Heroïen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Heroïen
Gebiede, waar Heroïen geproduseer word.

Heroïen (C21H23NO5 diasetielmorfien) is 'n kleurlose, bitter smakende, kragtige, sintetiese opioied (bykans twee maal so sterk soos morfien in analgetiese aksie). Die besit, handel en vervoer hiervan is onwettig in meeste lande, Suid-Afrika ingesluit. Heroïen word vanuit morfien vervaardig. Dit kom, onder andere, in die vorm van wit poeier of bruin kristalle voor. Straatheroïen is meestal onsuiwer en word opsetlik met vulstowwe soos melksuiker vermeng. Heroïen word gerook "Chasing the Dragon", gesnuif en ook ingespuit. Heroïen is fisies en psigies uiters verslawend.

Sien ook[wysig | wysig bron]