Tong

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die tong is 'n gespierde hidrostaat

Die tong is 'n gespierde hidrostatiese orgaan op die vloer van die mond van die meeste gewerwelde diere wat kos manipuleer vir mastikasie. Dit is die primêre orgaan vir smaak (die proe), omrede die boonste oppervlak van die tong bedek is met honderde smaakpapille.

Die tong is uiters sensitief, is ryklik van bloedvate en senuwees voorsien, en word gedurig deur speeksel klam gehou. In die mens besit die tong 'n sekondêre funksie van fonetiese artikulasie. Die tong dien ook as 'n natuurlike middel vir die skoonmaak van 'n mens se tande. Die vermoë om verskillende smake te onderskei is nie in verskillende dele van die tong gelokaliseer, soos algemeen geglo word nie.

Funksies[wysig | wysig bron]

  • Stoot kos tussen die tande tydens die kouproses
  • Meng voedsel met die speeksel
  • Rol voedsel in 'n bolletjie om te sluk
  • Help om voedsel af te sluk
  • Stel jou in staat om die kos te kan proe

Sien ook[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.