om die besetting van Namibië op te hef,[36] in ooreenstemming met ’n VN-vredesplan vir die hele gebied. Buite die sentraal-suidelike gebied van Namibië (bekend as die “Polisie-sone” sedert die Duitse era en waar die hoof dorpe, industrieë, myne en landbougrond was) is die land opgedeel in “tuislande‘, soortgelyk aan die Suid-Afrikaanse Bantoestans maar die Swart bevolking het nie hul samewerking gegee nie.
Na baie onsuksesvolle pogings deur die VN om Suid-Afrika te oorreed om in te stem tot die VN-besluit 435 te implementeer, wat in 1978 deur die VN se Veiligheidsraad aanvaar is as die internasionaal-ooreengekome dekoloniseringsplan vir Namibië. In 1988 het die oorgang na onafhanklikheid begin onder ’n drieledige diplomatieke ooreenkoms tussen Suid-Afrika, Angola en Kuba, met die VSA en die USSR as waarnemers, waaronder Suid-Afrika ingestem het om uit die gebied te onttrek en sy troepe te demobiliseer en Kuba ingestem het om sy troepe vanuit suid-Angola, wat gestuur is om die MPLA te ondersteun in sy stryd om Angola teen UNITA. ’n Gekombineerde VN Burgerlike en vredesmag onder die Finse diplomaat Martti Ahtisaari het toesig gehou oor die militêre onttrekkings, die terugkeer van SWAPO-bannelinge en die hou van Namibië se eerste verkiesing vir ’n grondwetlike vergadering in Oktober 1989. SWAPO het gewen maar nie hul eie verwagting van ’n twee-derde meerderheid gekry nie; die Suid-Afrikaans gesteunde Demokratiese Turnhalle-alliansie (DTA) het die amptelike opposisie geword.
Na die aanvaarding van die Namibiese grondwet, wat beskerming van menseregte, vergoeding vir staatsonteienings van privaat eiendom, ’n onafhanklike regbank en ’n uitvoerende presidensie (die grondwetgewende vergadering het die nasionale vergadering geword), ingesluit het, het Namibië op 21 Maart 1990 amptelik onafhanklik geword. Sam Nujoma is ingesweer as die eerste President van Namibië met verteenwoordigers van 147 lande, insluitend 20 staatshoofde, wat die plegtigheid bygewoon het.[37] Dié seremonie is ook deur die Suid-Afrikaanse Nelson Mandela, wat die vorige maand uit die tronk vrygelaat is, bygewoon. Na die einde van Apartheid in 1994 is die Walvisbaai en die Pikkewyn-eilande deur Suid-Afrika aan Namibië afgestaan.[38]
Na onafhanklikheid[wysig | wysig bron]
Veelpartydemokrasie is ingestel en is volhou, ten spyte daarvan dat SWAPO telkens die verkiesings met ’n oorweldigende meerderheid wen, en verkiesings word gereeld op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak gehou. Verskeie geregistreerde politieke partye is aktief en word in die Nasionale Vergadering verteenwoordig.[39] Die oorgang van die 15 jaarbewind van president Nujoma na sy opvolger Hifikepunye Pohamba op 21 Maart 2005 het glad verloop.[40] Pohamba is op 21 Maart 2015, Namibië se 25ste onafhanklikheidsdag, deur Hage Geingob opgevolg.
Die Namibiese regering het ’n beleid van nasionale versoening bevorder en amnestie gegee aan mense wat aan beide kante van die oorlog geveg het. Die burgeroorlog in Angola het ’n beperkte impak gehad op Namibiërs wat in die noorde van die land woon. In 1998 het die Namibiese Weermagtroepe na die Demokratiese Republiek van die Kongo gestuur as deel van ’n Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-kontingent. In Augustus 1999 is ’n poging tot afskeiding in die noordoostelike Kaprivistrook suksesvol onderdruk.[40] Die Kaprivikonflik is deur die Caprivi Liberation Army (CLA), ’n rebelgroep onder leiding van Mishake Muyongo, geïnisieer. Dit wou hê dat die Kaprivistrook ten einde van sy eie samelewing van Namibië moet skei.
’n Langlopende geskil oor die suidelike grens van Namibië se Kaprivistrook met Botswana was die onderwerp van ’n uitspraak deur die Internasionale Geregshof in Desember 1999. Die hof het beslis dat die Kasikili-eiland aan Botswana behoort.[41]
Politiek en regering[wysig | wysig bron]
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Politiek van Namibië.
Die Namibiese politiek vind plaas in die raamwerk van ’n presidensiële verteenwoordigende demokratiese republiek waar die president van Namibië vir ’n vyf-jaar termyn verkies word en die staatshoof asook die hoof van die regering is.[42]
Die Grondwet van Namibië waarborg die skeiding van magte:[43]
- Uitvoerende mag word deur die president en die Namibiese kabinet uitgevier.
- Wetgewende mag: Namibië het ’n tweekamerstelselparlement met die Nasionale Vergadering as laerhuis en die Nasionale Raad as die hoërhuis.
- Regbank: Namibië het ’n hofstelsel wat die reg in die naam van die staat interpreteer en toepas.
Hoewel die grondwet ’n veelpartystelsel beoog vir Namibië se regering beoog het, lyk dit meer na ’n eenpartystaat met SWAPO wat sedert 1990 elke verkiesing gedomineer het.[44] Die mees onlangse verkiesing, die vyfde sedert onafhanklikheid, is op 28 November 2014 gehou. Die volgende verkiesing is vir November 2019 beplan.
Buitelandse verhoudinge[wysig | wysig bron]
Namibië volg ’n grootliks onafhanklike buitelandse beleid met voortslepende affiliasies met state wat bygestaan het in die stryd om onafhanklikheid, insluitend Libië, Kuba en die Volksrepubliek China. Met ’n klein weermag en ’n swak ekonomie was die Namibiese regering se vernaamste buitelandse beleid gemoeid met die ontwikkeling van sterker bande met die ander lande in Suider-Afrika. As ’n dinamiese lid van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is Namibië ’n uitgesproke voorstander vir groter streeksintegrasie. Namibië het op 23 April 1990 die 160ste lid van die Verenigde Nasies geword. Dit het ook met onafhanklikheid die vyftiende lid van die Britse Statebond geword.[45]
Weermag[wysig | wysig bron]
Namibië het geen vyande in sy onmiddellike omgewing nie maar spandeer gedurig meer geld op sy weermag as ander lande in Suider-Afrika (behalwe vir Angola). Militêre uitgawes het toegeneem van 2,7% van die BBP in 2000 tot 3,7% van BBP in 2009 en die koms van 12 Chengdu F-7 Airguard-stralers in 2006 en 2008 het Namibië vir ’n kort rukkie die grootste wapeninvoerder in Afrika suid van die Sahara gemaak.[46]
Die Namibiese grondwet beskryf die rol van die weermag as die “verdediging van die gebied en nasionale belange”. Namibië het die Namibiese Weermag (NW) gestig wat uit voormalige vyande in die 23-jarige bosoorlog bestaan: die Volksbevrydingsleër van Namibië (PLAN) en die Suidwes-Afrikaanse Gebiedsmag (SWAGM). Brittanje het die plan vir die integrasie van hierdie magte opgestel en met opleiding van die NW begin. Die NW bestaan uit ’n klein hoofkantoor en vyf bataljons.
Die Verenigde Nasies se Oorgangshulpgroep (UNTAG)se Keniaanse infanteriebataljon het vir drie maande na die verkryging van onafhanklikheid in Namibië gebly om te help om die NW op te lei en om die noorde van die land te stabiliseer. Volgens die Namibiese Ministerie van Verdediging sal daar nie meer as 7 500 weermaglede (manlik en vroulik ingesluit) wees nie.
Geografie en klimaat[wysig | wysig bron]
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Geografie van Namibië.
Met ’n grootte van 825 615 km²[47] is Namibië die vier-en-dertigste grootste land (net na Venezuela) in die wêreld. Dit lê tussen 17°en 29° suiderbreedte (’n klein area is noord van 17°) en 11° en 26° oosterlengte.
In geologiese opsig word Namibië as een van die oudste dele van die Afrika-vasteland beskou. Lank voordat die reusevasteland Gondwanaland ontstaan het, het in die gebied van die huidige Afrika twee plato’s gevorm – die Kongo- en die Kalahari-Kraton. Die laasgenoemde beslaan groot dele van die huidige Namibië.
Die vastelandgebied van Gondwana, wat destyds dele van Afrika, Suid-Amerika, Australië, Indië en Antarktika bevat het, het eers sowat 550 miljoen jaar gelede as gevolg van tektoniese prosesse ontstaan. Sowat 150 miljoen jaar gelede het Gondwana uitmekaar gebreek, om sodoende die huidige vastelande te vorm.
Namibië se klimaattoestande het oor ’n lang tydperk feitlik onveranderd gebly, en baie geologiese strukture, prosesse en verskynsels is tot vandag toe baie goed bewaar. Een van die bekendste voorbeelde is die Namibwoestyn, wat as die oudste ter wêreld beskou word.
Administratiewe streke[wysig | wysig bron]
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Streke van Namibië.
Namibië is opgedeel in 14 streke en onderverdeel in 121 kiesafdelings. Die administratiewe streke van Namibië word deur die Afbakeningskomitee ter tafel gelê en aanvaar of verwerp deur die Nasionale Vergadering. Sedert die stigting van die staat was daar reeds drie Afbakeningskomitees, met die mees onlangse een in 2013 onder leiding van regter Alfred Siboleka.[48]
Streeksraadslede word direk verkies deur ’n geheime stemming (in streeksverkiesings) deur die inwoners van hul kiesafdelings.[49]
Plaaslike owerhede in Namibië kan in die vorm van munisipaliteite (hetsy deel 1 of deel 2 munisipaliteite), stadsrade of dorpe wees.[50]
Geografiese streke[wysig | wysig bron]
Die Namibiese landskap bestaan algemeen uit vyf geografiese streke, elk met sy eie unieke abiotiese faktore en plantegroei met sommige variasie in en oorvleueling tussen die streke: die Sentrale Plato, die Namibwoestyn, die Groot Platorand, die Bosveld en die Kalahari.
Sentrale plato[wysig | wysig bron]
Die Sentrale Plato lê van noord na suid en word begrens deur die Skedelkus na die noordweste, die Namibwoestyn en sy kusvlaktes na die suidweste, die Oranjerivier na die suide en die Kalahari na die ooste. Die hoogste punt in Namibië, die Brandberg (2 606 m) is in die Sentrale Plato.[51] Binne die wye plat Sentrale Plato is die meerderheid van Namibië se bevolking en ekonomiese aktiwiteit. Windhoek, die hoofstad, is hier geleë asook. Die beste landbougrond is ook in hierdie gebied. Hoewel landbougrond slegs 1% van die land se oppervlak uitmaak word ongeveer die helfte van die land se bevolking deur landbou in diens geneem.[52]
Die abiotiese faktore in die plato is naastenby dieselfde as op die platorand maar die topografiese kompleksiteit is egter verminder. Somertemperature kan so hoog as 40 °C word en ryp is algemeen in die winter.
Namibwoestyn[wysig | wysig bron]
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Namibwoestyn.
Die Namibwoestyn is ’n wye uitspansel van hiperonvrugbare gruisvlaktes en duine wat langs die hele Namibiese kuslyn strek. Dit wissel van 100 tot honderde kilometer in breedte. Areas in die Namib sluit die Skedelkus en die Kaokoveld in die noorde in asook die uitgebreide Namib Sandsee langs die sentrale kus.[53] Die sand waaruit die sandsee bestaan ontstaan uit ’n erosieproses wat in die Oranjeriviervallei in die suide plaasvind. Soos wat sandbelaaide water hul swewende belastings in die Atlantiese Oseaan laat uitspoel, word dit weer op land uitgespoel deur seestrome. Die heersende suidwestelike winde tel dit dan op en plaas dit in die vorm van reuse sandduine in die wydverspreide sandsee. So word die grootste sandduine in die wêreld gevorm. In areas waar die sandaanvoer afgeneem het weens die onvermoë van die sand om rivierbeddings oor te steek, skuur die wind die land om groot gruisvlaktes te vorm. In baie areas van die Namibwoestyn is daar bitter min plantegroei behalwe vir korsmosse wat in die gruisvlaktes en opgedroogte rivierbeddings gevind word waar plante toegang het tot ondergrondse water.
Groot Platorand[wysig | wysig bron]
Die Groot Platorand styg tot meer as 2 000 m. Gemiddelde temperature neem toe hoe verder ’n mens van die koue Atlantiese waters beweeg terwyl die talmende kusmis stadig afneem. Hoewel die streek rotserig is met swak ontwikkelde grond, is dit nietemin aansienlik meer produktief as die Namibwoestyn. Soos somerwinde oor die platorand geforseer word, word vog as neerslag onttrek.[54] Die water, saam met die vinnig veranderende topografie, is verantwoordelik vir die voortbringing van mikrohabitatte wat ’n wye verskeidenheid organismes huisves waarvan baie endemies is. Plantegroei op die platorand wissel in vorm en digtheid met gemeenskapstrukture wat wissel van digte bosse na meer struikagtige gebiede en verspreide bome. ’n Aantal Acacia-spesies word hier aangetref asook grasse en ander struikagtige plante.
Bosveld[wysig | wysig bron]
Die Bosveld is in die noordooste van die land langs die grens met Angola en in die Kaprivistrook, wat die oorblyfsel is van ’n nou gang is waardeur die Duitse Keiserryk die Zambezirivier bereik het, aangetref. Die area kry aansienlik meer reën as die res van die land met ’n gemiddeld van ongeveer 400 mm per jaar. Temperature is ook koeler en meer gematig, met benaderde seisoenvariasies van tussen 10 °C en 30 °C. Die gebied is oor die algemeen plat en die grond is sanderig sodat dit nie goed water hou nie.[55] Reg langs die Bosveld in noord-sentraal Namibië is een van die natuur se groot wonderwerke: die Etoshapan. Dit is vir die grootste gedeelte van die jaar ’n droë, sout woesteny maar gedurende die nat seisoen vorm daar ’n vlak meer wat oor meer as 6 000 km² strek. Die area is van ekologiese belang vir die groot getalle voëls en diere van die omliggende savanne wat deur droogte na die watergate om die meer gedwing word. Die bosveldstreek is deur die Wêreld Wildlewefonds afgebaken as deel van die Angola Mopane-boomveld ekogebied wat tot noord verby die Kunenerivier tot in Angola strek.
Kalahari[wysig | wysig bron]
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Kalahari.
Die Kalahari is waarskynlik Namibië se bekendste geografiese kenmerk. Dit word gedeel met Suid-Afrika en Botswana en het ’n verskeidenheid van gelokaliseerde omgewings wat wissel van hiperonvrugbare sanderige woestyn tot areas wat nie in die algemene beskrywing van woestyn inpas nie. Een van hierdie areas, bekend as die Sukkulente Karoo, is die tuiste van meer as 5 000 plantspesies waarvan meer as die helfte endemies is; een derde van die wêreld se vetplante word in die Karoo aangetref.
Die rede vir hierdie hoë produktiwiteit en endemisiteit is waarskynlik die relatief stabiele aard van neerslag.[56] Die Karoo ervaar nie op ’n gereelde basis droogte nie, en alhoewel die gebied tegnies woestyn is, bied gereelde winterreën genoeg vog om die gebied se interessante plantgemeenskap te onderhou. ’n Ander eienskap van die Kalahari en ook ander gebiede van Namibië, is koppe, geïsoleerde bergies wat mikroklimate en -habitatte vir organismes skep wat nie aangepas is om in die omliggende woestyngebied te oorleef nie.
Kuswoestyn[wysig | wysig bron]
Namibië se kuswoestyne is een van die oudste woestyne ter wêreld. Die sandduine, wat geskep is deur sterk landwaartse winde, is die hoogste in die wêreld.[57]
Die Namibwoestyn en die Namib-Naukluft Nasionale Park is hier geleë. Die Namibiese kuswoestyne is een van die rykste diamantvelde ter wêreld. Die area is opgedeel in die noordelike Skedelkus en die suidelike Diamantkus. Weens die ligging van die kuslyn – op die punt waar die koue water van die Atlantiese Oseaan by Afrika uitkom – is daar dikwels baie digte mis.[58]
54% van die kuslyn is sanderige strande, 28% is sand en rots deurmekaar en 16% is slegs rotsagtig. Die kusvlaktes is “duinevelde” met korsmosse en ’n paar verspreide soutpanne. Naby die kus is daar gebiede waar die duine met plante bedek is.[59] Namibië is ryk aan kus- en seehulpbronne wat grootliks onverken is.[60]
Weer en klimaat[wysig | wysig bron]
Namibië is geleë in die subtropiese hoëdrukgordel en neem af van sub-vogtig (gemiddelde neerslag hoër as 500 mm), na halfdroog (tussen 300 mm en 500 mm met die grootste gedeelte van die Kalahari wat in Namibië val) na onvrugbaar (tussen 150 mm en 300 mm). Hierdie drie klimaatstreke is landwaarts van die westelike platorand na die hiper-droë kusvlakte waar die neerslag minder as 100 mm gemiddeld is. Veranderlikheid in reënval en temperatuur is die kenmerk van die onvrugbare klimaat. Reënvalgemiddeldes wissel van minder as 100 mm per jaar oor die lengte van die Namibwoestyn tot 700 mm per jaar vir Katima Mulilo en die oostelike punt van die Sambesi; veranderlikheid wissel van geen reënval na soveel as 800 mm en meer in ’n oorvloedige seisoen. Hoewel die kern van die reënvalseisoen – Januarie tot Maart – ongeveer 70% van die algehele reën kry word dit tot soveel as 95% wanneer November, Desember en April bygereken word. Reën is egter nie beperk tot hierdie maande nie. Dit is slegs in die Kawango en die Kaprivistrook se reënvalstasies waar die maandelikse minimum ten minste een reëndag het. Die verre-suidweste, vernaam by Rosh Pinah se stasie is die swaarste reënval kwalik meer as 10 mm in een dag. Winterreëns is voorspelbaar in die Karas en Hardap-streke en bied vogtigheid vir die omgewing.
Die subtropiese hoëdrukgordel het gewoonlik wolklose dae en daar is meer as 300 sonskyndae per jaar. Dit is geleë aan die duidelike rand van die trope; die Steenbokskeerkring loop naastenby in die middel van die land deur. Die winter is gewoonlik droog met reënval wat normaalweg in die somer plaasvind. Die klein reënseisoen is tussen September en November en die groot reënseisoen is tussen Februarie en April.[61] Humiditeit is laag en die gemiddelde reënval wissel van amper geen in die kuswoestyn tot meer as 600 mm in die Kaprivistrook. Reënval is egter hoogs veranderlik en droogtes is algemeen.[62]
Weer en klimaat in die kusgebied word oorheers deur die koue, noordvloeiende Benguela-stroom van die Atlantiese Oseaan wat verantwoordelik is vir ’n baie lae neerslag (gemiddeld 50 mm of minder per jaar), gereelde digte mis en algemeen laer temperature as in die res van die land.[62] In die winter kom bergwinde of oosweer soms voor. Dit is ’n warm droë wind wat van die binneland na die kus waai. Aangesien die area agter die kus woestyn is kan hierdie winde in sandstorms ontwikkel, soveel so dat sandstortings in die Atlantiese Oseaan op satellietbeelde sigbaar is.[63]
Die Sentrale Plato en Kalahari het wye daaglikse temperatuurvariasies van soveel as 30°C.[62]
Efundja, die jaarlikse vloede in die noordelike dele van die land het dikwels skade aan infrastruktuur en lewensverlies tot gevolg.[64] Die reën wat hierdie vloede veroorsaak het hul oorsprong in Angola vanwaar dit in Namibië se Cuvelai-kom vloei en die vloedvlaktes (Oshanas in Oshiwambo) opvul. Die ergste vloede het in Maart 2011 plaasgevind en 21,000 mense moes verplaas word.[65]
Ekonomie[wysig | wysig bron]
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Ekonomie van Namibië.
Namibië se ekonomie is as gevolg van sy geskiedenis nou verbind met dié van Suid-Afrika.[66][67] Die grootste ekonomiese sektore is mynbou (10,4% van die bruto binnelandse produk in 2009), landbou (5,0%), vervaardiging (13,5%) en toerisme.[68]
Namibië het ’n hoogs ontwikkelde banksektor met moderne infrastruktuur soos aanlyn-bankwese, selfoon-bankwese ens. Die Bank van Namibië (BoN) is die sentrale bank van Namibië en is verantwoordelik vir alle pligte van ’n sentrale bank. Daar is vier gemagtigde kommersiële takke van die BoN in Namibië: Bank Windhoek, Eerste Nasionale Bank, Nedbank en Standard Bank.[69]
Namibië het ’n hoë werksloosheidskoers. “Streng werkloosheid” (mense wat aktief na werk soek) was in 2000 20,2%, in 2004 was dit 21,9% en in 2008 was dit 29,4%. Onder ’n breë definisie (insluitend mense wat opgehou soek het na werk) het werkloosheid van 36,7% in 2004 gestyg na 51,2% in 2008. Hierdie skatting ag mense in die informele werksektor as werksaam. Die Minister van Arbeid en Sosiale Welstand, Immanuel Ngatjizeko het die studie in 2008 geloof as “by verre beter in omvang en kwaliteit as enigiets wat dit vooraf gegaan het”[70] maar hierdie metodologie het kritiek ontlok.[71]
Ongeveer die helfte van die bevolking leef onder die internasionale broodlyn van VS$1,25 per dag.[72] Daar is ’n aantal wetgewende maatreëls in plek om armoede en werkloosheid te verlig. In 2004 is ’n arbeidswet afgekondig wat mense teen werksdiskriminasie op grond van hul MIV/Vigs-status beskerm. Vroeg in 2010 het die regering se tenderraad aangekondig dat “100 persent van alle ongeskoolde en halfgeskoolde arbeid voortaan sonder uitsondering vanuit Namibië bekom moet word”.[73]
Vervoer[wysig | wysig bron]
Ten spyte van die afgeleë aard van groot dele van die land, het Namibië hawens, lughawens, snelweë en spoorweë (smalspoor). Die land streef daarna om ’n middelpunt vir vervoer in die gebied te word; dit het ’n belangrike hawe en verskeie land-ingeslote bure. Die Sentrale Plato dien reeds as ’n vervoerdeurgang vir die digter bevolkte noorde van Suid-Afrika (die bron van vier vyfdes van Namibië se invoere).[52]
Landbou[wysig | wysig bron]
Ongeveer die helfte van die bevolking is van landbou afhanklik (hoofsaaklik bestaansboerdery) vir hul lewensbestaan maar Namibië moet nietemin kos invoer. Hoewel die BBP per capita vyf keer hoër is as dié van Afrika se armste lande, woon die meeste van Namibië se bevolking in landelike gebiede en voer ’n bestaansleefwyse. Namibië het een van die wêreld se hoogste koerse van inkomste-ongelykheid, deels weens die feit dat daar ’n stedelike ekonomie en ’n landelike kontantlose ekonomie is. Die ongelykheidsyfer neem dus mense in ag wat nie werklik op die formele economie steun vir hul oorlewing nie.
Omstreeks 4 000 kommersiële boere besit ongeveer die helfte van Namibië se bewerkbare grond.[74] Die regerings van Duitsland en Groot-Brittanje finansier Namibië se grondhervormingsproses en die Namibiese regering het reeds grond van blanke boere begin onteien om grondlose swart Namibiërs van grond te voorsien.[75]
Daar is ooreengekom op die privatisering van verskeie ondernemings in die hoop dat dit buitelandse belegging sal stimuleer. Herbelegging van omgewingsafgeleide kapitaal het die Namibiese per capita-inkomste egter gekniehalter.[76] Een van die vinnig groeiende areas van ekonomiese ontwikkeling in Namibië is die toename van wildbewaringsgebiede. Hierdie natuurreservate is veral belangrik vir die landelike oorwegend werklose bevolking.
’n Watervoerende laag genaamd “Ohangwena II” is ontdek wat 800 000 mense in die noorde vir 400 jaar van water kan voorsien.[77] Kundiges skat dat Namibië 7720 km³ se ondergrondse water het.[78][79]
Mynbou en elektrisiteit[wysig | wysig bron]
Mynbou is die belangrikste bydrae tot die Namibiese ekonomie en verskaf 25% van die inkomste.[80] Namibië is die vierde grootste uitvoerder van nie-brandstof minerale in Afrika en wêreld se vierde grootste produsent van uraan. Daar is ’n noemenswaardige belegging in uraan-ontginning en Namibië gaan moontlik teen 2015 die wêreld se grootste uitvoerder van uraan wees.[81] Ryk spoeldiamantvelde maak Namibië ’n primêre bron van juweelkwaliteit diamante.[82] Hoewel Namibië hoofsaaklik bekend is vir sy juweeldiamante en uraanvelde word ’n aantal ander minerale soos lood, wolfram, tin, vloeispaat, mangaan, marmer, koper en sink ontgin. Daar is aflandige gasvelde in die Atlantiese Oseaan wat waarskynlik in die toekoms ontgin gaan word.[68] Volgens Die Diamantondersoek (The Diamond Investigation), ’n boek oor die wêreldwye diamantmark sedert 1978, het De Beers, die wêreld se grootste diamantmaatskappy, die meeste van die Namibiese diamante gekoop en sal hulle voortgaan om dit te doen omdat “watter regering ookal oorneem uiteindelik die inkomste nodig sal hê om te oorleef”.[83]
Binnelandse toevoerspanning is 220V (wisselstroom). Elektrisiteit word hoofsaaklik deur termiese en hidro-elektriese kragstasies van Nampower opgewek. Nie-konvensionele metodes van elektrisiteitsopwekking speel ook ’n rol. Die Namibiese regering word deur die ryk uraanvelde aangemoedig om teen 2018 ’n kernkragstasie op te rig. Dit blyk ook of uraanverryking plaaslik gedoen gaan word.[84]
Toerisme[wysig | wysig bron]
Toerisme is ’n groot bydraer (14,5%) tot Namibië se BBP wat duisende werkgeleenthede skep (18,2% van Namibië se beroepsbevolking). Dit dien jaarliks meer as ’n miljoen toeriste op ’n direkte of indirekte wyse.[85] Die land is onder die hoofbestemmings in Afrika en is bekend vir ekotoerisme waarvan Namibië se uitgebreide wildlewe ’n kenmerk is.[86]
Daar is baie jaghuise en reservate om ekotoeriste te akkommodeer. Sportjag is ook gewild en speel ’n al hoe belangriker rol in die Namibiese ekonomie. 14% van die totale jaarlikse toerisme in 2000 (of VS$19,6 miljoen) was gewy aan sportjag deurdat baie spesies gesog is onder internasionale sportjagters.[87] Daarnaas is ekstreme sportsoorte soos sandplank en 4x4-veldry ook gewild en daar is baie maatskappye wat toere aanbied. Die gunstelingplekke, wat deur toeriste besoek word, sluit die Kaprivistrook, die Visrivier-canyon, Sossusvlei, die Skedelkus, Sesriem, die Etoshapan en die kusdorpe Swakopmund, Walvisbaai en Lüderitz in.[88]
Belasting en lewenskoste in Namibië[wysig | wysig bron]
Lewenskoste in Namibië is relatief hoog omdat die meeste goedere ingevoer moet word. Sakemonopolië in sekere sektore sorg ook vir hoër winsmarges en verdere stygings in pryse. Windhoek is gelys as die 150ste duurste plek in die wêreld vir uitgewekenes.[89]
Persoonlike belasting is van toepassing op totale belasbare inkomste van ’n indiwidu en dit word op progressief marginale koerse oor ’n aantal inkomstegroepe belas. Belasting op toegevoegde waarde (BTW) is van toepassing op die meeste handelsware en dienste.[90]
Demografie[wysig | wysig bron]
Namibië het die tweede laagste bevolkingsdigtheid van enige soewereine staat (na Mongolië).[91] Die meerderheid van die Namibiese bevolking is van Bantoe-sprekende oorsprong – hoofsaaklik van Ovambo-etnisiteit (wat ongeveer die helfte van die bevolking uitmaak) en is woonagtig in die noorde van die land. Hulle is egter nou regoor Namibië versprei. Ander etniese groepe is die Herero's en Himbas (wat ’n soortgelyke taal praat) en die Damaras wat dieselfde kliktaal as die Namas praat.
Benewens die Bantoe-meerderheid is daar groot groepe Khoisan-mense (soos die Namas en Boesmans) wat afstammelinge is van die oorspronklike bewoners van suider Afrika. Die land het ook afstammelinge van Angolese vlugtelinge. Daar is ook twee groepe van mense met gemengde rasse, genaamd die Bruines en die Basters. Saam maak hulle 6,6% van die bevolking uit. Daar is ook ’n aantal Han-Sjinese in Namibië.[92]
Blankes van Portugese, Nederlandse, Duitse, Britse en Franse oorsprong maak ongeveer 6,4% van die bevolking uit; hulle is getalsgewys die tweede grootste populasie van Europese oorsprong naas Suid-Afrika in Afrika suid van die Sahara.[93] Die meeste blanke Namibiërs en omtrent almal van gemengde herkoms praat Afrikaans en deel dieselfde oorsprong, kultuur en geloof as die blanke en bruin bevolkings van Suid-Afrika. ’n Kleiner verhouding van blankes (ongeveer 30 000) kan hul stambome direk terugvoer na Duitse koloniale setlaars en behou die Duitse kultuur en onderwysinstellings. Naastenby alle Portugese setlaars het uit die voormalige Portugese kolonie van Angola na Namibië gekom.[94] Volgens die sensus van 1960 was daar 526 004 mense in Suidwes-Afrika, insluitend 73 464 blankes (14%).[95]
Daar is elke tien jaar ’n sensus in Namibië. Na onafhanklikheid is die eerste Bevolkings- en Behuisingsensus in 1991 gehou, met daaropvolgende sensusse in 2001 en 2011.[96] Die metode van dataversameling is om elke persoon wat in Namibië woon op die nag van die sensus te tel, waarookal hulle mag wees – ’n statistiese prosedure wat de facto-metode genoem word.[97] Vir opsommingsdoeleindes word die land in 4042 opsommingsareas opgedeel. Hierdie areas oorvleuel nie met die grense van kiesafdelings nie sodat betroubare gegewens vir verkiesingsdoeleindes ook verkry kan word.[98]
Die Bevolkings- en Behuisingsensus van 2011 het ’n bevolking van 2 113 077 in Namibië getel. Tussen 2001 en 2011 was die jaarlikse bevolkingsgroeikoers 1,4%, ’n neerdaal van 2,6% in die vorige tydperk van tien jaar.[99]
Grootste stede[wysig | wysig bron]
Grootste stede en dorpe van Namibië GeoNames | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Ranglys | Stadnaam | Streek | Bevolking | ||||||
Windhoek |
1 | Windhoek | Khomas | 322 500 | Rundu | ||||
2 | Walvisbaai | Erongo | 85 000 | ||||||
3 | Rundu | Kawango | 63 431 | ||||||
4 | Swakopmund | Erongo | 44 725 | ||||||
5 | Oshakati | Osjana | 36 540 | ||||||
6 | Rehoboth | Hardap | 28 843 | ||||||
7 | Katima Mulilo | Sambesi | 28 362 | ||||||
8 | Otjiwarongo | Otjozondjoepa | 28 249 | ||||||
9 | Ondangwa | Osjana | 22 822 | ||||||
10 | Okahandja | Otjozondjoepa | 22 639 |
Godsdiens[wysig | wysig bron]
Die Christelike gemeenskap maak tussen 80% en 90% van die Namibiese bevolking uit met minstens 50% hiervan Luthers, 20% Rooms-Katolieke, 5% Nederduitse Gereformeerdes en 5% Anglikane en ander denominasies.[100] 10% tot 20% van die bevolking beoefen inheemse gelowe.[93] Van die Duitse bevolking is sowat 5 200 lidmate van die Evangelies-Lutherse Kerk in Namibië (DELK). Die kerk bedryf drie ouetehuise en twee preprimêre skole.
Sendingwerk gedurende die 1800’s, deur onder meer die Rynse Sendinggenootskap, het baie Namibiërs tot die Christenskap bekeer. Hoewel die meeste Namibiërs Luthers is, is daar ook Rooms-Katolieke, Metodistiese, Anglikaanse, Afrika Metodistiese Episkopaalse, Gereformeerde en Rynse Christene.
Daarbenewens is daar ook Mormone (Heiliges van die Laaste Dae) en sowat 100 Jode.[101][102]
Taal[wysig | wysig bron]
Die land se amptelike taal is Engels. Tot 1990 het Duits en Afrikaans hierdie status met Engels gedeel. Lank voor Namibië se onafhanklikheid van Suid-Afrika het SWAPO besluit dat die land amptelik eentalig moet wees. Dit was ’n bewustelike besluit wat in teenstelling met sy buurlande beskou is as “ ’n doelbewuste beleid van etnolinguïstieke fragmentasie.”[103] Gevolglik het Engels die enigste amptelike taal van Namibië geword. Party ander tale het halfamptelike erkenning geniet deur toegelaat te word as onderrigmedium in primêre skole.
Die meerderheid van Namibiërs wat in die noorde van die land woon praat Oshivambo maar die taal wat naastenby oral verstaan en gepraat kan word is Afrikaans. Onder die jonger geslagte is Engels en Afrikaans die tale wat wyd verstaan word. Afrikaans en Engels word primêr gebruik as die tweede taal vir openbare kommunikasie, maar klein gemeenskappe moedertaalsprekers van hierdie tale bestaan regdeur die land.
Hoewel Engels die enigste amptelike taal is, praat die blanke bevolking merendeels Duits of Afrikaans. Selfs 90 jaar na die einde van die Duitse koloniale era speel Duits steeds ’n leidende rol as kommersiële taal. Afrikaans word deur 60% van die blanke bevolking gepraat, Duits deur 32%, Engels deur 7% en Portugees deur 1%.[93] Die ligging naby die Portugeessprekende Angola verklaar die relatief hoë getal Portugeessprekendes.[104] Kombuis-Duits, ’n vereenvoudigde kontak- of mengeltaal, wat tydens die Duitse koloniale bewind ontwikkel is, word nog deur sowat 15 000 meestal bejaarde Namibiërs gepraat.
Afrikaans in Namibië[wysig | wysig bron]
Afrikaans as vroeë verkeerstaal[wysig | wysig bron]
Alhoewel Afrikaanssprekendes hulle al vroeër in Namaland gevestig het, dateer die eerste verwysing na hul aanwesigheid uit 1738. Jagters, handelaars en nuuskierige reisigers het dikwels besoeke aan die gebied gebring, terwyl Namakwa-gesinne en ander hulle daar gevestig het. Robert Gordon, ’n offisier in diens van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie, het die Gariep in 1777 ter ere van die Nederlandse Huis van Oranje-Nassau, die Oranjerivier genoem.
Gedurende die 1780's het drie Afrikanerboere hulle tydelik so ver noord as Swartmodder, die huidige Keetmanshoop, gevestig. In 1796 het ’n groot groep Oorlamses, wat na hulself as Afrikaners verwys, hulle in ’n gebied net noord van die Oranjerivier in die suidooste van die land gevestig. ’n Deel van hierdie Afrikaanssprekende gemeenskap het later, in 1835, noordwaarts getrek na Aigams, ’n plek wat hulle Windhoek genoem het en wat vanaf 1890 as administratiewe sentrum van die Duitse kolonie Suidwes-Afrika sou dien.
Ander groepe van Oorlamses uit die Kaapkolonie, wat in 1806 onder Britse bewind gekom het, het later gevolg en hulle op plekke soos Bethanien, Gibeon en Naosanabis naby Gobabis gevestig. Afrikaans het sodoende as omgangstaal oor die hele suide van Namibië versprei. Sedert die 1820's het ook steeds groter getalle Afrikaanssprekende Basters uit die Kaapkolonie ’n nuwe tuiste in Namaland gevind en hulle so ver as Walvisbaai aan die Atlantiese Oseaankus gevestig. Hulle was hoofsaaklik in nedersettings soos Rehoboth suid van Windhoek en Rietfontein aan die rand van die Namibwoestyn in Oos-Namibië saamgetrek.
In die omgewing van Walvisbaai, wat reeds in 1793 onder hierdie naam bekend gestaan het, het daar al vroeg ’n behoefte aan ’n verkeerstaal ontstaan. Weens die oorheersende posisie, wat Afrikaanssprekende Oorlamses in Windhoek ingeneem het, en die aanwesigheid van Afrikaanssprekende gemeenskappe langs die Swakoprivier, die hoofroete tussen die kusgebied en die binneland, was kennis van Afrikaans ’n noodsaaklikheid vir reisigers, handelaars en jagters wat besoeke aan Herero- en Damaraland gebring het. Reisigers soos Sir Francis Galton, Charles John Anderson, James Chapman en William Coates Palgrave was tydens hul toere in die gebied op Afrikaanssprekende tolke aangewese.
Die gebruik en status van Afrikaans is in die 19de eeu deur ’n aantal faktore bevorder. Sendinggenootskappe – soos die Londense, Rynse en Wesleyaanse Sendinggenootskap – het die Christelike godsdiens vanaf 1805 in die suidelike en vanaf 1842 in die sentrale dele ingevoer. Terwyl sendelinge moeite gedoen het om inheemse tale soos Nama en Herero vir hulle sendingwerk aan te leer, het almal dit nuttig gevind om ook Afrikaans of Nederlands vir hierdie doelwit te gebruik. Afrikaanse taallesse was dus ook deel van die opleiding aan die Augustineum, ’n opvoedkundige instelling vir sendelinge wat in 1864 op Otjimbingwe gevestig is, ’n plek aan die oewer van die Swakoprivier wat vinnig tot ’n smeltkroes van kulture ontwikkel het.
Namahoofde soos David Christiaan in Bethanien en Oorlamse leiers soos Jonker Afrikaner in Windhoek en Moses Witbooi in Gibeon het daarop aangedring dat kinders in Afrikaans (destyds gewoonlik "Hollands" genoem) onderrig moes word. Afrikaans het daarnaas die status van saketaal gehad waarin feitlik alle handelsaktiwiteite plaasgevind het. Jonker Afrikaner het handelsbande aktief bevorder deur die bou van paaie wat deur die bergagtige terrein van Auas en die Khomas-hoogland rondom Windhoek geloop het.
’n Derde faktor, wat die status van Afrikaans bevorder het, was die feit dat die taal nie net op hoëfunksie-gebiede soos onderwys en godsdiens gebruik is nie, maar ook vir formele onderhandelinge en ooreenkomste. Belangrike vredesooreenkomste tussen Nama-, Oorlams-, Baster- en Herero-partye is in respektiewelik Nederlands en Afrikaans gesluit, en die taal is ook in alle dokumente gebruik wat by grondverkope onderteken moes word. In die suide was Afrikaans die taal van die plaaslike administrasies wat deur hoofde en hul rade gebesig is.
Afrikaans het sodoende in die tyd voor die Duitse kolonisasie op ’n informele wyse die status van ampstaal geniet. Vir twee derdes van die gebied van die huidige Namibië het Afrikaans as algemene moeder- en verkeerstaal in die privaat sfeer, in onderwys en in die kerklike lewe gedien.
Terwyl ’n aantal handelaars van hoofsaaklik Engelse afkoms hulle op verskillende plekke in die land gevestig het, het Afrikaanssprende blankes vanaf 1885 na die gebied geïmmigreer. Deur grond van Namas, Oorlamses en Basters te koop of te leen, het hierdie Afrikaners, wat hulle permanent as boere in die land gevestig het, ’n deel van die Namibiese bevolking geword.
Afrikaans gedurende die Duitse koloniale bewind[wysig | wysig bron]
Gedurende die 18de en vir die grootste deel van die 19de eeu het alle taalkundige ontwikkelinge in die land op ’n natuurlike wyse plaasgevind. Die prentjie het egter verander toe die Duitse Ryk die gebied tussen die Kunenerivier in die noorde, die Oranjerivier in die suide, die Atlantiese Oseaan in die weste en die Kalahariwoestyn in die ooste as sy oorsese besitting oorgeneem het. Die koloniale bewind is deur ’n verdragstelsel gevestig waarvolgens inheemse bevolkingsgroepe hulle aan die gesag van die Duitse keiser onderwerp het. In ruil hiervoor is hulle onder sy "beskerming" geplaas. Sommige gemeenskappe soos die Oorlamses onder Witbooi en die Herero's in die Gobabisgebied het weerstand teen die Duitsers gebied, maar in 1894 was die hele land suid van die Etoshapan onder Duitse koloniale bewind.
Die Duitse bewind was daarop gemik om ’n Duitse karakter aan die kolonie te gee, veral deur die stigting van Duitse instellings en die bevordering van Duitse immigrasie, maar aanvanklik is Afrikaans se status nie aangetas nie. Afrikaans is steeds gebruik vir briefwisseling, onderhandelinge en ooreenkomste. Omstreeks 1900 is van Duitse amptenare egter verwag om Duits as enigste ampstaal te vestig. So is daarop aangedring dat die Rynse Sendinggenootskap in sy skole Afrikaans deur Duits moes vervang. Sendelinge het wel ingestem om Duits as bykomende skoolvak te onderrig, maar gewaarsku dat dit in opvoedkundige opsig nie raadsaam sou wees om Duits as onderrigmedium af te dwing nie, juis omdat Afrikaans al lank as algemene omgangstaal gevestig was.
Afrikaans tydens die Suid-Afrikaanse administrasie van Suidwes-Afrika[wysig | wysig bron]
Taalkundige inmenging van regeringskant was iets wat versigtig gehandhaaf moes word, nie net tydens die Duitse bewind tussen 1884 en 1915 nie, maar ook nadat die kolonie ná die Eerste Wêreldoorlog as mandaatsgebied van die Volkebond deur die Unie van Suid-Afrika geadministreer is. Net soos in Suid-Afrika is Nederlands en Engels as ampstale ingevoer. Aanvanklik is hoofsaaklik Engels as administratiewe taal gebruik, en eers nadat Afrikaans Nederlands in 1925 as ampstaal in Suid-Afrika vervang het, het dié taal toenemend ingang tot regeringsake gevind. In die volgende dekades is Afrikaans, net soos in Suid-Afrika, deur sommige politieke kringe met die beleid van rasseskeiding verbind.
Afrikaans in die onafhanklike Namibië[wysig | wysig bron]
Toe Namibië in 1990 onafhanklik geword het, het Afrikaans, net soos Duits, sy status as ampstaal kwytgeraak. Nogtans was in 1991 sowat die helfte van alle 765 000 geletterdes in die land Afrikaanssprekend. Afrikaans was ook allesbehalwe ’n taal van blanke Afrikaners, maar is van begin af deur mense van alle etniese groepe gebesig sodat blanke Afrikaanssprekendes steeds ’n minderheid verteenwoordig het. Afrikaanssprekende Namibianers is trots op hulle afkoms, en wys dit deur hul taalgebruik. Namibië se Afrikaanse dagblad, Die Republikein, het die tweede grootste sirkulasie na die anglofone The Namibian, terwyl die Namibiese uitsaaikorporasie NBC steeds Afrikaanse programme uitsaai. Die getal Afrikaanse radiostasies, media en boekvrystellings het selfs gegroei.[105]
Tans kan driekwart van die Namibiese bevolking Afrikaans praat of verstaan, en dit is nie waarskynlik dat die taal ooit sal verdwyn nie. Weens die oorheersende rol van Engels as onderwystaal (moedertaalonderrig in openbare skole is beperk tot grade 1 tot 3) sal Afrikaanse lees- en skryfvaardighede onder jongmense moontlik gaandeweg afneem, net soos die belangrikheid van Afrikaans as verkeerstaal. Volgens berigte word in biblioteke teen Afrikaans gediskrimineer, en al is dit geen amptelike beleid nie, word geen nuwe Afrikaanse boeke aangeskaf nie.[106]
Gesondheid[wysig | wysig bron]
By geboorte was die lewensverwagting van ’n Namibiër 52,2 jaar in 2012 – onder die laagste in die wêreld.[107] Die Vigsepidemie is ’n groot probleem in Namibië. Hoewel die omvang van infeksie aansienlik laer is as Botswana, het ongeveer 13,1% van die volwasse bevolking MIV.[108] In 2001 was daar ’n geraamde 210 000 mense wat MIV gehad het en in 2003 was die sterfte as gevolg daarvan 16 000. Volgens UNAIDS se 2011-verslag “wil dit voorkom of die epidemie afplat.”[109] Soos wat die epidemie die ouer bevolking laat krimp het, het die getal weeskinders toegeneem. Die onus lê op die regering om opvoeding, kos, skuiling en klerasie aan hierdie wesies te bied.[110]
Die probleem van malaria word ook nog vererger deur die Vigsepidemie. Navorsing toon dat die risiko in Namibië 14,5% groter is om malaria te kry indien ’n persoon ook Vigs het. Die sterfterisiko van malaria neem ook toe met 50% wanneer daar ’n gelyklopende MIV-infeksie is.[111] Gegewe die koers van infeksie van malaria, kan dit vir die regering moeilik wees om die mediese en ekonomiese impakte van die epidemie te hanteer. In 2002 was daar slegs 2002 dokters in Namibië.[112]
Kultuur[wysig | wysig bron]
Opvoeding[wysig | wysig bron]
Namibië het ’n verpligte gratis opvoedingstelsel vir kinders tussen 6 en 16. Grade 1–7 is laeronderwys en grade 8–12 is hoëronderwys. In 1998 was daar 400 325 leerlinge in laerskole en 115 237 in hoërskole. Die leerling-onderwyserverhouding is in 1999 geskat as 32:1 met ongeveer 8% van die BBP wat op opvoeding spandeer word.[113] Kurrikulunontwikkeling, opvoedkundige navorsing en professionele ontwikkeling van onderwysers word deur die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling in Okahandja georganiseer.[114]
Die meeste skole in Namibië is staatskole maar daar is ook ’n aantal privaat skole wat deel uitmaak van die land se opvoedingstelsel. Daar is vier onderwyskolleges, drie landboukolleges, ’n polisie-opleidingskollege, die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (eertydse Politegnikum van Namibië) en ’n nasionale universiteit.
Sedert onafhanklikwording het onder meer die volgende privaat skole tot stand gekom:
Naam | Ligging | Onderrigmedium | Jaar gestig | Webtuiste |
---|---|---|---|---|
Privaatskool Moria | Outjo | Afrikaans | 1991 | Privaatskool-Moria.com |
Windhoek Afrikaanse Privaatskool | Windhoek | Afrikaans | 1995 | Wap.edu.za |
Constantia Private School | Windhoek | Engels | Cpsgo.org | |
Windhoek Gymnasium | Windhoek | Eng. (Afr. gr. 1–7) | 2007 | WindhoekGymnasium.com |
Privaat Skool Swakopmund | Swakopmund | Eng. (Duits gr. 1–7) | Onbekend | PSS.com.na |
Privaatskool Elnatan | Stampriet | Afrikaans | 1992 | Privaatskool-Elnatan.com |
Zambezi Privaatskool | Katima Mulilo | Afrikaans | Onbekend | Onbekend |
Tsumeb Gimnasium | Tsumeb | Afrikaans | Onbekend | Tsumeb-Gimnasium.com |
Berg-op Akademie | Okahandja | Afr. gr. 1–3, Eng. gr. 4–12 | 2008 | BergopAkademie.com |
Pro-Ed Akademie | Swakopmund | Afr. gr. 1–12, Eng. 1–5, 8–10 | 1995 | Pro-Ed-Swakopmund.com |
Edugate Akademie | Otjiwarongo | Afr. gr. 1–4, Eng. gr. 5–12 | 2003 | Edugate.org.za |
Excelsior Privaatskool | Aroab | Afrikaans | Onbekend | Onbekend |
Keetmanshoop Privaatskool | Keetmanshoop | Afrikaans | 1996 | Keetmanshoop-Privaatskool.com |
Mariental Gymnasium Private School | Mariental | Engels | 2016 | Onbekend |
Grootfontein Agri College | Grootfontein | Afrikaans | 2011 | Onbekend |
Gobabis Gimnasium | Gobabis | Afr. gr. 1–3, Eng. gr. 4–12 | 2000 | GobabisGymansium.edu.za |
Privaat Hoërskool Walvisbaai | Walvisbaai | Eng. (sedert 1995) | 1961 | WBPHS.com |
Gemeenskapsgebaseerde wildbewaringsgebiede[wysig | wysig bron]
Namibië is een van min lande in die wêreld wat die bewaring en beskerming van natuurlike hulpbronne spesifiek in sy grondwet aanspreek.[115] Artikel 95 lui “Die Staat sal die welstand van die mense aktief bevorder en onderhou deur internasionale beleide te aanvaar wat op die volgende gemik is: onderhoud van ekostelsels, noodsaaklike ekologiese prosesse en biologiese verskeidenheid van Namibië en die gebruik van lewende natuurlike hulpbronne op ’n volhoubare basis tot voordeel van alle Namibiërs, nou en in die toekoms.”[115]
In 1993 het die Namibiese regering befondsing van die Verenigde State se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (USAID) ontvang deur sy projek Leef in ’n Beperkte Omgewing (LIFE).[116] Die Ministerie van Omgewing en Toerisme vorm saam met organisasies soos USAID, die Bedreidge Wildlewetrust, die Wêreldwye Natuurfonds en die Kanadese Ambassadeursfonds ’n Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronbestuur-ontersteuningstruktuur. Die hoofdoel van hierdie projek is om volhoubare natuurlike hulpbronbestuur te bevorder deur plaaslike gemeenskappe regte tot wildsbestuur en toerisme te gee.[117]
Sport[wysig | wysig bron]
In 1990 het die Republiek van Namibië ’n lidland van die Britse Statebond geword en ook sy Nasionale Olimpiese Komitee (NOK) gevestig om sy belange in die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) te behartig. Die Namibiese NOK is in die volgende jaar amptelik deur die IOK erken. Die nasionale span het sy debuut tydens die Statebondspele van 1994 gemaak wat in Victoria, Kanada, gehou is. Sedertdien het Namibiese atlete hul land gereeld by die Statebondspele verteenwoordig.[118]
Namibië se nasionale sportsoorte is netbal, rugby en sokker,[119] waarvan laasgenoemde dié land se gewildste sportsoort is. Die Namibiese sokkerspan het vir die Afrikanasiesbeker 2008 gekwalifiseer maar kon nog nie vir ’n Sokker-Wêreldbeker kwalifiseer nie. Die nasionale span met die meeste sukses is egter die nasionale rugbyspan wat al in vyf wêreldbekerkompetisies gespeel het. Namibië is verteenwoordig by die 1999, 2003, 2007, 2011 en 2015-toernooie. Namibië mag ook aan die Rugbywêreldbeker 2019 in Japan deelneem. Krieket is ook gewild en die nasionale krieketspan het tydens die Krieketwêreldbeker 2003, wat in Suid-Afrika, Kenia en Zimbabwe beslis is, uitgedraf. In Desember 2017 het die Namibiese Krieketraad vir die eerste keer die eindstryd van die Suid-Afrikaanse Provinsiale Krieket-Eendag-uitdaging bereik.[120] In Februarie 2018 het Namibië die IKR Wêreld Krieketliga se Divisie 2 met Namibië, Kenia, die Verenigde Arabiese Emirate, Nepal, Kanada en Oman gehuisves, ’n uitspeelrondte ter voorbereiding vir die Krieketwêreldbeker 2019-kwalifikasie van 2018 in Zimbabwe, waartydens vir die laaste twee plekke meegeding is.[120]
Rolskaatshokkie is vir die eerste keer in 1995 gespeel en het ook toegeneem in gewildheid. Die nasionale vroue rolskaatshokkiespan het in die Wêreldkampioenskap 2008 van die Internasionale Rolskaatssportfederasie deelgeneem. Namibië bied een van die strafste wedlope, die Namibiese ultramarathon, aan. Die bekendste Namibiese naelloper is Frankie Fredericks. Hy het vier Olimpiese silwermedaljes gewen (1992 en 1996) en het ook medaljes van verskeie Wêreldatletiekkampioenskappe. Hy is ook bekend vir sy humanitêre aktiwiteite binne en buite Namibië.[121]
Media[wysig | wysig bron]
Hoewel Namibië se bevolking betreklik klein is, het die land ’n wye mediaverskeidenheid: twee televisiestasies, 19 radiostasies (gemeenskapsradiostasies is nie ingesluit nie), 5 dagblaaie, verskeie weekblaaie en spesiale publikasies ding mee om ’n gehoor. Daarbenewens is daar ook baie buitelandse media, veral vanuit Suid-Afrika, beskikbaar. Aanlynmedia is hoofsaaklik gebaseer op die inhoud van gedrukte media. Namibië het ’n staatsbeheerde persagentskap genaamd NAMPA (Namibiese Persagentskap).[122]
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Die eerste koerant in Namibië was die Windhoek Anzeiger wat in 1898 gestig is. Radio is in 1969 bekendgestel en televisie in 1981. Gedurende die Duitse bewind het die koerante hoofsaaklik nuus aan die Duitssprekende gemeenskap gebied. Die media is ook grootliks beïnvloed deur Suid-Afrika.
Gedrukte media[wysig | wysig bron]
The Namibian, Republikein (die enigste Afrikaanse dagblad buite Suid-Afrika), Allgemeine Zeitung (die enigste Duitse dagblad in Afrika),[123] die Namibian Sun en die staatsbeheerde New Era is dagblaaie in Namibië. Buiten die grootste dagblad, "The Namibian", wat deur ’n trust besit word, en New Era, is die ander koerante privaat blaaie en deel van Namibia Media Holdings (NMH, tot 2014 bekend as Democratic Media Holdings).[122]
Ander noemenswaardige nuusblaaie is die poniekoerant Informanté wat deur TrustCo besit word, die weekblaaie Windhoek Observer en Namibia Economist en die streeksblad Namib Times (gemik op Swakopmund en Walvisbaai). Insight Namibia en Prime Focus is tydskrifte wat aktuele sake bespreek. Sister Namibia staan uit as die langslopende tydskrif van ’n nieregeringsorganisasie in Namibië terwyl Namibia Sport die enigste nasionale sporttydskrif is. Voorts word die drukmark aangevul deur partypublikasies, studenteblaaie en tydskrifte van openbare betrekkinge.[122]
Uitsaaiwese[wysig | wysig bron]
Die uitsaaisektor word oorheers deur die staatsbeheerde Namibiese Uitsaaikorporasie (nbc). Die openbare uitsaaier bied ’n televisiestasie asook ’n “Nasionale Radio” in Engels en nege taaldienste in inheemse tale. Die nege privaat radiostasies in die land is hoofsaaklik Engels behalwe vir Radio Omulunga (Oshiwambo) en Kosmos 94.1 (Afrikaans).
Sedert die 2000’s het One Africa Television wat in privaatbesit is, met die Namibiese Uitsaaikorporasie begin meeding.[122][124]
Vryheid[wysig | wysig bron]
Vergeleke met buurlande het Namibië sterk mediavryheid. Oor die laaste paar jaar is die land gewoonlik in die boonste kwart van die statistiek van Verslaggewers Sonder Grense, en was 21ste in 2010.[125] Die land is dus gelyk met Kanada en is die besgeplaasde Afrikaland.
Die Persvryheidsindeks en die Afrika-mediabarometer toon soortgelyke positiewe resultate. Soos in ander lande is daar egter steeds noemenswaardige invloed van staats- en ekonomiese verteenwoordigers op die media in Namibië.[122] Sommige van hierdie probleme word gereflekteer in die val na 44ste op die 2009-lys van die Verslaggewers Sonder Grense.[126]
Organisasies[wysig | wysig bron]
Media en joernaliste in Namibië word verteenwoordig deur die Namibiese afdeling van die Media Instituut van Suider-Afrika en die Redakteursforum van Namibië. ’n Onafhanklike media-ombudsman is in 2009 aangestel om ’n staatsbeheerde mediaraad te voorkom.[122]
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
Voetnotas[wysig | wysig bron]
- ↑ (af) “Communal Land Reform Act, Afrikaans”. Regering van Namibië. URL besoek op 11 September 2016.
- ↑ (de) “Communal Land Reform Act, German”. Regering van Namibië. URL besoek op 11 September 2016.
- ↑ “Communal Land Reform Act, Otjiherero”. Regering van Namibië. URL besoek op 11 September 2016.
- ↑ “Communal Land Reform Act, Rukwangali”. Regering van Namibië. URL besoek op 11 September 2016.
- ↑ “Communal Land Reform Act, Oshiwambo”. Regering van Namibië. URL besoek op 11 September 2016.
- ↑ “Communal Land Reform Act, Lozi”. Regering van Namibië. URL besoek op 11 September 2016.
- ↑ “Communal Land Reform Act, Khoekhoegowab”. Regering van Namibië. URL besoek op 11 September 2016.
- ↑ “Communal Land Reform Act, Setswana”. Regering van Namibië. URL besoek op 11 September 2016.
- ↑ (en) Shugart, Matthew Søberg (September 2005). “Semi-Presidential Systems: Dual Executive and Mixed Authority Patterns”. Graduate School of International Relations and Pacific Studies. Besoek op 11 September 2016.
- ↑ (en) Shugart, Matthew Søberg (Desember 2005). “Semi-Presidential Systems: Dual Executive And Mixed Authority Patterns”. French Politics 3 (3): 323–351. doi:10.1057/palgrave.fp.8200087. Besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) “CountryMeters – Namibia population”. CountryMeters. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) “GeoHive – Namibia population”. GeoHive. URL besoek op 12 Desember 2013.
- ↑ 13,0 13,1 13,2 13,3 (en) “Namibia”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) “2018 Human Development Report”. United Nations Development Programme: 2018. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) “Gini Index”. Wêreldbank. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) “CIA World Factbook”. Central Intelligence Agency, US. URL besoek op 24 Februarie 2018.
- ↑ (en) "Location". Botswana Tourism. 21 Maart 2019.
- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ (en) “The Man Who Named Namibia- Mburumba Kerina”. The Namibian: 9 September 2014. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) Peter Shadbolt (24 Oktober 2012). “Namibia country profile: moving on from a difficult past”. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) Spriggs, A. (2001). “Africa: Namibia”. Wêreldnatuurlewefonds. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) Dierks, Klaus. “Biografieë van Namibiese Persoonlikhede, A”. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) Dierks, Klaus. “Warmbad word tweehonderd”. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ Vedder 1997, p. 177.
- ↑ Vedder 1997, p. 659.
- ↑ (en) Joubert, Bruce. “’n Historiese perspektief op die gebruik van dierkrag in Suid-Afrika”. Animal Traction Network for Eastern and Southern Africa. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) “Duits-Suidwes-Afrika”. Encyclopædia Britannica. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (de) Drechsler, Horst (1980). Die werklike sterftegevalle in die relatief min veldslae was nie so baie nie, en meeste sterftes het plaasgevind ná die veldslae as gevolg van ’n bevel wat deur Lothar von Trotha uitgevaardig is. ’n Aansienlike minderheid van Herero's het oor die Kalahari na Betsjoeanaland gegaan waar ’n klein gemeenskap steeds woon (in Wes-Botswana) naby die Namibiese grens. Ons sal vegtend sterf, aanvanklik in 1966 uitgegee onder die titel “Südwestafrika unter deutsche Kolonialherrschaft”. Berlyn: Akademie-Verlag.
- ↑ (en) Mohamed Adhikari, "'Bloedstrome en geldstrome': Nuwe perspektiewe op die uitwissing van die Herero- en Namavolke van Namibië, 1904–1908," Kronos: Tydskrif van Kaapse geskiedenis 2008 34: 303–320
- ↑ (en) Benjamin Madley, "Van Afrika na Auschwitz: Hoe Duits-Suidwes-Afrika idees en metodes gekweek het wat deur die Nazi’s in Oos-Europa gebruik is," European History Quarterly 2005 35(3): 429–464 sê dit het die Nazi’s beïnvloed.
- ↑ (fr) Robert Gerwarth, et al. "L'Antichambre de l'Holocauste? A propos du Debat sur les Violences Coloniales et la Guerre d'Extermination Nazie" ("Die voorkamer van die sjoa? Die debat oor koloniale geweld en die Nazi-oorlog van uitwissing") Vingtième Siècle 2008 (99): 143–159 meen die meeste geleerdes het nie gedink dat die Nazi’s beïnvloed is nie.
- ↑ (de) Reinhart Kössler, en Henning Melber, "Völkermord und Gedenken: Der Genozid an den Herero und Nama in Deutsch-Südwestafrika 1904–1908," ("Volksmoord en herinnering: die volksmoord van die Herero en Nama in Duits-Suidwes-Afrika, 1904–08") Jahrbuch zur Geschichte und Wirkung des Holocaust 2004: 37–75
- ↑ (en) Andrew Meldrum (15 Augustus 2004). “German minister says sorry for genocide in Namibia”. The Guardian. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) “Namibiese Onafhanklikheidsoorlog 1966–1988”. Armed Conflict Events Database. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) Petronella Sibeene (17 April 2009). "Swapo word 49". New Era. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 September 2012. Besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) Klaus Dierks Chronologie van Namibiese Geskiedenis, 1977
- ↑ (en) “Chronologie van Namibiese Onafhanklikheid”. Klausdierks.com. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) “Treaty between the Government of the Republic of South Africa and the Government of the Republic of Namibia with respect to Walvis Bay and the off-shore Islands, 28 February 1994”. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) “Landverslag: Fokus op Namibië”. Statebond-sekretariaat. URL besoek op 21 Maart 2015.
- ↑ 40,0 40,1 (en) “IRIN-landprofiel vir Namibië”. IRIN. URL besoek op 21 Maart 2015.
- ↑ (en) “ICJ FINDS THAT KASIKILI/SEDUDU ISLAND FORMS PART OF TERRITORY OF BOTSWANA”. Verenigde Nasies: 13 Desember 1999. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) Namibian_President/Constitution eisa.org.za: Namibia: Constitution Besoek op 21 Maart 2015.
- ↑ (en) Shivute, Peter (2008). "Voorwoord". In Bösl, Anton; Horn, Nico. Die onafhanklikheid van die regbank in Namibië (pdf). Publications sponsored by Konrad Adenauer Stiftung. Macmillan Education Namibia. p. 10. ISBN 978-99916-0-807-5. Besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) swapoparty.org: SWAPO: Dominant party?. Besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) africanhistory.about.com: Africa and the CON. Besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) Hopwood, Graham (Februarie 2012). "Vlieg hoog". Insight Namibia.
- ↑ (en) “Rangorde – Area”. CIA Wêreld Feiteboek. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) Matundu-Tjiparuro, Mae (28 Februarie 2011). "Khomas-streek, 'n konstitusionele, politieke en geografiese hibriede". Fokus op: Khomas-streek. aanvullung tot New Era. p. 3.
- ↑ (en) “Namibië Nasionale Raad”. Inter-Parliamentêre Unie. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) “Local Authorities”. Association of Local Authorities in Namibia. URL besoek op 21 Maart 2015.
- ↑ (en) “Landsat.usgs.gov”. Landsat.usgs.gov. URL besoek op 21 Maart 2015.
- ↑ 52,0 52,1 (en) World Almanac. 2004.
- ↑ (en) Spriggs, A. 2001.(AT1315)
- ↑ (en) Spriggs, A. 2001.(AT1316)
- ↑ (en) Cowling, bl. 2001.
- ↑ (en) Spriggs, A. 2001.(AT0709)
- ↑ (en) “NASA – Namibië se Kuswoestyn”. www.nasa.gov. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) “’n Inleiding tot Namibië”. www.geographia.com. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) “NACOMA – Namibiese Kusbewaring- en Bestuursprojek”. www.nacoma.org.na. URL besoek op 21 Maart 2015.
- ↑ (en) Sparks, Donald L.. “Namibië se kus- en see-ontwikkelingspotensiaal – Sparks 83 (333): 477 – African Affairs”. afraf.oxfordjournals.org. URL besoek op 21 Maart 2015.
- ↑ (en) “Die Reënseisoen”. Real Namibia. URL besoek op 21 Maart 2015.
- ↑ 62,0 62,1 62,2 (en) “Namibië”. Encyclopædia Britannica. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) Olszewski, John (25 Junie 2010). "Om weer te begryp – nie te voorspel nie". Namibia Economist.
- ↑ (en) Adams, Gerry (15 April 2011). "Verlammende vloede tref noordelike en sentraal-Namibië". United Nations Radio.
- ↑ (en) van den Bosch, Servaas (29 Maart 2011). "Swaarste vloede nog ooit in Namibië". The Namibian.
- ↑ (en) (Central Intelligence Agency, 2007)
- ↑ (en) (Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake, 2007)
- ↑ 68,0 68,1 (en) “Agtergrondnota: Namibië”. VS Departement van Buitelandse Sake: 21 Maart 2019.
- ↑ (en) “Bank van Namibië (BoN)”. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) Duddy, Jo-Mare (4 Februarie 2010). "Helfte van alle Namibiërs werkloos". The Namibian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2012.
- ↑ (af) Ndjebela, Toivo (18 November 2011). "Mwinga praat oor sy bevindinge". New Era. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2013.
- ↑ (en) “Menslike Ontwikklingsindekse, tabel 3: Menslike en inkomste-armoede”. (pdf) URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) Mongudhi, Tileni (3 Februarie 2010). "Tenderraad lê strenger reêls neer om werke te beskerm". The Namibian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2011.
- ↑ (en) "Spanning sluimer soos Namibië boerderygrond opdeel". The New York Times. 25 Desember 2004. Besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) “Namibië: Sleutel stap in grondhervorming afgehandel”. The New Humanitarian. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) (Lange, 2004)
- ↑ (en) McGrath, Matt (20 Julie 2012). “Groot waterdraende laag in Namibië gevind, kan vir eeue hou”. BBC World Service. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) McGrath, Matt (20 April 2012). “'Groot' waterhulpbron bestaan onder Afrika”. BBC World Service. URL besoek op 21 Maart 2015.
- ↑ (en) MacDonald, A.M.; Bonsor, H.C., Dochartaigh, B.É.Ó. & Taylor, R.G. (19 April 2012). “Kwantitatiewe kaarte van ondergrondse waterhulpbronne in Afrika” (in Engels). British Geological Survey 7 (2). doi:10.1088/1748-9326/7/2/024009. Besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) “Mynbou in Namibië”. (PDF) NIED. URL besoek op 21 Maart 2015.
- ↑ (en) Oancea, Dan. “Uraan-ontginning by Namibië se Heinrich-myn”. (pdf)
- ↑ (en) Oancea, Dan. “Diepsee-ontginning en verkenning”.
- ↑ (en) Epstein, Edward Jay. "1". Die Diamantondersoek. in ’n onderhoud met Harry Frederick Oppenheimer, eienaar van De Beers.
- ↑ (en) Weidlich, Brigitte (7 Januarie 2011). "Uraan: Help dit om Namibië te red of te verdrink?". The Namibian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2013.
- ↑ (en) “’n Raamwerk/Model om torisme-BBP in Suid-Afrika te normaliseer”. Pan African Research & Investment Services: Maart 2010.
- ↑ (en) Hartman, Adam (30 September 2009). "Toerisme in goeie kondisie – Minister". The Namibian.
- ↑ (en) Humavindu, Michael N; Barnes, Jonothan I. (Oktober 2003). “Trofeejag in die Namibiese ekonomie: ’n Assessering.”. South African Journal of Wildlife Research 33 (2): 65–70.
- ↑ (en) namibiatourism.com.na: Namibia top tourist destinations. Besoek op 21 Maart 2015.
- ↑ (en) “Namibië, Windhoek Lewenskoste”. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) PAYE12 Volume 18 uitgegee deur Die Ministerie van Finansies in Namibië
- ↑ (en) Departement van Ekonomiese en Sosiale Sake Bevolkingsafdeling (2009). “Wêreld Bevolkingsvooruitskatting, Tabel A.1” (pdf). Besoek op 21 Maart 2015.
- ↑ (en) Sjina en Afrika: Sterker ekonomiese bande beteken meer migrasie, deur Malia Politzer, Migration Information Source, Augustus 2008
- ↑ 93,0 93,1 93,2 (en) Central Intelligence Agency (2009). “Namibië”. The World Factbook. URL besoek op 21 Maart 2015.
- ↑ (en) Vlug van Angola, The Economist , 16 Augustus 1975, besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) Lalita Prasad Singh (1980). Die Verenigde Nasies en Namibië. East African Publishing House.
- ↑ (en) “Sensus opsommende verslag”. Nasionale Beplanningskommissie van Namibië. URL besoek op 21 Maart 2015.
- ↑ (en) Kapitako, Alvine (8 Augustus 2011). "Namibië: 2011-sensus amptelik afgeskop". New Era. via allafrica.com.
- ↑ (en) “Metodologie”. Nasionale Beplanningskommissie van Namibië. URL besoek op 21 Maart 2015.
- ↑ (en) Duddy, Jo Maré (28 Maart 2013). "Census gives snapshot of Namibia's population". The Namibian. Besoek op 11 September 2016.
- ↑ (de) www.bpb.de: Lexika – Fischer Weltalmanach 2013: Namibia
- ↑ (en) “U.S. Department of State”. State.gov: 10 Junie 2010. URL besoek op 21 Maart 2015.
- ↑ (en) Jewish Vritual Library. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) Pütz, Martin. Amptelike eentaligheid in Afrika: ’n sosiolinguïstieke assessering van linguistieke en kulturele pluralisme in Afrika. in: Diskriminasie deur taal in Afrika? Perspektiewe op die Namibiese ervaring. Mouton de Gruyter. Berlin: 1995. bl. 155.
- ↑ (en) Sasman, Catherine (15 Augustus 2011), "Portugees gaan in skole ingevoer word", The Namibian, http://www.namibian.com.na/index.php?id=28&tx_ttnews%5Btt_news%5D=85817&no_cache=1, besoek op 21 Maart 2015
- ↑ (af) www.namibianederland.net: Só het Afrikaans na Namibië gekom
- ↑ (af) fak.org.za: Afrikaans in Namibië
- ↑ (en) CIA Wêreld Feiteboek: Lewensverwagtingsrange
- ↑ (en) Hivinsight.com, MIV InSite Kennisbasis, Omvattende opdatum inligting oor MIV/Vigs-behandeling, -voorkoming en -beleid van die Universiteit van Kalifornië San Francisco
- ↑ (en) UNAIDS Wêreld Vigsdagverslag 2011, UNAIDS, http://files.unaids.org/en/media/unaids/contentassets/documents/unaidspublication/2011/JC2216_WorldAIDSday_report_2011_en.pdf, besoek op 21 Maart 2019
- ↑ (en) (aidsinafrica.net, 2007)
- ↑ (en) (Korenromp, et al. 2005)
- ↑ (en) “Who.int”. Afro.who.int. URL besoek op 21 Maart 2015.
- ↑ (en) Ensiklopedie van Nasies Namibië – Opvoeding
- ↑ (en) “Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling”. Nied.edu.na. URL besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ 115,0 115,1 (en) (Stefanova 2005)
- ↑ (en) (Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronbestuur, datum onbekend)
- ↑ (en) (UNEP et al. 2005)
- ↑ (en) The Commonwealth Games Federation: Namibia. Besoek op 8 Julie 2015
- ↑ (en) Cabinet approves categorisation of sports codes. Namibia Press Agency, 2 Augustus 2018.
- ↑ 120,0 120,1 (en) Helge Schütz (19 Desember 2017). “Namibia Cricket Year Review”. The Namibian. URL besoek op 24 Augustus 2018.
- ↑ (en) Tonchi, Victor L., William A. Lindeke, and John J. Grotpeter, "Frederics, Frankie (1967- )" Historical Dictionary of Namibia. 2nd edition. Toronto: The Scarecrow Press, Inc, bl. 129.
- ↑ 122,0 122,1 122,2 122,3 122,4 122,5 (en) Rothe, Andreas (2010): Mediastelsels en nuusseleksie in Namibië. bl. 14–96
- ↑ (en) Die geskiedenis van Namibia Media Holdings. URL besoek op 30 Oktober 2017.
- ↑ (en) One Africa TV – agtergrond
- ↑ (en) Persvryheidsindeks 2010 – Verslaggewers Sonder Grense
- ↑ (en) Persvryheidsindeks 2009 – Verslaggewers Sonder Grense
Bibliografie[wysig | wysig bron]
- (de) Vedder, Heinrich (1997). Das alte Südwestafrika. Südwestafrikas Geschichte bis zum Tode Mahareros 1890 [Die ou Suidwes-Afrika. Suidwes-Afrika se geskiedenis tot Maharero se dood 1890] (in Duits) (7de uitg.). Windhoek: Namibia Scientific Society. ISBN 0-949995-33-9.
- (en) Olusoga, David; Erichsen, Casper W. (2010). The Kaiser’s Holocaust: Germany’s Forgotten Genocide. Londen: Farber and Farber. ISBN 978-0-571-23142-3.
- (af) Gerald Groenewald: Afrikaans as lingua franca in Namibië, ca. 1800–1920. In: LitNet Akademies, jaargang 7 (3), Desember 2010
Bronnelys[wysig | wysig bron]
- Algemeen
- (en) “Namibia”. Encyclopædia Britannica. URL besoek op 21 Maart 2019.
- (en) “Namibia”. Central Intelligence Agency. URL besoek op 21 Maart 2019.
Algemene verwysings[wysig | wysig bron]
- (en) AIDSinAfrica.net Web Publikasie (2007), URL besoek op 20 Mei 2007. Van Aidsinafrica.net
- (en) Christy, S.A. (2007) Namibiese Reisfotografie
- (en) Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronbestuur (CBNRM) Programbesonderhede (s.a.). Met.gov.na
- (en) Cowling, S. 2001. Vetplant-Karoo (AT 1322) Wêreld Wildlefefonds-webblad: Worldwildlife.org
- (en) Horn, N/Bösl, A (reds), Menseregte en die oppergesag van die reg in Namibië, Macmillan Namibia 2008.
- (en) Horn, N/Bösl, A (reds), Die onafhanklikheid van die regbank in Namibië, Macmillan Namibia 2008.
- (en) KAS Feiteboek Namibië, Feite en syfers omtrent die status en ontwikkeling van Namibië, Ed. Konrad-Adenauer-Stiftung e.V.
- (en) Korenromp, E.L., Williams, B.G., de Vlas, S.J., Gouws, E., Gilks, C.F., Ghys, P.D., Nahlen, B.L. (2005). Malaria toe te skryf aan dieMIV-1 epidemie, Sub-Sahara Afrika. Emerging Infectious Diseases, 11(9):1410–1419.
- (en) Lange, Glenn-marie. 2004. Rykdom, natuurlike kapitaal en volhoubare ontwikkeling: teenstrydige voorbeelde van Botswana en Namibië. Environmental & Resource Economics, 29(3):257–83, Nov.
- (fr) Fritz, Jean-Claude. La Namibie indépendante. Les coûts d'une décolonisation retardée, Paris, L'Harmattan, 1991.
- (en) Spriggs, A. 2001. Namibwoestyn (AT1315) Wêreld Wildlefefonds-webblad: Worldwildlife.org
- (en) Spriggs, A. 2001. Namibiese Savanne-boomveld (AT1316) Wêreld Wildlefefonds-webblad: Worldwildlife.org
- (en) Spriggs, A. 2001. Namibian Savanne-boomveld (AT0709) Wêreld Wildlefefonds-webblad: Worldwildlife.org
- (en) Stefanova K. 2005. Die beskerming van Namibië se natuurlike hulpbronne. EjournalUSA.
- (en) UNEP, UNDP, WRI, en World Bank. 2005. Natuur in plaaslike hande: ’n saak vir Namibië se bewareas. Wri.org
- (en) World Almanac. 2004. World Almanac Books. New York, NY
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Namibië. |
Sien Namibië in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
- (en) Toerisme-inligting oor Namibië op Wikivoyage
- (en) Regering van Namibië
- (en) President van Namibië
- (en) Eerste minister van Namibië
- (en) Biodiversiteit van Namibië – Gedeeltelik in Afrikaans beskikbaar
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
Sint Helena • Atlantiese Oseaan | Angola | Zambië • Zimbabwe | ||
Atlantiese Oseaan | Botswana | |||
Namibië | ||||
Tristan da Cunha • Atlantiese Oseaan | Suid-Afrika | Suid-Afrika |