Angola

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Republiek van Angola
República de Angola
Vlag van Angola Wapen van Angola
Vlag Wapen
Volkslied: Angola Avante!
(Portugees vir: "Voorwaarts Angola!")
Ligging van Angola
Hoofstad Luanda

8°50′S 13°20′O / 8.833°S 13.333°O / -8.833; 13.333

Grootste stad Luanda
Amptelike tale Portugees
Regering Unitêre oorheersende party
presidensiële republiek
José Eduardo dos Santos
Manuel Vicente
Onafhanklikheid
• van Portugal

11 November 1975
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 246 700 km2  (23ste)
481 354 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2014-sensus
 - Digtheid
 
25 789 024[1]
20,69 / km2 (199ste)
38,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2014-skatting

$139,059 miljard[2] (64ste)
$6 484[2] (107de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2014-skatting

$129,785 miljard[2] (61ste)
$6 052[2] (91ste)

MOI (2013) Green Arrow Up Darker.svg 0,508 (148ste)  –  medium
Gini (2009) 42,7[3] –  laag
Geldeenheid Kwanza (AOA)
Tydsone
 - Somertyd
WAT (UTC+1)
nie toegepas nie (UTC+1)
Internet-TLD .ao
Skakelkode +244
Kaart van Angola

Die Republiek van Angola (Portugees: República de Angola) is 'n land in Suider-Afrika wat grens aan Namibië, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Zambië en die Atlantiese Oseaan in die weste. Die provinsie Cabinda, wat hom ten noorde en buite die land self bevind, grens aan die Republiek van die Kongo. Angola is 'n lid van die Afrika-unie en 'n voormalige Portugese kolonie wat onafhanklikheid in 1975 bereik het. Die hoofstad en grootste stad is Luanda.

Angola was 'n Portugese kolonie van die 16de eeu tot 1975. Ná onafhanklikwording was Angola van 1975 tot 2002 in 'n ernstige burgeroorlog gedompel. Die oorlog het ook deel uitgemaak van die wêreldwye Koue Oorlog, met Sowjetunie en Kuba wat die kommunisties gesinde MPLA (Movimento Popular de Libertação de Angola – Partido do Trabalho) ondersteun het terwyl Suid-Afrika en die Verenigde State die anti-kommunistiese UNITA (União Nacional para a Independência Total de Angola) ondersteun het.

Die land is die naasgrootste petroleum- en diamantprodusent in Afrika suid van die Sahara. Daarteenoor het Angola van die laagste lewensverwagtings- en een van die hoogste kindersterftekoerse in die wêreld.[4] In Augustus 2006, is 'n vredesooreenkoms onderteken met 'n faksie van die Frente para a Libertação do Enclave de Cabinda, FLEC, 'n afgeskeidene guerilla groep van die Cabinda eksklawe in die noorde van die land, wat steeds aktief is.[5] Nagenoeg 65% van Angola se olie is afkomstig van daardie area.

Geografie[wysig | wysig bron]

Die berge van Lubango

Angola het 'n groot binnelandse plato wat skerp daal na 'n smal kusvlakte aan die Atlantiese Oseaan. Dit is die 23ste grootste land ter wêreld (na Niger) met 'n oppervlakte van 1 246 620 km2.[6] Dit is vergelykbaar in grootte met Mali en is amper twee keer so groot soos die Amerikaanse deelstaat Texas, of vyf keer so groot soos die Verenigde Koninkryk.

Angola word begrens deur Namibië in die suide, Zambië in die ooste, die Demokratiese Republiek van die Kongo in die noordooste, en die Atlantiese Oseaan in die weste. Die eksklawe Cabinda grens ook aan die Republiek van die Kongo in die noorde. Angola se hoofstad, Luanda, lê aan die Atlantiese kus in die noordweste van die land.

Klimaat[wysig | wysig bron]

Angola se gemiddelde temperatuur aan die kus is 15,6°C in die winter en 21,1°C in die somer. Dit het twee seisoene; droë seisoen (Mei tot Oktober) en warm reënseisoen (November tot April).

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Sien Angolese Oorlog vir Onafhanklikheid.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:


 
Lande en gebiede in Afrika

Lande: Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Marokko | Mauritanië | Mauritius | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Príncipe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Suid-Soedan | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Zambië | Zimbabwe

Omstrede gebiede: (Cabinda - Galmudug - Puntland) - Somaliland - Wes-Sahara
Afhanklike gebiede: Brits: Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha | Frans: Mayotte - Réunion | Portugees: Madeiraeilande | Spaans: Kanariese Eilande - Ceuta en Melilla

Lande van: Asië - Europa - Noord-Amerika - Oseanië - Suid-Amerika
Karibiese gebied - Midde-Ooste - Sentraal-Amerika