Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Welkom by Wikipedia,
Woensdag, 7 Junie 2017
Hier is tans 45 192 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
'n Nuwe Moskou het verrys: Wolkekrabbers in Moskva-Siti.

Moskou (Russies: Москва, Moskva, [mɐˈskva], ) is die hoofstad en die politieke, kulturele en ekonomiese sentrum van die Russiese Federasie. Die stad, wat in die middel van die Europese deel van Rusland in die heuwelland van die Moskwa-rivier geleë is, is met 'n bevolking van 12,1 miljoen in die stadsgebied (soos op 1 Januarie 2014) en meer as 15 miljoen (of 'n tiende van die totale Russiese bevolking) in die metropolitaanse gebied en 'n oppervlakte van 2 510 vierkante kilometer die grootste stad van die land en ook van Europa.

Die eerste verwysing na Moskou kom in 'n kroniek uit die jaar 1147 voor. Met die ontstaan van 'n Russiese Ryk omstreeks 1300, waarvan Moskou in die 15de eeu die hoofstad geword het, het Moskou vinnig tot die beduidendste metropool in Rusland gegroei. Selfs nadat die administratiewe sentrum van Rusland deur Pieter die Grote in 1712 na Sint Petersburg verskuif is, is Russiese heersers steeds in Moskou gekroon en het die stad die ekonomiese en geestelike sentrum van Rusland gebly. Die Russies-Ortodokse patriarg het sy setel sedert 1598 in Moskou.

Die stadskern word gevorm deur die Kremlin-vesting uit die 15de en 16de eeu en Rooiplein (wat in 1990 tot wêrelderfenisgebied verklaar is), met die Lenin-mausoleum, die 16de eeuse Sint Basilius-katedraal met sy nege koepels, die afdelingswinkel GUM (1888–1893) en die Historiese Museum wat tussen 1878 en 1883 ontstaan het. Moskou het in 1918 die hoofstad van die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek (RSFSR) geword, daarna tussen 1922 en 1991 as administratiewe sentrum van die Sowjetunie gedien en in 1991 hoofstad van die Russiese Federasie geword.

Rooiplein word omsluit deur die historiese stadskern, moderne strate (Russies "prospekte") en ringstrate met nuwe woonkwartiere. Die Nowodewitsji-klooster, wat in die 16de en 17de eeu in die Barokstyl uitgevoer en in 2004 as wêrelderfenisgebied gelys is, is suidwes van die middestad geleë. Die moderne sakesentrum van Moskou het wes van die Kremlin ontstaan; sy argitektuur word oorheers deur 'n groot aantal wolkekrabbers en ander kantoorgeboue, waaronder die Federatsija-toring wat in 2007 as die hoogste wolkekrabber in Europa voltooi is.

Die binnestad van Moskou is oorspronklik deur 'n aantal voorstede omring, waaronder die ou koopmanskwartier Kitai-gorod (tans die setel van Russiese regeringsinstellings), Beli Gorod (wat na sy wit palisademuur genoem is) en Semljanoi Gorod (na sy ou grondwalle genoem). Die groot stadsbrande wat Moskou in 1552 en 1812 (ná die verowering deur Franse troepe onder Napoleon Bonaparte) verwoes het, het sy vinnige groei nouliks belemmer.

Die Moskouse Danilof-klooster uit die 13de eeu is die setel van die Russies-Ortodokse patriarg. As die leidende opvoedkundige sentrum van die Russiese Federasie beskik Moskou naas die Akademie van Wetenskappe oor vyf ander vakgebonde akademies, sowat 200 navorsingsinstitute op alle wetenskaplike terreine, ruim 80 tersiêre instellings (waaronder die bekende Moskouse Staatsuniversiteit, ook bekend as die Lomonosof-universiteit, wat in 1755 gestig is) asook talle biblioteke (waaronder die Russiese Staatsbiblioteek).

Die Moskouse museums bevat van die beduidendste kunsskatte ter wêreld. Die bekendste museums sluit in die Poesjkin-museum vir Beeldende Kunste (wat hom onder meer op Wes-Europese skilderkuns toespits) en die Tretjakof-galery met Russiese kuns. Ander beduidende instellings is die Gorki-, Tsjegof-, Lenin-, Tolstoi-, Andrei Roebljof-, die Historiese en Politegniese Museum asook die Museum vir Kuns en Kultuur van die Nabye-Ooste.

Die lang lys kulturele instellings in Moskou word aangevul deur sowat dertig teaters (waaronder die bekende Bolsjoi-teater), rolprentateljees, beduidende uitgewerye, radio- en televisie-uitsaaiers, skouterreine, 'n diere- en 'n botaniese tuin, groot stadsparke soos Gorki-park en sportstadions. Moskou was die gasheerstad van die XXIIste Olimpiese Somerspele 1980.

Moskou het tot die beduidendste Russiese nywerheidstad ontwikkel. Die belangrikste nywerheidsektore sluit die vervaardiging van motorvoertuie en treinwaens, elektrotegniese en meganiese aanlegte, staal- en metaalvervaardiging, poligrafiese, chemiese, hout-, en tekstielfabrieke, asook voedselverwerking en 'n ruolieraffinadery in. 'n Kernkragsentrale voorsien elektrisiteit aan die metropool. Aardgas word deur pyplyne uit die uitginningsgebiede van Saratof, Stafropol in die Koebanstreek en Dasjawa in Oekraïns-Galisië na Moskou vervoer. As die leidende finansiële sentrum van Rusland beskik Moskou oor meer as 1 000 bank- en sowat 60 versekeringsmaatskappye.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Vlag van Montenegro

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

... dat Ellen Johnson-Sirleaf die eerste vroulike president van 'n Afrika-land is? Sy is as president van Liberië ingehuldig op 16 Januarie 2006. Op 9 November 2011 is sy vir 'n tweede ampstermyn gekies.

... dat die "Kop"-paviljoen by Liverpool se Anfield-stadion vernoem is in eerbied van die Slag van Spioenkop? 300 Britse soldate het in die slag gesneuwel en 1 653 is gewond. Teenwoordig is dit die gewoonte in Engels om na enige steil paviljoen as 'n "kop" te verwys.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

7 Junie:

Kaart van Noorweë

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
Die Inka-stad Machu Picchu naby Cusco, Peru, in 2015.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Lesotho  Mosambiek  Swaziland  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Psigologie  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
CebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiРусскийSvenskaWinarayTiếng Việt
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Português中文
Weergawes met meer as 500 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 250 000 artikels
العربيةCatalàČeštinaفارسیSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Bahasa MelayuNorsk (bokmål)‬RomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиСрпски / srpskiTürkçe
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяБългарскиНохчийнDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiՀայերենქართულიҚазақшаLatinaLietuviųBaso MinangkabauNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaไทยاردوOʻzbekchaVolapükBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 50 000 artikels
Беларуская (тарашкевіца)‎BrezhonegBosanskiCymraegKreyòl ayisyenКыргызчаLatviešuMalagasyМакедонскиनेपाल भाषाOccitanPiemontèisShqipதமிழ்తెలుగుTagalogТатарча / tatarça

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering