Michael Kors

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Michael Kors
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Karl Anderson, Jr.
Gebore 9 Augustus 1959
Long Island, New York, VSA
Ouers Karl Anderson, Sr. en Joan Hamburger
Alma mater Fashion Institute of Technology, New York Stad
Beroep Modeontwerper
Eerbewyse 1999 CFDA-prys (damesklere-ontwerper van die jaar)

2003 CFDA-prys (mansklere-ontwerper van die jaar)

Huweliksmaat Lance Le Pere (∞ 2011)

Michael Kors (gebore as Karl Anderson, Jr.; * 9 Augustus 1959) is 'n Amerikaanse modeontwerper wat in New York werksaam is. Kors dien as die ere-voorsitter en hoof kreatiewe beampte vir sy modeonderneming Michael Kors Holdings Limited waarvan die aandele op die New Yorkse effektebeurs genoteer word.

Kors se mode-etiket spits hom op prêt-à-porter-sportmode vir dames en here, bybehore, juweliersware, skoene en parfuums toe. Kors het daarnaas tussen 1997 en 2003 as die Franse modehuis Céline se eerste ontwerper vir prêt-à-porter-damesklere gedien.