Daily Telegraph

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
In 1882 verhuis The Daily Telegraph na Fleet Street, soos hier uitgebeeld in die Illustrated London News.

The Daily Telegraph is 'n Britse oggendblad. Die koerant word in 1855 onder die titel Daily Telegraph and Courier gestig. Dit is een van die laaste twee Britse dagblaaie (saam met die Financial Times) wat nog van die breëformaat gebruik maak. Sy susterkoerant, die Sondagblad The Sunday Telegraph is in 1961 gestig. Die Telegraph is die koerant met die grootste oplae, met meer as 900 000 eksemplare per dag (November 2005). Dit is heelwat meer as The Times se minder as 700 000 eksemplare per dag. Volgens marknavorsing deur MORI in 2004 was 61% van die Telegraph-lesers aanhangers van die Konserwatiewe Party, teenoor 31% van die algehele bevolking.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]