1962
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1962 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1957 | 1958 | 1959 | 1960 | 1961 | ◄ 1962 ► | 1963 | 1964 | 1965 | 1966 | 1967 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Swaeldioksied | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1962 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 62ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Wes-Samoa word onafhanklik van Nieu-Seeland.
- 20 Februarie – John Glenn, word die eerste Amerikaner wat om die Aarde wentel.
- 8 Maart – Die Castel Bolognese-treinramp vind plaas naby Ravenna in Italië.
- 21 April – Die Universiteit van Brasília word geopen.
- 30 Mei-17 Junie – Die sewende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Chili gespeel, wat deur Brasilië gewen word.
- 1 Julie – Burundi en Rwanda word onafhanklik van België.
- 3 Julie – Algerië word onafhanklik van Frankryk.
- 6 Augustus – Jamaika word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 17 Augustus – Oos-Duitse grenswagte skiet die 18-jarige Peter Fechter dood tydens sy poging om oor die Berlynse Muur na Wes Berlyn te vlug.
- 31 Augustus – Trinidad en Tobago word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 9 Oktober – Uganda word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 3 Desember – Londen word toegevou in 'n kombers van mis en tientalle mense gaan dood as gevolg van swaeldioksied-vergiftiging voor die mis vier dae later verdwyn.
- In Kanada word die Trans-Canada Highway geopen, die eerste regstreekse verbinding tussen die Pasifiese en Atlantiese kusgebiede van die land.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Jaco Reinach, Springbokrugbyspeler en atleet. († 1997).
- 1 Januarie - Deon Coetzee, Suid-Afrikaanse akteur.
- 21 Maart – Zackie Achmat, Suid-Afrikaanse burgerregte-aktivis.
- 26 Mei – Colin Vearncombe, beter bekend onder sy verhoognaam Black, Engelse sanger en liedjieskrywer († 2016).
- 16 Junie – Arnold Vosloo, Suid-Afrikaanse akteur.
- 27 Junie – Tony Leung Chiu Wai, akteur.
- 15 Julie – Ebrahim Rasool, Premier van die Wes-Kaap.
- 15 September – François Bloemhof, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 30 Augustus – Nataniël (le Roux), Suid-Afrikaanse kabaretkunstenaar.
- 12 Oktober – Michelle Botes, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 4 Desember – Alexander Litvinenko, Voormalige FSB-lid sterf in Londen na vermoedelike vergiftiging met polonium-210 († 2006).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 5 Augustus – Marilyn Monroe word dood in haar bed aangetref met 'n leë botteltjie slaappille aan haar sy (* 1926)
- 18 November – Niels Bohr, 'n Deense fisikus (* 1885).
- 28 November – Wilhelmina, koningin van Nederland (* 1880).
- 7 Desember – Bob Loubser, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en politikus (* 1884).