Welkom

WordPress is ’n toonaangewende, semantiese, persoonlike publiseer-platform wat stylvol, getrou aan web-standaarde en gebruikersvriendelik is. WordPress is terselfdertyd gratis en van onskatbare waarde. Dit bevorder vryheid van spraak sodat jy jou stem kan laat hoor.

Die sagteware se kern word gebou en onderhou deur honderde vrywilligers regoor die wêreld. Wanneer jy gereed is, kyk na die duisende plugins en temas wat jou webwerf kan omskep na enige-iets denkbaar. Meer as 60 miljoen mense het reeds WordPress gekies om hul tuiste op die internet aan te dryf – word gerus deel van die familie.

Vertaling na Afrikaans

Die proses om WordPress na Afrikaans te vertaal, is goed op dreef en word gedoen deur vrywilligers. Die doelwitte is om:

  • idiomaties-korrekte vertalings te doen
  • wat algemeen aanvaar word deur die Afrikaanse gemeenskap
  • ter opbouing en groei van Afrikaans.

Ons is besig om ’n span saam te stel, so kontak ons as jy wil deelneem of spring weg en begin vertaal.

‘n Woordelys is besig om te groei om eenvormigheid te verseker. Bestudeer dit hier.
Anders as in Engels, waarvan ons vertaal, word woorde in Afrikaanse frases en sinne nie gekapitaliseer nie.

Sluit aan by die Slack-kanaal

Daar is ‘n WordPress Polyglots-vergadering elke Woensdagoggend om 11:00 vm GMT+1 by http://wordpress.slack.com #polyglots.

Sluit ook aan by die WordPress Suid Afrika Slack-span. Jy kan {WORDPRESSGEBRUIKERNAAM}@chat.wordpress.org direk invul by wpsa.slack.com. Of volg hierdie skakel om ‘n uitnodiging te ontvang. Vind ons in die #afrikaans en #localisation kanaal, waar ons gesprekke hou oor woorde en terme in WordPress, wat na Afrikaans vertaal word.


Gebruik dit

Om WordPress in Afrikaans te gebruik, kies dit op die Instellings-bladsy vanaf die beheerpaneel.

Gereed om te begin? Laai WordPress af