Alexander die Grote

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Alexander die Grote
Koning van Makedonië, Hegemon van die Griekse Liga, Shahanshah van Persië, Farao van Egipte en Heerser van Asië
Alexander die Grote op sy perd Bucephalus (mosaïek oor die Slag by Issos 333 v.C.)
Alexander die Grote op sy perd Bucephalus (mosaïek oor die Slag by Issos 333 v.C.)
Tydperk 336 v.C. – 323 v.C.
Grieks Μέγας Ἀλέξανδρος (Mégas Aléxandros, Grote Alexander)
Ἀλέξανδρος ὁ Μέγας (Aléxandros ho Mégas, Alexander die Grote)
Huis Argeïese Dinastie
Voorganger Philippos II
Opvolger Alexander IV
Philippos III
Gebore 20 of 21 Julie 356 v.C.; Pella, Makedonië
Oorlede 10 of 11 Junie 323 v.C.; Babilon
Vroue Roxana van Bactrië
Stateira II van Persië
Parysatis II van Persië
Kinders Alexander IV
Vader Philippos II
Moeder Olymbias van Epirus

Alexander die Grote (Grieks: Mέγας Αλέξανδρος, 20 of 21 Junie 356 v.C. – 10 of 13 Junie 323 v.C.) was die koning van Makedonië. Hy het op 'n jong ouderdom beheer oor Griekeland, Egipte en die meeste lande oos van die Middellandse See tot so ver as Indië oorgeneem. Hy het ook talle stede gestig, waaronder Alexandrië in Egipte. Hy word as een van die grootste militêre leiers in die geskiedenis beskou.

Alexander is in 356 v.C. in Pella gebore. Hy word tot die ouderdom van 16 deur die beroemde filosoof, Aristoteles, opgelei. In 336 v.C. kom hy aan bewind nadat sy vader, Philippos II van Makedonië, vermoor is.

Hy het die strydende Griekse stadstate verenig en het in nege jaar die Persiese Ryk (Persië) en die Antieke Egipte verower tot en met die grense van Indië. Daarna het hy die verowering van Arabië beplan.

Die Alexanderryk

Vandag nog is daar 'n betowering in die naam van die man wat meer as tweeduisend jaar gelede in Babilon op die ouderdom van 32 jaar aan malaria of tifus oorlede is. In Europa en Asië word hy steeds as 'n groot veldheer onthou.[1]

Naas Djengis Khan is Alexander die tweede grootste veroweraar van grondgebied.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Kingdoms of the Successors of Alexander: After the Battle of Ipsus, B.C. 301”. 1800–1884. URL besoek op 2013-07-27.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]