Koring

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Koring
Koring
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Embryophyta
Klas: Spermatopsida
Orde: Poales
Familie: Poaceae
Genus: Triticeae
Verspreiding
Verspreiding

Koring is een van die vernaamste grane waarmee die mensdom homself voed, oorspronklik vanuit die Levantgebied in die Midde-Ooste en die Ethiopiese hooglande, maar wat nou regoor die wêreld verbou word. In 2007 was dit met 607 miljoen ton die derde mees produseerde graan naas mielies (784 miljoen ton) en rys (651 miljoen ton).[1] In 2009 was wêreldproduksie van koring 682 miljoen ton, wat dit die tweede mees produseerde graan maak naas mielies (817 miljoen ton) en met rys 'n knap derde plek (679 miljoen ton).[2]

Oorsprong[wysig | wysig bron]

Koring is ook een van die oudste gedomestikeerde plante. Die temming van koring vind waarskynlik reeds ongeveer 10 000 jaar gelede plaas in die Midde-Ooste en Noord-Afrika, van Sirië tot Kasjmir en na die suide tot in Ethiopië. Teen ongeveer 5 000 jaar gelede het koringverbouing ook die grootste deel van Europa bereik.[3] 'n Millenium later het die Sjinese met die gewas kennis gemaak.[3] Met die koms van seevaart, het koring na die Nuwe Wêreld en die Suidelike Halfrond versprei.

Verbouing[wysig | wysig bron]

Koring is 'n eenjarige gewas. Vir eeue heen word daar al teling gedoen om beter koringkultivars te probeer skep. Daar is byvoorbeeld winterkoring wat in die herfs geplant word en veral geskik is vir broodmeel, en lentekoring wat vir sagte gebak soos koek gebruik word.[3] In die 20ste eeu is 'n buitengewone Japannese kultivar gebruik om korter, meer windbestande plante te teel. [3]

In Suid-Afrika is daar minder onderskeid tussen winter- en lentekoring as in kouer lande en word die meeste koring in die herfs gesaai. [4]

Koring word in bykans elke provinsie in Suid-Afrika verbou, wat 'n bewys van die gewas se besondere aanpasbaarheid is. Die Wes-Kaap, Vrystaat en Suid-Transvaal is groot koringproduserende gebiede.

Die saad kom voor in die vorm van are, en ongeag die soort, dra die meeste koringare van dertig tot vyftig korrels. [4]

Koring word op ploeglande gesaai en deur groot stropers geoes wat die koringare afsny en die koringkorrels van die res van die plant skei. Die oorblyfsels van die gedorste graan word kaf genoem.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het media verwant aan:
  1. (en) Faostat. (Laas geraadpleeg op 2009-05-05)
  2. (en) World Wheat, Corn and Rice, Oklahoma State University
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (af) Koring as landbougewas, myfundi.co.za
  4. 4,0 4,1 (af) Koring, mieliestronk.com