3 Junie
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Junie 2016 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
3 Junie is die 154ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (155ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 211 dae in die res van die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1455 – Rodrigo Borgia (later Pous Alexander VI) word diaken van Santa Maria van Xavita.
- 1816 – Pous Pius VII veroordeel die werke van Germanos Adam.
- 1922 – Ds. J.N. Geldenhuys word as eerste leraar van die eertydse NG gemeente Gwelo bevestig.
- 1944 – Charles de Gaulle word Eerste Minister van Frankryk.
- 1951 – Pous Pius XII verklaar Pous Pius X salig.
- 1968 – Valerie Solanas skiet Andy Warhol en Mario Amaya by sy ateljee.
- 2006 – Montenegro verklaar onafhanklikheid van Serwië.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1808 – Jefferson Davis, die enigste president van die Gekonfedereerde State van Amerika gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog († 1889).
- 1865 – George V, koning van Groot-Brittanje († 1936).
- 1873 – Gideon Brand van Zyl, Suid-Afrikaanse politikus en sewende Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1946–1950) († 1956).
- 1877 – Raoul Dufy, Franse waterverfskilder († 23 Maart 1953).
- 1914 – Anna Elizabeth Pohl, Suid-Afrikaanse sopraan en sangdosent.
- 1931 – John Norman, Amerikaanse skrywer
- 1931 – Raúl Castro, broer van Fidel Castro
- 1957 – Peter de Villiers, Springbokafrigter.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1924 – Franz Kafka, een van die grootste fiksieskrywers van die 20ste eeu (* 1883)
- 1963 – Pous Johannes XXIII, gebore as Angelo Giuseppe Roncalli, die 261ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1881)
- 1989 – Ruhollah Khomeini, Irannese godsdienstige leier en politikus, eerste Opperleier van die Islamitiese Republiek van Iran (1979-1989, * 1902).
- 2014 – Prof. Cas Janse van Vuuren, Unisa se visekanselier van 1989 tot 1993 (* 1930).
- 2016 – Muhammad Ali, 'n voormalige Amerikaanse bokser en swaargewigwêreldkampioen (* 1942).