25 November
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | November 2016 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | |||
Al die dae |
25 November is die 329ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (330ste in skrikkeljare). Daar volg nog 36 dae in die res van die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1034 – Malcolm II van Skotland sterf. Duncan, die seun van sy tweede dogter, in plaas van Macbeth, die seun van sy oudste dogter, volg hom op.
- 1185 – Pous Urbanus III volg Pous Lucius III op.
- 1277 – Pous Nicolaas III volg Pous Johannes XXI op.
- 1766 – Pous Clemens XIII publiseer "Christianae Reipublicae" – Oor die gevaar van anti-christelike geskrifte.
- 1900 – Pres. Paul Kruger word geesdriftig in Parys verwelkom en vereer deur 'n besoek van die Franse president, Émile Loubet.
- 1938 – Pous Pius XI kry twee hartaanvalle.
- 1974 – Dr. Chris Barnard voer die wêreld se eerste dubbele hartoorplanting uit in Kaapstad se Groote Schuur-hospitaal.
- 1975 – Suriname word van Nederland onafhanklik.
- 1984 – Band Aid: 36 gewilde popmusikante uit Brittanje en Ierland kom by 'n ateljee in Notting Hill bymekaar om die liedjie Do They Know It's Christmas op te neem vir 'n geldinsameling ter verligting van hongersnood in Ethiopië.
- 1992 – Fluweelegskeiding: Wetgewers in Tsjeggo-Slowakye stem om hulle land in die Tsjeggiese Republiek en Slowakye te verdeel met ingang 1 Januarie 1993.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1328 – Pedro de Luna (later Teenpous Benedictus XIII).
- 1835 – Andrew Carnegie, Skots-Amerikaanse entrepreneur en staalbaron († 1919).
- 1881 – Pous Johannes XXIII, gebore as Angelo Giuseppe Roncalli, 261ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1963).
- 1885 – J.F.W. Grosskopf, Afrikaanse skrywer († 1948).
- 1915 – Augusto Pinochet, Chileense generaal en politikus († 2006).
- 1940 – Percy Sledge, Amerikaanse sanger († 2015).
- 1955 – Robyn Orlin, Suid-Afrikaanse choreograaf.
- 1956 – Nomsa Nene, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 1980 – Aaron Mokoena, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1185 – Pous Lucius III, die 171ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Verona, Italië.
- 1957 – Ernest Oppenheimer, Suid-Afrikaanse mynmagnaat. (* 22 Mei 1880).
- 1959 – E.G. Jansen, Suid-Afrikaanse politikus en agste Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1951–1959) (* 1881).
- 1967 – Ossip Zadkine, beeldhouer, skilder en litograaf.
- 2004 – Sheila Cussons, Suid-Afrikaanse digter en skilder (* 1922).
- 2016 – Fidel Castro, Kubaanse leier (* 1926).
- 2016 – Trevor Goddard, voormalige Springbokkrieketkaptein (* 1931).