Met die intrapslag bieg die moordenaar reeds in Schalk Schoombie se raaiselroman, Rooi haring. En só gaan die leser se verbeelding op loop. Dié invalshoek sou nie in ’n ander medium werk nie. Daarom fokus Schoombie op die medium waarin hy skryf se sterk punt – die gebrek aan beperkings. Schoombie, ook dramaturg en joernalis, was nogal altyd bang vir prosa skryf, maar vind dit