1963
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1963 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1958 | 1959 | 1960 | 1961 | 1962 | ◄ 1963 ► | 1964 | 1965 | 1966 | 1967 | 1968 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Sluipmoord op J.F. Kennedy | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1963 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 63ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 11 Februarie – Die Beatles begin hulle eerste album, Please Please Me opneem.
- 14 Junie – Vostok 5 gelanseer.
- 19 Junie – Valentina V. Tereshkova, die eerste vrou in die ruimte, keer terug na die aarde in die ruimtetuig Vostok 6.
- 21 Junie – Pous Paulus VI volg Pous Johannes XXIII op.
- 24 Junie – Zanzibar ontvang interne selfregering van die Verenigde Koninkryk.
- 1 Julie – Die Verenigde State begin poskodes gebruik; die sogenaamde 'ZIP'-kodes.
- 21 Augustus – Afrika se noordelike lugruim word weens politieke redes gesluit vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens se vliegtuie wat na en van die Verenigde Koninkryk en Europa vlieg. Alternatiewe reëlings word getref sodat om die bog van Wes-Afrika gevlieg kon word.
- 28 Augustus – Martin Luther King Jr. lewer sy "I have a dream"-toespraak in Washington, D.C., Verenigde State.
- 16 September – Maleisië word gevorm van Maleia, Singapoer, Britse Noord-Borneo en Sarawak.
- 10 Desember – Zanzibar word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 12 Desember – Kenia word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- E. Lorenz publiseer die eerste waarneming van wanordelike gedrag in stelsels.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 11 Januarie – Arne Dahl, Sweedse skrywer.
- 13 April – Garry Kasparov, Russiese skaakmeester.
- 15 April – Beata Szydło, Poolse politikus en eerste minister van die Republiek van Pole.
- 25 Junie – George Michael, Britse popster († 2016).
- 29 Junie – Anne-Sophie Mutter, Duitse violiste.
- 21 Julie – Noxolo Kieviet, Suid-Afrikaanse ANC-politikus.
- 9 Augustus – Whitney Houston, Amerikaanse sangeres († 2012).
- 20 Augustus – Rudolf Straeuli, Springbokrugbyspeler en -afrigter.
- 24 Augustus – Yrsa Sigurðardóttir, Yslandse skryweres.
- 3 September – Malcolm Gladwell, Brits gebore Kanadese joernalis, skrywer en pop-sosioloog.
- 19 Oktober – Mark Behr, Suid-Afrikaanse skrywer († 2015).
- 3 November – Jake White, Springbokafrigter.
- Worsie Visser, Afrikaanse sanger († 1998).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 23 Januarie – Józef Gosławski, Poolse beeldhouer en medaljeur (* 1908)
- 9 Februarie – Abdul Karim Kassem, Irakse leier (* 1914).
- 6 April – Otto Struve, sterrekundige (* 1897)
- 3 Junie – Pous Johannes XXIII, gebore as Angelo Giuseppe Roncalli, die 261ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1881)
- 17 September – Sailor Malan, Suid-Afrikaanse vegvlieënier (* 1910)
- 11 Oktober – Édith Piaf, Franse sangeres (* 1915).
- 22 November – John F. Kennedy, 35ste President van die Verenigde State van Amerika (* 1917)
- 6 Desember – Henry Fagan, SA skrywer, politikus, regter en joernalis (* 1889).