in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die jaar 1967 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 67ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
27 Januarie – Die Apollo 1 ruimtetuig word deur ’n brand vernietig by die Kennedy-Ruimtesentrum. Ruimtevaarders Gus Grissom , Edward Higgins White en Roger B. Chaffee sterf in die voorval.
2 Februarie – Aleksei Kosygin besoek die Verenigde Koninkryk .
5 Februarie – Lunar Orbiter 3 gelanseer.
5 Februarie – Generaal Anastasio Somoza Debayle word president van Nicaragua .
7 Februarie – Groot bosbrande in Tasmanië eis die lewe van 62 mense.
22 Februarie – Suharto neem die bewind oor van Sukarno in Indonesië .
27 Februarie – Dominica verkry onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk .
13 Maart – Indira Gandhi word Eerste Minister van Indië .
13 Maart – Die Rietbok , 'n vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens , verdwyn.
23 April – Sojoes 1 word gelanseer in ’n wentelbaan en vervoer ’n enkele ruimtevaarder , kolonel Vladimir Komarov , wat sterf wanneer die ruimtetuig val tydens terugkeer na die aarde.
5 Junie – Die sesdaagse Arabies-Israeliese oorlog begin.
7 Junie – Israel val die Golan-hoogland binne.
10 Junie – MiG-23 , Sowjetvegvliegtuig, se nooiensvlug.
13 Junie – Thurgood Marshall genomineer as regter vir die Hooggeregshof in die VSA deur president Lyndon B. Johnson .
27 Junie – Wêreld se eerste OTM geïnstalleer in Enfield, Londen .
28 Junie – Israel annekseer Oos-Jerusalem .
10 Julie – Nieu-Seeland se geldeenheid word gedesimaliseer.
8 Augustus – Thailand , Indonesië , Maleisië , Filippyne en Singapoer stig die ASEAN in Bangkok , Thailand.
3 September – Swede skakel amptelik oor na bestuur aan die regterkant van die pad. (Sien Dagen H .)
30 November – Suid-Jemen word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
3 Desember – Eerste hartoorplanting wêreldwyd onder leiding van dr. Chris Barnard in die Groote Schuur-hospitaal , Kaapstad .
17 Desember – Harold Holt, die Eerste Minister van Australië verdwyn terwyl hy naby Portsea, Victoria swem.
2 Januarie – Francois Pienaar , Suid-Afrika se twee-en-veertigste Springbokkaptein
9 Januarie – Dave Matthews , Suid-Afrikaansgebore sanger en liedjieskrywer (Dave Matthews Band)
9 Januarie – Gary Teichmann , Suid-Afrika se vyf-en-veertigste Springbokkaptein
23 Januarie – Naim Süleymanoğlu, Bulgaarsgebore gewigopteller
18 Februarie – Roberto Baggio , Italiaanse sokkerspeler
20 Februarie – Kurt Cobain , Amerikaanse sanger en kitaarspeler (Nirvana) († 1994 )
4 Maart – Evan Dando, Amerikaanse sanger en kitaarspeler (The Lemonheads)
17 Maart – Billy Corgan, Amerikaanse musikant en liedjieskrywer
22 Maart – Mario Cipollini, Italiaanse fietsryer
25 Maart – Debi Thomas, Amerikaanse sierskaatser
17 April – Liz Phair, Amerikaanse sangeres
27 April – Koning Willem-Alexander van die Nederlande
1 Mei – Tim McGraw, Amerikaanse sanger en akteur
14 Mei – Vuyu Mbuli , Suid-Afrikaanse radio- en TV-aanbieder († 2013 ).
24 Mei – Heavy D, Jamaikaans-gebore kletsrymkunstenaar
24 Mei – Margaret Crowley, Australiese atleet
25 Mei – Poppy Z. Brite, Amerikaanse skryfster
18 Julie – Vin Diesel, Amerikaanse akteur
27 Julie – Juliana Hatfield, Amerikaanse sangeres, liedjieskrywer en kitaarspeler
1 Augustus – Joe Rogan, Amerikaanse komediant en televisieaanbieder
23 Augustus – Andrius Mamontovas , Litause rock-musikus, liedjieskrywer, akteur en musiekvervaardiger
11 September – Harry Connick, Jr. Amerikaanse sanger en akteur
22 September – Félix Savón, Kubaanse bokser
3 Oktober – Denis Villeneuve , Frans-Kanadese rolprentregisseur en skrywer
10 Oktober – Saara Kuugongelwa , Namibiese politikus en vyfde eerste minister van Namibië (2015–hede ).
28 Oktober – Julia Roberts , Amerikaanse aktrise
22 November – Boris Becker , Duitse tennisspeler
28 November – Anna Nicole Smith, Amerikaanse model en aktrise († 2007 )
9 Desember – Joshua Bell, Amerikaanse violis
21 Desember – Mikhail Saakashvili, Georgiese politikus en staatsman, President van Georgië
4 Januarie – Donald Campbell, Britse najager van die waterspoed/landspoedrekord (* 1921 )
17 Januarie – Barney Ross, Amerikaanse bokser (* 1909 )
19 Januarie – Kazimierz Funk, Poolse biochemikus (* 1884 )
27 Januarie – Edward White, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1930 )
27 Januarie – Gus Grissom, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1926 )
27 Januarie – Roger Chaffee, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1935 )
8 Februarie – Victor Gollancz, Britse uitgewer (* 1893 )
18 Februarie – J. Robert Oppenheimer, Amerikaanse dokter (* 1904 )
21 Februarie – Charles Beaumont, Amerikaanse skrywer (* 1929 )
5 Maart – Mischa Auer, Russies-gebore akteur (* 1905 )
6 Maart – Zoltán Kodály, Hongaarse komponis (* 1882 )
6 Maart – Nelson Eddy, Amerikaanse sanger en akteur (* 1901 ).
15 Maart – Paddy Carolin , Suid-Afrika se agtse Springbokkaptein (* 1881 ).
17 April – Red Allen, Amerikaanse jazztrompetspeler (* 1908 ).
19 April – Konrad Adenauer , Duitse politikus en staatsman, Kanselier van Duitsland (* 1876 ).
24 April – Vladimir Komarov , Russiese ruimtevaarder (* 1927 ).
22 Mei – Langston Hughes, Amerikaanse skrywer (* 1902 ).
10 Junie – Spencer Tracy , Amerikaanse akteur (* 1900 ).
17 Junie – Tienie Holloway , 'n Afrikaanse skrywer van kinderliteratuur (* 1888 ).
22 Junie – William Nicol , predikant, teoloog, opvoedkundige en staatsman, goewerneur van die Transvaal (* 1887 ).
2 Julie – Boerneef , ’n Suid-Afrikaanse skrywer, digter, leksikograaf en akademikus (* 1897 ).
7 Julie – Vivien Leigh, Britse aktrise (* 1913 ).
17 Julie – John Coltrane, Amerikaanse jazz-saksofoonspeler (* 1926 ).
22 Julie – Carl Sandburg , Amerikaanse digter (* 1878 ).
22 Julie – Albert Luthuli , President van die ANC (* 1898 ).
30 Julie – Alfried Krupp, Duitse oorlogsmisdadiger (* 1907 ).
15 Augustus – Rene Magritte, Belgiese skilder (* 1898 ).
19 Augustus – Hugo Gernsback, Luxemburgs-gebore redigeerder en uitgewer (* 1884 ).
25 Augustus – Stanley Bruce, Australiese politikus en staatsman, Eerste Minister van Australië (* 1883 ).
29 Augustus – Brian Epstein, Britse musiekbestuurder (The Beatles ) (* 1934 ).
1 September – Siegfried Sassoon , Engelse digter, skrywer en soldaat (* 1886 ).
1 September – Ilse Koch, Duitse oorlogsmisdadiger (* 1906 ).
13 September – Varian Fry Amerikaanse joernalis (* 1907 ).
3 Oktober – Woody Guthrie, Amerikaanse folkmusikant (* 1912 ).
8 Oktober – Clement Attlee , Eerste minister van die Verenigde Koninkryk (* 1883 ).
9 Oktober – Che Guevara , Argentynse kommunistiese revolusionêr (* 1928 ).
17 Oktober – Ai-xin-jue-luo Pu-yi of Henry Pu Yi, laaste keiser van Qing Sjina (* 1906 ).
20 Oktober – Yoshida Shigeru, Japannese politikus en staatsman, Eerste Minister van Japan (* 1878 ).
13 November – Harriet Cohen, Britse pianis (* 1895 ).
25 November – Ossip Zadkine, Russiese beeldhouer, skilder en litograaf (* 1890 ).
3 Desember – Denise Darvall , hartskenker vir die eerste menslike hartoorplanting (* 1943 ).
4 Desember – Daniel Jones, Britse fonetikus (* 1881 ).
10 Desember – Otis Redding, Amerikaanse sanger (* 1941 ).
19 Desember – Harold Holt, Australiese politikus en staatsman, Eerste Minister van Australië (* 1908 ).
21 Desember – Louis Washkansky , wêreld se eerste hartoorplantingspasiënt (* 1913 ).
29 Desember – Paul Whiteman, Amerikaanse musiekgroepleier (* 1890 ).
Fisika – Hans Albrecht Bethe
Chemie – Manfred Eigen, Ronald George Wreyford Norrish, George Porter
Medisyne – Ragnar Granit, Haldan Keffer Hartline, George Wald
Letterkunde – Miguel Angel Asturias
Vrede – Nie toegeken nie.