RhodesMustFall

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Standbeeld by die Universiteit van Kaapstad.

#RhodesMustFall (#RhodesMoetVal) was 'n protesbeweging deur studente wat op 9 Maart 2015 begin het. Die oorspronklike doel was om die standbeeld van Cecil Rhodes, wat voor die Universiteit van Kaapstad gestaan het, te verwyder. Die protes het wêreldwye aandag geniet en 'n verdere beweging om Suid-Afrikaanse instansies te "de-kolonialiseer" geïnspireer. 'n Beweging om koloniale en apartheid-verwante standbeelde te verwyder het ook na vore getree. Om die rede is 'n paar historiese standbeelde regoor die land gevandaliseer. Hierdie gebeurtenis het die publieke opinie sterk verdeel en word daarom as omstrede beskou.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]