1975
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1975 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1970 | 1971 | 1972 | 1973 | 1974 | ◄ 1975 ► | 1976 | 1977 | 1978 | 1979 | 1980 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
John Vorster | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1975 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 75ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- Januarie – Die begin van die era mikrorekenaars breek aan met die onthulling van die Altair 8800-rekenaar.
- Die Eerste Minister van Suid-Afrika, John Vorster, bring ’n staatsbesoek aan Paraguay en Uruguay.
- Die Khmer Rouge neem Kambodja oor.
- 1 Januarie – Malawi verander sy hoofstad van Zomba na Lilongwe.
- 13 Februarie – ’n Brand breek uit in die Wêreldhandelsentrum in New York Stad, Amerika.
- 1 Maart – Kleurtelevisie-uitsendings begin in Australië.
- 8 Maart – Die Verenigde nasies (VN) proklameer Internasionale Vrouedag.
- 21 April – Die president van Suid-Viëtnam, Nguyen Van Thieu, vlug uit Saigon, terwyl Xuan Loc val tydens die Viëtnamoorlog.
- 24 April – Die Rote Armee Fraktion blaas die Wes-Duitse ambassade in Stockholm op.
- 30 April – Noord-Vietnamese troepe verower Saigon en beëindig die Viëtnamoorlog.
- 5 Mei – Die Busch Gardens Williamsburg tema park open in Virginië, Amerika.
- 16 Mei – Junko Tabei is die eerste vrou om die piek van Mount Everest te bereik.
- 30 Mei – Die Europese Ruimtevaartorganisasie word amptelik gestig.
- 25 Junie – Mosambiek kry sy onafhanklikheid van Portugal.
- 5 Julie – Kaap Verde word van Portugal onafhanklik.
- 5 Julie – Arthur Ashe verslaan Jimmy Conners in die 89ste Wimbledon tenniskampioenskap.
- 6 Julie – Die Comore-eilande kry sy onafhanklikheid van Frankryk.
- 12 Julie – São Tomé en Príncipe word van Portugal onafhanklik.
- 12 Augustus – John Walker slaag daarin om die eerste Supermyl te hardloop; die myl in 3:49:4.
- 16 September – Papoea-Nieu-Guinee verkry onafhanklikheid van Australië.
- 11 November – Angola word van Portugal onafhanklik.
- 25 November – Suriname word van Nederland onafhanklik.
- 26 November – Riaan Cruywagen lees sy eerste Afrikaanse nuusbulletin op SAUK-televisie.
- 29 Desember – ’n Bomontploffing op die LaGuardia-lughawe eis die lewe van 11 mense.
Wêreldbevolking[wysig | wysig bron]
Wêreldbevolking | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
1975 | 1970 | 1980 | ||||
Wêreld | 4,068,109,000 | 3,692,492,000 | 375,617,000 | 4,434,682,000 | 366,573,000 | |
Afrika | 408,160,000 | 357,283,000 | 50,877,000 | 469,618,001 | 61,458,000 | |
Asië | 2,397,512,000 | 2,143,118,000 | 254,394,000 | 2,632,335,000 | 234,823,000 | |
Europa | 675,542,000 | 655,855,000 | 19,687,000 | 692,431,000 | 16,889,000 | |
Latyns-Amerika | 321,906,000 | 284,856,000 | 37,050,000 | 361,401,000 | 39,495,000 | |
Noord-Amerika | 243,425,000 | 231,937,000 | 11,488,000 | 256,068,000 | 12,643,000 | |
Oseanië | 21,564,000 | 19,443,000 | 2,121,000 | 22,828,000 | 1,264,000 |
Geboortes[wysig | wysig bron]
- Onbekend – Annake de Villiers, Suid-Afrikaanse violis († 2012).
- 9 Januarie – André Vos, Suid-Afrika se nege-en-veertigste Springbokkaptein.
- 15 Januarie – Patrick Douthit, Hip Hop-vervaardiger (9th Wonder).
- 20 Januarie – Zac Goldsmith, konserwatiewe Britse politikus.
- 28 Februarie – Azhar Mahmood Pakistanse krieketspeler.
- 4 Maart – Antti Aalto, hokkiespeler.
- 21 Maart – Corné Krige, Suid-Afrika se ses-en-veertigste Springbokkaptein.
- 1 Mei - Neil Sandilands, akteur en musikant/sanger
- 2 Mei – David Beckham, Engelse sokkerspeler.
- 12 Mei – Jonah Lomu, 'n Nieu-Seelandse rugbyspeler († 2015).
- 27 Mei – Jamie Oliver, Engelse meestersjef, restaurateur en mediapersoonlikheid.
- 25 Junie – Vladimir Kramnik, Russiese skaakspeler.
- 27 Junie – Tobey Maguire, Amerikaanse akteur.
- 2 Julie – Stefan Terblanche, Springbokrugbyspeler.
- 5 Julie – Hernán Crespo, Argentynse sokkerspeler.
- 6 Julie – Curtis Jackson, Amerikaanse kletsrymkunstenaar (50 Cent).
- 16 Julie – Tim Guest, Britse skrywer en joernalis.
- 7 Augustus – Charlize Theron, Suid-Afrikaanse rolprentaktrise.
- 20 September – Juan Pablo Montoya, Colombiaanse renjaer.
- 16 Oktober – Jacques Kallis, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 21 Januarie – Pieter van der Byl, Suid-Afrikaanse kabinetsminister van die Verenigde Party (* 1889).
- 5 April – Tsjiang Kai-sjek, president van die Republiek van Sjina (Taiwan) (* 1887).
- 10 April – Walker Evans, Amerikaanse fotograaf (* 1903).
- 9 Augustus – Dmitri Sjostakovitsj, Russiese komponis (* 1906).
- 7 September – M.E.R., Afrikaanse skrywer (* 1875).
- 20 November – Francisco Franco, 'n Spaanse militêre leier wat Spanje van 1939 tot sy dood as 'n diktator regeer het (* 1892).
- 4 Desember – Hannah Arendt, Duitse politieke teoretikus (* 1906).
- 13 Desember – Alexis Preller, 'n Suid-Afrikaanse skilder (* 1911).