SA Toerisme het Dinsdag gesê sy raad het besluit om die uitvoerende hoof, Sisa Ntshona, voorlopig te skors ná sekere bewerings teen hom aan die lig gekom het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 2 April 2019
Groot lening vir Eskom van Brics-bank vir Medupi
Die Nuwe Ontwikkelingsbank (NDB) het ʼn projeklening miljarde rand aan Eskom goedgekeur vir ʼn omgewingsbeskermingsprojek vir die Medupi-kragaanleg.
Polisie versoek om vinnig op te tree in Houtbaai
Alan Winde, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, het ʼn beroep gedoen op die polisie om vinnig op te tree ná vier persone by ʼn nieamptelike taxistaanplek in Houtbaai in Kaapstad doodgeskiet is.
Transitorowers slaan toe in Rustenburg
Gewapende rowers het ʼn onbekende bedrag kontant gebuit ná hulle op ʼn transitovoertuig in Rustenburg toegeslaan het.
Nié moord nie, sê Namibiese polisie
Die Namibiese polisie het glo bevestig die ondersoek na Elna-Marie Abbott (29) se dood is afgehandel ná haar onthoofde liggaam Vrydagoggend op ʼn treinspoor in Windhoek aangetref is.
Moody’s hou SA op beleggingsgraad
Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het Dinsdag ʼn kredietmening uitgespreek en hou Suid-Afrika se soewereine kredietgradering op beleggingsgraad.
ToekomsVenster: Wie is die belangrikste?
Kindertjies word nadergeroep. Hulle is die belangrikste in die Koninkryk. Hulle is pretensieloos en vertrou onvoorwaardelik. Hulle is tevrede met wat hulle het en word nie deur wêreldse oorwegings op sleeptou geneem nie.
Mboweni verduidelik groeiverwagting van 1,5%
Die minister van finansies, Tito Mboweni, het uiteengesit waarom die nasionale tesourie ‘n reële groeikoers van 1,5% vir vanjaar verwag van die land se bruto binnelandse produk, en watter aspekte dit kan beïnvloed.
Staking by inkomstediens amptelik verby
Hoewel die tweede vakbond ingestem het tot die SAID se aanbod, is hulle egter nie gelukkig met die ooreenkoms nie.
Uitvoerende kunstenaars wys SA het hope talent
Verskeie bekende uitvoerende kunstenaars, soos Carmen Pretorius, Daniah de Villiers, Germandt Geldenhuys, Tobi Jooste en Zanzi Afrika, het by dié uitvoerendekunste-kompetisie hulle loopbaan begin.
Groot belegging in SA vervaardigingsbedryf
TMH Africa het aangekondig hy betree die Suid-Afrikaanse ekonomie met die plan om die eens florerende vervaardigingsbedryf — en veral die vervaardiging van spoorvoertuie — te laat herleef.
Verpleegster ry 800 km deur die nag om pasiënte te help
“Twee pasiënte wat gewag het vir ʼn nieroorplanting wat hul lewe sou red, het onlangs die oproep gekry waarvoor hulle al so lank bid: Daar is gepaste nierskenkers vir hulle albei gevind.”
Dyantyi op senter teen Sharks
Johannesburgers kies sterk span vir hul Sharks-ontmoeting.
Vrou jok glo maande lank oor kwalifikasie
Die staat voer aan dat Mbekela gejok het aangesien sy dié diploma gedruip het.
Wêreldoutismedag: ʼn Dag vir broodnodige bewusmaking
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) ly een uit elke 160 kinders wêreldwyd aan een van die toestande wat op die outismespektrum val.
Luister in 3 minute: Stygende energiepryse, Moody’s en lenings aan Eskom
Die drie sakekwessies wat die afgelope week in die nuus was, is die stygende prys van brandstof en elektrisiteit, Moody’s se besluit om die regering se staatskuld om beleggingstatus te behou en nuwe lenings aan Eskom.
Ontberings in Venezuela lei tot opstand, rantsoene en geweld
Inwoners van Venezuela het nog ʼn week begin met hoogdrama, toenemende betogings oor kragonderbrekings en bevele van die Nicolás Maduro-regime aan paramilitêre groepe om vuurwapens te gebruik om mense uitmekaar te jaag. Dít nadat hulle opmars bykans die presidensiële paleis bereik het.
Sakeliga eis opskorting van rasvoorvereistes by Eskom
Die sakeorganisasie Sakeliga het Dinsdag regstappe aangekondig om rasvoorvereistes vir kontrakteurs by staatsondernemings uit te daag.
Die wêreld in foto’s – 2 April 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Baba Lucas steeds vermis, verdagtes vas
Die seuntjie het op 24 Maart van sy ouerhuis in Kleinvlei verdwyn waarna sy ma hom vier dae later by die plaaslike polisiestasie as vermis aangemeld het.