Ghana

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Republic of Ghana
Republiek van Ghana
Vlag van Ghana Wapen van Ghana
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Freedom and Justice
(Engels vir: "Vryheid en Geregtigheid")
Volkslied: God Bless Our Homeland Ghana
(Engels vir: "God seën ons land Ghana")
Ligging van Ghana
Hoofstad Accra

5°33′N 0°12′W / 5.550°N 0.200°W / 5.550; -0.200

Grootste stad Accra
Amptelike tale Engels
Regering Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Nana Akufo-Addo
Mahamudu Bawumia
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Realm
• Republiek
• Huidige grondwet

van die Verenigde Koninkryk
6 Maart 1957
6 Maart 19571 Julie 1960
1 Julie 1960
28 April 1992
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
238 535 km2  (80ste)
92 099 myl2
4,61
Bevolking
 - 2014-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
27 043 093[1] (45ste)
24 200 000[2]
101,5 / km2 (103de)
262,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$121,074 miljard[3] (70ste)
$4 391[3] (126ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$38,171 miljard[3] (69ste)
$1 384[3] (126ste)

MOI (2014) Green Arrow Up Darker.svg 0,579[4] (140ste)  –  medium
Gini (2006) 42,8[5] –  medium
Geldeenheid Cedi (GH₵) (GHS)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC±0)
nie toegepas nie (UTC±0)
Internet-TLD .gh
Skakelkode +233
Kaart van Ghana

Ghana, amptelik die Republiek van Ghana (Engels: Republic of Ghana), is 'n land in Wes-Afrika. Dit het 'n oppervlakte van 238 535 en 'n bevolking van 27 miljoen in 2014 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Accra, geleë langs die suidkus aan die Golf van Guinee. 'n Ander belangrike stad is Kumasi, bekend as geboorteplek van Kofi Annan, die Verenigde Nasies se sewende sekretaris-generaal. Voor sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk op 6 Maart 1957 het Ghana as Goudkus (Gold Coast) bekend gestaan, genoem ná goud, Ghana se belangrikste handelsware. "Ghana" beteken "oorlogskoning" in die Soninke-taal en is afgelei van die Koninkryk van Ghana.[6]

Ghana word begrens deur Ivoorkus in die weste, Burkina Faso in die noorde, Togo in die ooste asook die Golf van Guinee en die Atlantiese Oseaan in die suide. Die Voltarivier en sy drie groot sytakke Swart-Volta, Wit-Volta en Rooi-Volta dreineer die land. Die Voltarivier word deur die Akosombodam tot die Voltameer opgedam, die wêreld se grootste mensgemaakte meer volgens oppervlakte en Ghana se belangrikste energiebron.

Naby Ghana se mees suidelike punt is Groß-Friedrichsburg, die eerste Duitse kolonie in Afrika en sedert 1979 'n Unesco-wêrelderfenisgebied, geleë. Dit is in 1683 deur generaal von Groeben uit Brandenburg gestig en in 1717 aan Nederland verkoop.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Population projection by sex, 2010 to 2014, National”. Ghana Statistical Service. URL besoek op 7 Januarie 2017.
  2. (en) Antoinette I. Mintah (2010). “2010 Provisional Census Results Out”. Besoek op 7 Februarie 2011.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) Ghana”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 7 Januarie 2017.
  4. (en) 2015 Human Development Report”. United Nations Development Programme: 2015. URL besoek op 7 Januarie 2017.
  5. (en) GINI index–World Bank”. Wêreldbank. URL besoek op 7 Januarie 2017.
  6. (en) Jackson, John G. (2001) Introduction to African Civilizations, Citadel Press, bl. 201, ISBN 0-8065-2189-9.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


 
Lande en gebiede in Afrika

Lande: Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Marokko | Mauritanië | Mauritius | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Príncipe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Suid-Soedan | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Zambië | Zimbabwe

Omstrede gebiede: (Cabinda - Galmudug - Puntland) - Somaliland - Wes-Sahara
Afhanklike gebiede: Brits: Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha | Frans: Mayotte - Réunion | Portugees: Madeiraeilande | Spaans: Kanariese Eilande - Ceuta en Melilla

Lande van: Asië - Europa - Noord-Amerika - Oseanië - Suid-Amerika
Karibiese gebied - Midde-Ooste - Sentraal-Amerika