Tydsone
Tydsones is streke van die Aarde wat 'n eenvormige standaardtyd het. Voorheen is die plaaslike sontyd (oorspronklik die aangeduide en toe die gemiddelde) gebruik, wat beteken het dat tyd effens verskil het van dorp tot dorp. Namate telekommunikasie verbeter en vervoerstelsels uitgebrei het, het dit al hoe meer ontoereikend geraak. Tydsones het die probleem gedeeltelik opgelos deurdat mense hulle horlosies gestel het volgens 'n streek met dieselfde gemiddelde sontyd. Tydsones verander in die algemeen volgens lengtelyne, wat veelvoude van 15° is, en verskil een uur van die tydsones weerskante daarvan. Soos die bygaande kaart aandui, word die grense van die tydsones dikwels verstel ter wille van staats-, lands- of administratiewe grense.
Alle tydsones is relatief tot Gekoördineerde Universele Tyd (UTC). Die verwysingspunt vir tydsones is die hoofmeridiaan (lengteligging 0°), wat deur die Royal Greenwich Observatory in Greenwich in Londen, Engeland, getrek word.[1] Om hierdie rede is die term Greenwich Mean Time (GMT) steeds in gebruik (byvoorbeeld deur die BBC) om die "basistyd" aan te dui waarvolgens alle ander tydsones bepaal word. UTC is die amptelike, internasionale afkorting vir vandag se atomies gemete tyd.
UTC is toevallig slegs plaaslike tyd in Greenwich tussen 01:00 UTG van die laaste Sondag in Oktober en 01:00 UTG van die laaste Sondag in Maart. Die res van die jaar is plaaslike tyd UTG+1 — bekend in die Verenigde Koninkryk as British Summer Time (BST).
Verwysings[wysig | wysig bron]
Bibliografie[wysig | wysig bron]
- Bowditch, Nathaniel. American Practical Navigator. Washington: Government Printing Office, 1925, 1939, 1975.
- Hill, John C., Thomas F. Utegaard, Gerard Riordan. Dutton's Navigation and Piloting. Annapolis: United States Naval Institute, 1958.
- Howse, Derek. Greenwich Time and the Discovery of the Longitude. Oxford: Oxford University Press, 1980. ISBN 0-19-215948-8.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- Time Genie Vind die huidige tyd en datum vir meer as 6600 stede in 245 lande. Sluit ook gereedskap in om tye om te skakel en te vergelyk.
- Time Zone Converter: Omskep verlede, hede en toekoms plaaslike keer tussen verskillende tydsones
- World Time Server
- The E Time zone page - Horlosie, Tyd en Sones - Besigtig die dag-en-nag tydsonehorlosie rondom die wêreld
- Virtual Travelog 'n Oplossing vir die bestuur van tydsones en datums in internasionale Internetstelsels
- The tz database
|