Tydens die 2de WordPress Wêreldwye Vertalings Dag, gaan ons in Johannesburg, Suid Afrika ons eie plaaslike byeenkoms hou.
Maak ‘n nota van 12 November 2016 in jou dagboek. Jy kan ons help om WordPress projekte (Core, Plugins, temas, ens.) te vertaal of leer hoe WordPress vertaling werk.
Informasie van die dag
Wanneer: Saterdag, 12 November 2016. Vanaf 12:00nm tot 15:00nm.
Waar: Jozihub, 44 Stanley, Milpark, Johannesburg (kaart)
Teken aan by Meetup. Hier kan jy ook meer uitvind oor die dag.
Begin hier: https://make.wordpress.org/polyglots/handbook/about/get-involved/first-steps/
Woordelys: https://translate.wordpress.org/projects/wp/dev/af/default/glossary
Sluit aan by die Slack kanaal
http://wpsouthafrica.org/ (South Afrika Slack kanaal)
wordpress.slack.com (Global WordPress Community)
Elke Woensdag oggend 11:00 AM GMT+1 is daar ‘n WordPress Polyglots vergadering by http://wordpress.slack.com #polyglots.
Daar is ook ‘n Slack span vir Afrikaanse vertaling. Ping @semblance_er in die http://wordpress.slack.com #polyglots kanaal, om ‘n uitnodiging te ontvang. Sluit by die span aan vir gesprekke en vrae oor die Afrikaanse vertaling in WordPress.
Die vertaling van WordPress is ‘n uitstekende manier om betrokke te raak en iets terug te gee aan die projek. Kom ons vertaal almal saam!