Fat Man

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Fat Man

Die kernwapen met die bynaam Fat Man is op 9 Augustus 1945 oor Nagasaki, Japan, laat ontplof. Dit was die tweede en laaste kernwapen wat in oorlog aangewend is.

Dit was 3,25 meter lank, het 'n omtrek van 1,52 meter gehad, het 4 545 kilogram geweeg en is op 'n hoogte van 1 800 voet bo die stad laat ontplof. Dit is laat val uit die Boeing B-29 Superfortress-bomwerper Bock's Car onder bevel van Frederick C. Bock. Die bom het 'n lading van ongeveer 20 kiloton of 8,4 x 1013 joule = 84 TJ (terajoule) gehad. Dit was bietjie meer as die bom Little Boy wat 3 dae tevore op Hirosjima laat val is. Ongeveer 40 000 mense het in die ontploffing omgekom. Daar was effens minder skade as in Hirosjima omdat Nagasaki ietwat heuwelagtiger is.

Sien ook[wysig | wysig bron]