1964
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1964 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1959 | 1960 | 1961 | 1962 | 1963 | ◄ 1964 ► | 1965 | 1966 | 1967 | 1968 | 1969 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Die Beatles | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1964 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 64ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Die Federasie van Rhodesië en Njassaland word ontbind.
- 1 Januarie – Prof HJJ (Hennie) Bingle aanvaar diens as rektor van die PU vir CHO.
- 29 Januarie-9 Februarie – Die negende Olimpiese Winterspele word in Innsbruck, Oostenryk, aangebied.
- 27 Maart – Die Goeie Vrydag-aardbewing, die kragtigste aardbewing in die geskiedenis van die VSA met 'n Richterskaal lesing van 9,2 tref Suid Sentraal Alaska, 125 mense sterf en grootskaalse skade aangerig aan die stad Anchorage.
- 26 April – Tanganjika en Zanzibar smelt saam om Tanzanië te vorm.
- 17 Junie – Nico Malan, Kaapland se administrateur, wy die gebou van die Hoërskool Groote Schuur, Kaapstad in.
- 21 Junie – Lede van die Ku Klux Klan vermoor die burgerreg-aktiviste Andrew Goodman, James Cheney en Mickey Schwerner, in Mississippi, Verenigde State van Amerika.
- 27 Junie – Etienne Leroux ontvang die Hertzogprys vir Sewe Dae by die Silbersteins.
- Julie – Die eerste Craven-week word aangebied.
- 4 Julie – IBM kondig die System/360 aan.
- 6 Julie – Malawi word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 21 September – Malta word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 10-24 Oktober – Die 18de Olimpiese Somerspele word in Tokio, Japan, aangebied.
- 24 Oktober – Zambië word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 3-12 November – Die tweede Paralimpiese Somerspele word in Tokio, Japan, aangebied.
- 13 November – De Villiers Lamprecht word die eerste Suid-Afrikaner wat 'n droommyl hardloop.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 12 Januarie – Jeff Bezos, Amerikaanse internet-entrepreneur en mediamagnaat.
- 23 Maart – Dozi, Afrikaanse sanger.
- 30 Maart – Tracy Chapman, Amerikaanse sangeres
- 3 April – Nigel Farage, Britse politikus.
- 1 Junie – Casper de Vries, Afrikaanse komediant en akteur.
- 22 Junie – Dan Brown, Amerikaanse skrywer.
- 23 Junie – Joss Whedon, produseerder, regisseur, skrywer.
- 26 Julie – Anne Provoost, Belgiese skrywer.
- 5 Augustus – Annesu de Vos, Suid-Afrikaans gebore Kanadese skryfster.
- 8 Augustus – Klaus Ebner, Oostenrykse skrywer.
- 29 Augustus – Steve Hofmeyr, Suid-Afrikaanse sanger en akteur.
- 27 September – Johnny du Plooy, Suid-Afrikaanse swaargewigbokser († 2013).
- 30 September – Monica Bellucci, Italiaanse aktrise.
- 3 November – Brenda Fassie, Suid-Afrikaanse popsangeres († 2004).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1 Februarie – Mabel Malherbe, 'n Suid-Afrikaanse politikus, joernalis, die tweede vrou wat tot die Volksraad verkies is en die eerste burgemeesteres van ’n Suid-Afrikaanse stad (Pretoria) (* 1879).
- 6 Februarie – Emilio Aguinaldo, Filippynse politikus en staatsman, President van die Filippyne (* 1869).
- 5 April – Douglas MacArthur, 'n generaal in die Amerikaanse Weermag (* 1880)
- 14 April – Rachel Carson, Amerikaanse bioloog (* 1907).
- 25 Junie – Gerrit Rietveld, argitek.
- 3 Augustus – Flannery O'Connor, Amerikaanse outeur (* 1925).
- 4 September – Werner Bergengruen, Duits-Baltiese skrywer (* 1892).
- 20 Oktober – Herbert Hoover, die 31ste President van die Verenigde State (* 1874) .
- 6 November – Anita Malfatti, Brasiliaanse skilder (* 1889).