1958
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1958 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1953 | 1954 | 1955 | 1956 | 1957 | ◄ 1958 ► | 1959 | 1960 | 1961 | 1962 | 1963 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
![]() |
||||||||||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||||||||||
Verwoerd | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1958 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 58ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 19 Januarie – Hannes la Grange is die eerste Suid-Afrikaner wat die Suidpool bereik.
- 1 Februarie – Egipte en Sirië smelt saam om die Verenigde Arabiese Republiek te vorm.
- 8-29 Junie – Die sesde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Swede gespeel, wat deur Brasilië gewen word.
- 14 Julie – Irakse “Vrye Offisiere” onder leiding van Abdul Karim Kassem werp die Irakse regering omver.
- 2 September – Hendrik Verwoerd word die Eerste Minister van Suid-Afrika.
- 3 Augustus – Die duikboot USS Nautilus word die eerste vaartuig om die Noordpool onder water oor te steek.
- 1 Oktober – Indië begin na die metrieke stelsel oorskakel.
- 1 Oktober – Die Amerikaanse ruimte-agentskap Nasa word amptelik gestig om die NACA te vervang.
- 2 Oktober – Guinee word van Frankryk onafhanklik.
- 28 Oktober – Pous Johannes XXIII volg Pous Pius XII op.
- 3 Desember – Nederlandse besighede word in Indonesië genasionaliseer.
- 15 Desember – Giovanni Battista Montini (later Pous Paulus VI) word kardinaal.
- 18 Desember – Die eerste uitsending deur ’n kommunikasie-uitsaaisatelliet word gemaak in die Verenigde State.
- 21 Desember – Genl. Charles de Gaulle word president van Frankryk.
- 27 Desember – Albino Luciani (later Pous Johannes Paulus I) word biskop van Vittorio Veneto.
- Penny Coelen wen die Mej. Wêreld titel.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 14 Februarie – André Swiegers, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.
- 27 Februarie – Naas Botha, Suid-Afrika se veertigste Springbokkaptein.
- 3 April – Alec Baldwin, Amerikaanse akteur.
- 5 April – Johan Kriek, 'n voormalige Suid-Afrikaanse en later Amerikaanse tennisspeler.
- 10 April – Kenneth “Babyface” Edmonds, Amerikaanse sanger.
- 15 Junie – Christa Steyn, Afrikaanse sangeres en pianis († 2012).
- 4 Julie – Deon Meyer, bekroonde Afrikaanse spanningsverhaalskrywer.
- 5 Julie – Bill Watterson, Amerikaanse spotprenttekenaar (Calvin and Hobbes).
- 30 Julie – Kate Bush, Engelse sangeres, liedjieskryfster, musikant en platevervaardiger.
- 16 Augustus – Madonna, Amerikaanse popsangeres en aktrise.
- 29 Augustus – Michael Jackson, Amerikaanse sanger († 2009).
- 6 September – David Rattray, Suid-Afrikaanse geskiedkundige († 2007).
- 30 Oktober – Brümilda van Rensburg, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 7 Junie – Prince, Amerikaanse popster († 2016).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 29 Maart – Gerard Moerdijk, Suid-Afrikaanse argitek (* 1890).
- 14 Julie – Koning Faisal II van Irak (* 1935).
- 24 Augustus – Johannes Gerhardus Strijdom, politikus en staatsman, Eerste Minister van Suid-Afrika (* 1893).
- 9 Oktober – Pous Pius XII, die 260ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk en beskermheilige van televisie (* 1876).