Dier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Diere
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Linnaeus, 1758

Diere vorm een van die ses biologiese koninkryke, bekend as Animalia. Hulle is oor die algemeen veelsellige, eukariotiese wesens wat ander organismes moet verorber vir voeding. Meeste diere kan onafhanklik en spontaan beweeg.

Die diereryk word dan self weer onderverdeel in subkoninkryke: die Eumetazoa (orgaandiere), wat die bekendste diergroepe insluit, en die Parazoa, 'n versameling diere sonder gedifferensieerde weefsels, soos sponsdiere. Sommige wetenskaplikes herken ook 'n derde subryk, die Mesozoa of middeldiertjies. Die Parazoa-ryk is baie klein en bevat slegs twee phylums, terwyl daar 34 phylums onder die orgaandiere is.

Die studie van diere word dierkunde of soölogie genoem.

Sien ook[wysig | wysig bron]