Poznań

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Poznań
Posen
Collage of views of Poznań, Poland.jpg

Kaart Wapen
Poznan Mapa1.png
POL Poznań COA.svg
Vlag
POL Poznań flag.svg
 Land Vlag van Pole Pole
 Woiwodskap POL województwo wielkopolskie COA.svg Groot-Pole
 Koördinate 52°24′N 16°55′O / 52.400°N 16.917°O / 52.400; 16.917
 Stigting (eerste verwysing) 968
 Stadstatus 1253
 Oppervlakte:  
 - Totaal 261,85 vk km
 Hoogte bo seevlak 60 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2014) 545 680[1]
 - Bevolkingsdigtheid 2 082/vk km
 - Metropolitaanse gebied 943 700
 Tydsone MET (UTC +1)
 - Somertyd MEST (UTC +2)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-vogtig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur -
 - Gem. temp. Januarie/Julie -
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 513 mm
 Burgemeester Ryszard Grobelny
 Amptelike Webwerf www.poznan.pl/

Poznań of Posen (Pools Poznań [ˈpɔznaɲ], Duits Posen, Jiddisj פּױזן Poyzn), is 'n Wes-Poolse stad aan die Warta-rivier met 'n bevolking van 545 680 soos op 31 Desember 2014. Die stad word onder die oudstes in Pole gereken en het as een van die vernaamste sentra van die vroeë Poolse staat tydens die heerskappy van die Piaste-dinastie gedien. Die eerste Poolse heersers is in die plaaslike Sint-Pieter-en-Paulus-katedraal ter ruste gelê.

Die historiese hoofstad van Groot-Pole (Pools Wielkopolska) en huidige administratiewe sentrum van die Woiwodskap Groot-Pole het tot die vyfde grootste stedelike nedersetting in die land asook 'n beduidende kulturele, wetenskaplike, onderwys- en nywerheidsentrum ontwikkel. Poznań beskik oor 'n universiteit en is die belangrikste vervoersentrum langs een van die historiese hoofroetes wat Wes- en Oos-Europa met mekaar verbind. Die stad is halfpad tussen Berlyn en Warskou en 156 km van die Pools-Duitse grens af geleë.[2] Naas die Internasionale Handelskou van Poznań, wat hier gereeld gehou word, het die stad ook as gasheer van die Verenigde Nasies se Konferensie oor Klimaatsverandering opgetree.

Vervoer[wysig | wysig bron]

Die internasionale lughawe in Poznań se stadsdeel Ławica

Poznań is een van Pole se hoofvervoersentra en langs sewe grootpaaie van nasionale en internasionale belang geleë. Verskillende padbouprojekte is gewy aan die verbetering van die stad se vervoerinfrastruktuur. So sal 'n seksie van die A2-snelweg tussen Konopa naby Warskou en Świecko saam met 'n kringpad van 13,3 km in die suide van die stad as die hoofvervoerkorridor dien wat die Pools-Duitse grens, Poznań, Warskou en die grens met Wit-Rusland in Terespol met mekaar verbind.

Poznań se Ławica-lughawe hanteer met sy moderne passasier- en lugvragterminale internasionale en nasionale vlugte met jaarliks sowat 1,5 miljoen passasiers. Gereelde vlugte verbind Poznań onder meer met Europese metropole soos Londen, Madrid, Rome, Parys, München en Frankfurt am Main asook 'n twintigtal ander bestemmings. Ook buite Poznań geleë is die militêre lugmagbasis Krzesiny.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. GUS Sentrale Statistieke Buro van Pole
  2. Poznań 2012 - Report on the City. Poznań 2012, bl. 4