Piesang
Piesang | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Piesangboom | ||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||
|
||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||
Musa × paradisiaca L. |
Piesang, rou Voedingswaarde per 100 g |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Energie 90 kcal 370 kJ | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Skakel na USDA Databasis-inskrywing Persentasies is relatief tot VS aanbevelings vir volwassenes. Bron: USDA Voedingstof-databasis |
'n Piesang is 'n langwerpige en effens gebuigde vrug, afkomstig van 'n tropiese plant bekend as 'n piesangboom. In Indonesiese geregte word piesang meestal "pisang"[1] (sic) genoem, die Maleise woord vir die vrug.
'n Piesangboom is in werklikheid 'n krui, en die grootste krui ter wêreld. Volgens die tuinboukundige definisie word die piesang egter as 'n groente gereken terwyl dit kulinêr as 'n vrug beskou word, vanweë sy soet smaak.
'n Akker piesangbome produseer dieselfde hoeveelheid voedsel as veertig akkers aartappels of een honderd drie en dertig akkers koring.[2]
Eienskappe van die vrug[wysig | wysig bron]
By piesangs kan onderskei word tussen dié wat rou geëet kan word, sogenaamde nageregpiesangs (Engels: dessert banana) soos die Giant Cavendish, en dié wat meer geskik is om gekook of gebak te word, sogenaamde kookpiesangs (Engels: cooking bananas).
'n Gewone nageregpiesang het 'n dik skil wat maklik vanaf die vrugvlees loskom en met die hand geskil kan word. Die vrug is, soos dit in Suid-Afrika voorkom, meestal geel, alhoewel piesangs in ander kleure soos byvoorbeeld rooi en pers ook voorkom.
Land | 2011 (ton) | 2012 (ton) | |
---|---|---|---|
Indië | 28 455 100 | 24 869 490 | |
Sjina | 10 705 740 | 10 845 265 | |
Uganda | 10 180 000 | 9 770 000 | |
Filippyne | 9 165 043 | 9 225 998 | |
Ecuador | 7 427 776 | 7 012 244 | |
Brasilië | 7 329 471 | 6 902 184 | |
Indonesië | 6 132 695 | 6 189 052 | |
Tanzanië | 3 291 319 | ? | |
Angola | 2 646 073 | 2 991 454 | |
Guatemala | 2 679 934 | 2 700 000 | |
Meksiko | 2 138 687 | 2 203 861 | |
Kolombië | 1 164 161 | 1 982 702 | |
Kameroen | 1 100 059 | 1 400 000 | |
Suid-Afrika | 384 697 | 386 680 | |
Wêreld | 142 658 898 | 139 054 944 | |
Bron: FAOstat |
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- (af) Universiteit Stellenbosch – Piesangproduksie in Afrika
- (nl) Uitgebreide voedingswaardetabel vir piesangs
- (nl) Presentaties over de werking van een bananen rijpcel
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ etymologiebank.nl s.v. pisang
- ↑ (en) The Consolidated Encyclopedia – The Consolidated World Research Society, Ltd., 1946
- ↑ Insluitende sg. "Plantains". (In Uganda maak dit 95% uit)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |