Gambië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Islamic Republic of the Gambia
Islamitiese Republiek van Gambië
Vlag van Gambië Wapen van Gambië
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Progress, Peace, Prosperity
(Engels vir: "Vooruitgang, Vrede, Voorspoed")
Volkslied: For The Gambia Our Homeland
(Engels vir: "Vir Gambië Ons Vaderland")
Ligging van Gambië
Hoofstad Banjul

13°28′N 16°36′W / 13.467°N 16.600°W / 13.467; -16.600

Grootste stad Serrekunda
Amptelike tale Engels
Regering Presidensiële republiek
Adama Barrow
Halifa Sallah
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• van die Verenigde Koninkryk
• Republiek


18 Februarie 1965
24 April 1970
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
10 689 km2  (164ste)
4 127 myl2
11,5
Bevolking
 - 2013-sensus
 - Digtheid
 
1 882 450
176,1 / km2 (74ste)
456,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$3,387 miljard[1]
$1 664[1]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$886 miljoen[1]
$435[1]

MOI (2013) 0,441[2] (172ste)  –  laag
Gini (1998) 50,2 –  hoog
Geldeenheid Dalasi (GMD)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC±0)
nie toegepas nie (UTC±0)
Internet-TLD .gm
Skakelkode +220
Nasa-Satellietbeeld van Gambië
Kaart van Gambië

Gambië (Engels: The Gambia), amptelik die Islamitiese Republiek van Gambië (Islamic Republic of The Gambia), is 'n land in Wes-Afrika wat heeltemal omring word deur Senegal, behalwe vir die monding van die Gambiërivier na die Noord-Atlantiese Oseaan. Gambië is 'n voormalige Britse kolonie en het sy onafhanklikheid verkry in 1965. Die hoofstad is Banjul (voorheen Bathurst) en die grootste nedersetting is Serrekunda. In 2013 het die land 'n bevolking van 1 882 450 gehad. Islam is die oorheersende geloof, gevolg deur ongeveer 90 persent van die land se bevolking. Gambië is met 'n oppervlakte van 10 689 km² die kleinste land op die vasteland van Afrika.

Gambië is net een van twee lande waarvan die algemene Engelse naam met 'n lidwoord begin, die ander is die Bahamas (The Bahamas).[3]

Magswisseling[wysig | wysig bron]

President Yahya Jammeh het op 21 Januarie 2017 nadat hy 22 jaar die mag oor die land uitgeoefen het, die land verlaat om in Ekwatoriaal-Guinee in ballingskap te gaan.

Die nuwe president Barrow het hom in die verkiesings van Desember 2016 verslaan, maar Yahya het aanvanklik geweier om die mag oor te dra. Die ECOWAS-lande het egter die land binnegeval en Yahya het besluit om te vertrek.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) The Gambia”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 22 Januarie 2017.
  2. (en) 2014 Human Development Report Summary”. pp. 21–25 United Nations Development Programme: 2014. URL besoek op 22 Januarie 2017.
  3. (en) Geoghegan, Tom, "Ukraine or the Ukraine: Why do some country names have 'the'?", 7 Junie 2012. URL besoek op 22 Januarie 2017.
  4. (en) "Ex-President Yahya Jammeh leaves The Gambia after losing election", BBC News, 22 Januarie 2017. URL besoek op 22 Januarie 2017.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


 
Lande en gebiede in Afrika

Lande: Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Marokko | Mauritanië | Mauritius | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Príncipe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Suid-Soedan | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Zambië | Zimbabwe

Omstrede gebiede: (Cabinda - Galmudug - Puntland) - Somaliland - Wes-Sahara
Afhanklike gebiede: Brits: Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha | Frans: Mayotte - Réunion | Portugees: Madeiraeilande | Spaans: Kanariese Eilande - Ceuta en Melilla

Lande van: Asië - Europa - Noord-Amerika - Oseanië - Suid-Amerika
Karibiese gebied - Midde-Ooste - Sentraal-Amerika