1998
Jump to navigation
Jump to search
1998 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1993 | 1994 | 1995 | 1996 | 1997 | ◄ 1998 ► | 1999 | 2000 | 2001 | 2002 | 2003 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1998 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
President Soeharto van Indonesië | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1998 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 98ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 5 Januarie – 'n Swaar ysreën tref die oostelike dele van Kanada en die Verenigde State en lei tot grootskaalse kragonderbrekings.
- 7–22 Februarie – Die 18de Olimpiese Winterspele word in Nagano, Japan, aangebied.
- 5–14 Maart – Die sewende Paralimpiese Winterspele word in Nagano, Japan, aangebied.
- 31 Maart – Quett Masire bedank as President van Botswana.
- 1 April – Festus Mogae word ingesweer as derde President van Botswana.
- 5 April – Die Akashi Kaikyo-brug, die grootse swaaibrug in die wêreld, wat Sjikokoe met Honsjoe verbind, word geopen.
- 10 April – Die Belfast-verdrag word onderteken.
- 21 Mei - Ná 32 jaar tree die Indonesiese president Soeharto af en word deur B.J. Habibie as derde president opgevolg.
- 10 Junie–12 Julie – Die 16de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Frankryk gespeel, wat deur dié land gewen word.
- 20 November – Die Internasionale Ruimtestasie word lanseer.
- 20 Desember – Nkem Chukwu van Houston in Texas word die eerste vrou om geboorte te skenk aan agt lewendige babas.
- Die Kafferskuilrivier in Stilbaai word hernoem na Goukourivier.
- Oktober - Kousale gelaagde analise (KGA) word vir die eerste keer bekendgestel in Sohail Inayatullah se artikel in die toekomsstudies vaktydskrif Futures.
Geboortes[wysig | wysig bron]
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 6 Februarie – Falco (eintlik Johann Hölzel), Oostenrykse sanger (* 1957).
- 10 Maart – Lloyd Bridges, Amerikaanse akteur (* 1913).
- 15 April – Pol Pot, Kambodjaanse diktator (* 1925).
- 15 April – Prof. F.V. Lategan, Afrikaanse literator en vuurwapenkenner (* 1907).
- 18 April – Stoffel Botha, Suid-Afrikaanse politikus, en Minister van Binnelandse sake (* 1929).
- 4 Mei – Worsie Visser, Afrikaanse sanger (* 1963).
- 14 Mei – Frank Sinatra, Amerikaanse sanger en akteur (* 1915).
- 23 Junie – Maureen O'Sullivan, akteur.
- 27 Junie – Kerim Tekin, Turkse sanger.
- 12 Julie – Marais Steyn, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister (* 1915).
- 3 Augustus – Alfred Schnittke, Sowjet-Duitse komponis (* 1934).
- 31 Augustus – Gerhard Beukes, Afrikaanse skrywer (* 1913).
- 13 September – Owen Horwood, Suid-Afrikaanse politikus, Minister van Finansies (* 1916).