God

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die woord god verwys gewoonlik na 'n uiterste persoonlike en/of bonatuurlike wese. Die "opperwese-konsep" kan as inherent of abstrak voorgehou word. Wanneer die woord met 'n kleinletter gespel word, is dit 'n selfstandige naamwoord wat gewoonlik na die god van 'n arbitrêre godsdiens verwys, terwyl wanneer dit binne 'n gegewe godsdiens gebruik word om na daardie godsdiens se eie opperwese(s) te verwys, dit gewoonlik met 'n hoofletter geskryf word. In die Bybel sal daar byvoorbeeld na die Christelike god as "God" verwys word, maar wanneer in 'n sekulêre bespreking na enige god verwys word, word dit met 'n kleinletter geskryf.

Die woord kom uit die Germaanse talegroep en is in die Westerse kultuur ekwivalent aan die Latyns-gebaseerde "Deus".

God in die monoteïstiese gelowe[wysig | wysig bron]

Moderne monoteïstiese konsepte kom van die Abrahamse tradisie.

  • Jahweh of Jehovah. Die naam van God soos geopenbaar in die Bybel (Ou- en Nuwe Testament). Gebaseer op die Hebreeuse woord JHWH (יהוה).
  • Die Drie-eenheid (die Vader, die Seun (Jesus Christus), en die Heilige Gees) — hierdie leerstelling word geglo deur die meeste Christene. Die konsep van die Drie-eenheid is geformuleer tydens die Eerste Kerkvergadering by Nicaea in 325A.D.
  • Allah—Islam/Arabies. Die nege-en-negentig name van Allah

Die bestaan van God[wysig | wysig bron]

Argumente vir sowel as teen die bestaan van God is sedert die klassieke tye al bespreek.

Die eienskappe van God[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Teologie is die studie van die Eienskappe van God. Daar is verskillende geloofstrukture om "God" op 'n sistematiese manier te verduidelik.