Wurm
Wurms | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Pseudoceros dimidiatus, 'n soort platwurm | ||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||
|
||||||
Phylums | ||||||
Sien teks |
Wurms is 'n informele groep van diere, waarvan daar meer as 25 000 spesies is. Bekende stamme van wurms is die ringwurm (Annelida), die platwurm (Platyhelminthes) en die snoerwurm (Nemertea).
Die term 'wurm' word vir 'n aantal ongewerwelde diere met soortgelyke uiterlike voorkoms, maar sterk afwykende afstamming en/of ontwikkeling gebruik. Dit is 'n informele (parafiletiese) groep wat 'n versameling van diverse groepe uit verskillende ander groepe omvat. Die platwurm, byvoorbeeld, behoort aan die superphylum Platyzoa, waaraan die drasties afwykende raderdiertjies (rotifere) ook aan behoort.
Wurms kom oor die hele wêreld en in die mees uiteenlopende omgewings voor. Sommige spesies leef op land of in soetwater, maar die meeste lewe in die see. Die lewenswyse is ook wyd uiteenlopend; talle spesies lewe as parasiete in of op ander diere, ander is vrylewend of nie-parasitêr. Gemeenskaplike kenmerke is die swak, langwerpige liggaam en die meestal gesegmenteerde lengte van enkele millimeters tot sentimeters. Daar is egter ook wurms wat meer as 10 meter lank kan word, soos die runderlintwurm (Taenia saginata).
Wurmagtiges[wysig | wysig bron]
In Biologie word 'n relatief lang, dun en pootlose liggaam as wurmagtig beskryf. Talle diere, wat definitief nie wurms is nie, het die woord -wurm in die naam, soos wurmsalamanders, -akkedisse en -slange. Sekere insekte word selfs na hul larwestadium as wurms beskryf, dink byvoorbeeld aan die meelwurm.
Taksonomie[wysig | wysig bron]
Hier volg enkele van die meer bekende groepe wurms:
- Acanthocephala (Haakwurms)
- Annelida (Ringwurms)
- Chaetognatha (Pylwurms)
- Gnathostomulida (Tandmondwurms)
- Nematoda (Rondewurms)
- Nematomorpha (Snaarwurms)
- Nemertea (Snoerwurms)
- Onychophora (Fluweelwurms)
- Platyhelminthes (Platwurms)
- Sipuncula (Spuitwurms)
- Priapulida (Peniswurms)