1880
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1880 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1875 | 1876 | 1877 | 1878 | 1879 | ◄ 1880 ► | 1881 | 1882 | 1883 | 1884 | 1885 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Die Stroudley Terrier, 'n lokomotief uit 1880 van die tipe LB&SCR A1 Klasse 82 Boxhill | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1880 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 80ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- Henry James publiseer sy tragedie/komedie Washington Square.
- Die Gewere-oorlog begin in Basoetoeland.
- 24 Junie – Eerste uitvoering van O Canada, later die volkslied van Kanada, by die Congrès national des Canadiens-Français.
- 11 November – Die Bezuidenhout-affêre, weerstand teen buitensporige Britse belasting.
- 16 Desember – Transvaal verklaar onafhanklikheid en eerste skote van die Eerste Vryheidsoorlog word in Potchefstroom gevuur.
- 20 Desember – Eerste Vryheidsoorlog: Die Slag van Bronkhorstspruit vind plaas.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 26 Januarie – Douglas MacArthur, 'n generaal in die Amerikaanse Weermag († 1964)
- 4 Mei – Bruno Taut, Duitse argitek en stadsbeplanner († 24 Desember 1938)
- 22 Mei – Ernest Oppenheimer, Suid-Afrikaanse mynmagnaat. († 25 November 1957)
- 27 Junie – Helen Keller, Amerikaanse skryfster, aktivis en dosent († 1968).
- 31 Augustus – Wilhelmina, koningin van Nederland († 1962).
- 1 November – Alfred Wegener, Duitse meteoroloog en geofisikus († 1930).
- 28 Desember – C. Louis Leipoldt, Afrikaanse digter († 12 April 1947).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 3 September – Eerw. Daniel Lindley, eerste leraar van die NG gemeente Pietermaritzburg (* 1801).
- 22 Desember – George Eliot (pennaam van Mary Anne Evans), Engelse skrywer, joernalis en vertaler (* 1819).